Wednesday, 8 August 2012

Sax


Ek het die ou geken, hy het altyd by my gekla: my vrou wil my nie sax gee nie.  Dan luister ek maar, en al wat ek kan sê is: Ai, nee jong, ek weet nie.  Om ‘n ou se bek toe te kry wat so kla, is maklik.  Jy sê net: Ja, elke huis het maar sy kruis.  Nou gedink aan sax, onthou die dokter wat die kruis oor my gebring het met sy gebreekte bene storie, wel hy beweer dat enige val in my kondisie fataal kan wees.  Terwyl hy so praat, toe dink ek aan sax.  Ek wonder toe net, maar durf weens ordentlikheid op so ‘n sensitiewe stadium van die gesprek, eerder nie vra nie, wonder ek toe, mag ek dan nou nog sax hê.  Hy verduidelik met strawwe oefen, berge klim, races doen – hy stamp met sy hande so teen mekaar, kan die gestamp probleme veroorsaak.  Maar nou vra ek julle, om sax te hê is ook mos ‘n aanhoudende gestamp stamp stamp op die bros en fraktuur bene?? Can you explain that to me?  Ek mag geen geboorte beperking gebruik weens die kondisie, maar ‘n sax-stamp is blykbaar skadeloos want hy stel voor die man in die huis doen bietjie geboorte beperking.  Daar het jy dit nou.  Oor hy nou ook ‘n man is, en nie sy draad afgesny wil hê nie, is sax-stamp blykbaar toelaatbaar.  This world is confusing.  Can somebody help me.

Friday, 27 July 2012

Keep on smoking



Die wêreld is erg deurmekaar.  Nou wil die dokter die onderwyser se werk doen, en andersom.  As jy verstaan wat ek bedoel?  Die onderwysers wil mediese ondersoeke op die meisies doen, en die dokters jaag die vrouens huistoe om hulle boeke (mammogram) te gaan haal.  There’s no freedom.  We are trapped in a world of confusion.  Sal die ou wraggies vir my sê ek het: "osteoporosis en compression fracture" en my langafstande, asook die bos-stappery is nou duidelik iets van die verlede.  Nee aap, dit was nie op die mammogram nie ....   Nou vra ek jou, ek skrik so groot toe hy nog kom met: en enige val gaan daai been op die plek laat breek.  Ek gee toe die hele dag sulke kort trappies, want dit voel kompleet of my rug van plan is om te breek.  Ek loop die hele dag soos ‘n bejaarde, en klim die trappies soos ‘n bejaarde, uiters versigtig.  Nou sê ek vir die wat vra, nee, ek mag net 5km ‘n dag stap.  Maar ek sal ‘n stadige 10 stap, ek glo nie dis te erg nie, en die wat verder vra, nee, ek mag net 5 stap, maar ek gaan defnitief die 300 Klein Karoo doen.  Die patete en die “ ‘n’s “gaan nie nie mooi verstaan nie.  Moenie worry ...  Ek voel toe sommer asof my lewe tot ‘n einde kom.  Ek vergeet toe eers van my vet gat en my plooie en my hare, als wat lelik lyk, ek is nou bejaard.  Ek dag toe, gelukkig is my boude nie bo nie, want dit sal te swaar wees vir my rug, maar toe dink ek weer, my boude hang te swaar op my rugstring.  Ek sal defnitief moet kyk om gewig te verloor.  In elk geval, lyk my koppie met my bob nou heeltemal te klein in vergelyking met my lyf.  Nee! ek het my porporsie verloor!  Ek het ‘n loopraam gekry.  Dalk sal alles ok wees as al die topatlete met die 300 Marathon voor loop, dan volg die bakkie met die proviand en noodhulp, en ek volg met die loopraam,  Ek durf ook nie op die bakkie klim in case of emergency nie, die geskud sal fataal wees vir my kondisie.  As ek die strespille wat ek nou nog nie gedrink het nie saamvat, dat behoort alles mellow te wees.  ‘n Meer natuurlike produk sal natuurlik ‘n pakkie marihuana wees, sover ek wéét, neem dit enige ongemak weg, en vernuwe die gedagtes na iets of na niks.  Die retards gebruik natuurlik baie sterk pille, wat die gatpyn wat hulle vir ander mense gee, wegvat, maar dit sal defnitief nie werk in die bos nie.  Nou-nou moer ek in die water of iets.  

Friday, 20 July 2012


    


Pastoor se vrou is oorlede.  Daar is ‘n vertoning van fotos wat die seuns voorberei het.  Onder andere een foto waar die tweetjie teen ‘n kar staan ek dink uit die jare sewentig.  Net voor hulle troue.  Twee mooi verliefdes uit die sewentigs foto wat my dadelik ‘n traan laat trek, en toe val my kontaklens uit.  Gelukkig val dit op my hand, seker die tissue te hard gedruk teen my oë.  ‘n Rerige sexy foto.  My hart is stukkend vir hom.  Gelukkig met die eerste probeerslag kry ek my oog weer in.  Ek moet versigtig wees, netnou val my cafe hare ook nog af.  Ek is as Kerksraadlik ook ‘n draer, en ons stoei met die pragtige kis.  Wat ‘n nagmerrie as ek nou sonder ‘n oog en sonder hare daar moet eindig tussen als deur.  Die vertoning eindig met: Bye Ma, Bye Ouma, en dan met Bye my vrou.  Ek en klein Gertjie staan buite, ek gaan na die rotweiler toe,  Rex gee my hand een lek, maar toe hy klein Gertjie sien, waai hy sy stert en raak opgewonde.  Ek vra, nou Gertjie, hoekom is die hond so bly om jou te sien?  Dis mos ek wat vir hom ‘n lekker been gebring het om aan te kou, nie jy nie,  Gertjie lag net en sê nee hy weet nie.  En dis ek wat wonder oor Rex se toekoms, nie Gertjie nie.  Is dit die les van die lewe, jy kan maar planne beraam ens. ens. maar dinge werk nie uit soos wat jy dit beplan nie.  Alles baie baie mooi goed wat gesê word van die vrou wat die gemeente nooit kon leer ken nie.  Ek wonder deur die preek, wat kan iemand van my sê?  Hulle sal nooit kan sê sy was so ...... die mense wat my regtig ken sal seker net al my snaakse en versteurde staaltjies kan vertel, wat die begrafnis moontlik in ‘n komedie sal verander, en almal sal lag-lag uitstap.  Daar sal moontlik een of twee ernstige herinneringe wees waarvoor Mara gelukkig sal sorg.  Ja, ek dink ek moet die week by my begrafnisondernemer uitkom.  Ek sal sommer self al my reëlings gaan tref, sodat daar nie later met so ‘n byeenkoms kans sal wees vir allerhande stories nie.  Jy weet, mense kan mos aanlas ook.  Netnou verstaan iemand verkeerd.  M.a.w. daar sal glad nie ‘n byeenkoms wees nie.  Now you see me, now you don’t.  Ek kan solank die kassie vir my verbrande lyf gaan kies.  Wat om nou met die lyf te doen, is ‘n probleem.  God het dit geskape, ek moet seker nog steeds respek toon daarvoor.  Sal ek dan vra, is dit moontlik Vader, dat ek selfbeheersing kan beoefen, dat ek kan konsentreer om eerder klein goedjies elke dag soos ‘n dame te doen, nevermind ‘n Christen.  Om in die aand bed toe te gaan en te weet jy het jou bes probeer om diegene van die wêreld die weg op jou dame-manier te wys.      


Friday, 13 July 2012

Dog Wearing a Funny  Costume consisting of a wig, glasses, and a chain necklace with medallion- Picture, Stock Photo

Somehow beland ek toe by die dokter, kyk al in die spreekkamer rond, net nie in sy oë nie.  Ek vra hom vir strespille want ek dink my hart wil gaan staan.   Hy vra, nou waaroor stres jy?  Ek begin sweet van verleentheid, mompel iets van die werk, en hy begin ook met slimstories kom van: dis nie nodig dat die werk jou moet opstres nie ..... Ek dink, shut up fuck-face.  Ja, sê ek, ek mompel verder: dis maar ander goed ook.  Hy begin die voorskrif skryf.  Jy is 49 sê hy.  As ek 50 is, sê ek, soos ‘n regte damduiker, gaan ek ‘n groot partytjie hou, met baie musiek,  ... (netnou dink hy ek is ‘n suiplap) ... en dan gaan ek net sit en luister na die musiek, las ek by, .... ek kyk op die stadium maar eerder by die venster uit.  Watse stront praat ek nou, ek hoop nie die blerrie patete is aansteeklik nie.  Die pilletjies staan nou in my badkamer.  Dis al ‘n maand en ek het nog niks gedrink daarvan.  Net om vir die pakkie te kyk, of om te onthou daar is sulke goed, is kalmerend genoeg.  All in the mind, can you believe it.

Ek het vir my cafe-hare gekoop.  Blonde bob.  Die eerste paar dae het ek onkundig rondgeloop met hare wat skeef sit en bly afgly.  As ek iets doen en afkyk, dan val die hare af.  As ek vir Gunthie moet kos gee, dan beland die bob in die kosbak.  Gelukkig kry ek toe ‘n expert wat my verduidelik dat ek ‘n pony bo-op my kop moet maak dan is daar meer body, en by die ding bo.  Nou loop ek soos ‘n madam rond met die bob.  Ek is besig met ‘n besparingsveldtog.  Dis meer ekonomies en minder stresvol.  Oral kyk mense na my.  Ek is gesofistikeerd.  Ek staan uit in ‘n skare.  I am sexy.

Saturday, 16 June 2012



Retards, en dan die patete.  Watter een is die ergste?  Party mense se lewens is net altyd ‘n fok-op.  Niks werk reg uit vir hulle nie, seker omdat hulle ‘n trappie verder gaan as die retards.  Ek dink mens raak eers ‘n retard, en dan verander jy in ‘n pateet.  Soos ‘n vlinder.  Eers word jy gebore as ‘n vlinder, dan bou jy jouself toe met die somme van drie in jou klein klein koppie, en dan verander jy in die wurm.  Daar is nie nog ‘n trappie verder as die pateet nie.  Daarna volg die dood.  Of jy vrek van die honger oor jy ‘n pateet is en fokkol kan reg doen, of iemand donner jou dood oor jy so fokkon “unbearable” is.  Ek is sissie se ergste horror droom.  Daar is drome oor ‘n mooi vlinder, dan is daar nagmerries oor ‘n gothic vlinder en dan is daar horror-drome oor horror vlinders.  Ek speel die heeltyd die hoofrol in laasgenoemde.  Maar, die droom hou nie op as die dom ogies oopgaan nie, die droom hou aan en aan.  En by dit als, word die horror ook net altyd erger.  Van ogies oop tot ogies toe.  Dis ‘n baie interessante eksperiment waarmee ek besig is.
Soos ek gesê het, die eksperiment sal my dalk ryk maak, as ek dit kan publiseer op my blog teen  R5.  Daar is soveel van hierdie onaangename “goed” – dis mos nie meer ‘n mens nie – dat teen ‘n skamele R5 sal ek binnekort die rykste persoon wees was julle ooit van gehoor het.  Vir die ouens wat die goeie IK’s het, kom ek verduidelik so ligweg vir julle.  Maar voor ek begin, met my besondere vermoëns behoort ek suksesvol te wees, maar net in case, net in case ek op een of ander rede opeindig met enige, enige beserings, let wel: ek het nie van die trappe afgeval, of iemand het my nie omgery met ‘n bicycle nie.  Laat dan dadelik die saak ondersoek.  Baie van hierdie “goed” wat ons nou beweer is nie meer ‘n mens nie, is van die duister.  Hulle is die eintlike horror, my rol is maar net hoof-ondersteunend dat dinge kan vorder, anders bly ons die heel tyd op dieselfde plek in die droom.  Dit sal nou fuckt-up wees!  Kom ons kies ‘n beter woord vir hierdie goed waarvan ons praat.  Dis ‘n “ ‘n “ dink ek. Memoriseer dit asb.  Hoekom kom die ‘n ’s altyd na my toe.  Is ek die pragtige vlinder en al wat ‘n ‘n is, moet net by my wees?  Al verander ek in ‘n drol, dan sal al die ‘n ‘s ook by my wil wees, jy verstaan wat ek bedoel.  ‘n ‘n is ‘n niks.  Julle retards is nou seker heeltemal deurmekaar.  Toemaar, die ouens met die IK’s verstaan.  Onthou nou weer retards, niemand worry in elk geval oor julle nie.  So, ek sal altyd met ‘n kak sit wat net by my wil wees.  Behoede my!  Die eksperiment is nogal goed.  Die waarneming wat ek wil maak:  hoe lank vat dit voor ‘n pateet nie meer “kan” nie.  Julle het al gehoor ‘n ‘n sê: ek kan nie meer nie!  Dan crack die vol plat klein koppie en onskuldige mense word uit die lewe gehelp.  Die probleem is, die onskuldiges kon nie uit die dood uit praat en vertel waar die grens van ‘n ‘n is nie.  Ek het die spoed van my eksperiment aangedraai (so om en by 85% spoed-watt) , sodat ons gou by ‘n antwoord kan uitkom.  Wat sal ek ook nie alles vir julle doen nie.  Stuur solank die R5’e aan ten bate van die eksperiment (hopelik nie my hospitaalkoste of begrafnis nie), waaruit julle die voordeel sal trek sodra die uitslag bekend gemaak word.  

         

Sunday, 10 June 2012


Wat maak my swaar dra, omtrent alles waarop ek my oë lê is potensiaal bedroef.
Die huis waarby ek verby ry met die hond vasgemaak aan ‘n ketting.  Is daar darem ‘n warm slaapplek?  Moet hy heeldag aan die ketting bly?  Kry hy bietjie liefde?  Kry hy net  ‘n skop.  Ek sien hom ineenkrimp, ek sien sy weerloosheid.
Die katjie waarby ek verby ry, ek stop, maar uit ondervinding weet ek, ek sal die dingetjie nie gevang kry.  Hy sit my intens en dophou.  Natuurlik is hy honger.
Die liedjie wat in my kop draai en my gedagtes in ‘n rigting dwing wat my oë laat brand.
Mense wat my lewe geskend het, met wie ek nooit vrede sal kry nie.
Dae wat ek gedink het ek was gelukkig, as ek nou terugdink, vul dit my met walging, en ek walg aan die mense wat saam my was.
Ek walg aan al die mense.  Net so walg ek aan myself.  My klipkoue hart, my gedagtes, my optrede, my gesig, my lyf, alles van my.  Ek is deurdrenk van die sonde.  Ek is sonde.
In die oggend en laatmiddag loop mense met dun baadjies en broeke in die ysige koue.  Dis al wat hulle het.  Ek wonder of hul liggame na jare gewoond is aan min beskerming.
Die ouer mense wat hul lewens gewy het aan wat vir hulle belangrik was.  Wat is oor van hulle?  Niks.  Kinds. 
My ouers, stief of regtig, maak nie saak nie, daar bly iets tussen ons staan wat aanhoudende verwyte veroorsaak.  Dis tasbaar.  Hoeveel keer was ek al soontoe om my gewete te laat rus, maar wat ook al ek gedink het om te bereik, gebeur nooit. Die onverklaarbare bly staan soos ‘n soliede muur.
Met moeite probeer ek elke dag die beste werk lewer wat ek kan, dit bring net meer moeite en stres.  Soveel oneindige take wat heeldag deur my kop maal.  Met moeite probeer ek om alles te doen sodat my lewe beter kan wees.
Die miertjie en die by, met moeite beur hulle voort.  Dit maak my hartseer.  Ek weier om te glo ‘n dier is net ‘n dier.  Nee, hulle kan dink.  Hulle kry seer, hulle is honger en koud.  En die vetgatte vreet en slaap lekker en die miertjies en bye en maer honde vergaan in hierdie sondige sondige wêreld waarin ek nie ‘n verskil kan maak nie.  My lyf is te klein om al die dinge te kan verander.  Ek sukkel om my gedagtes te vergroot sodat ek al die dinge kan oordink.  Alles raak te groot.
Die Rotweiler by die kerk maak my hartseer.  Wat gaan van hom word as die Pastoor moet doodgaan?  Hoeveel jaar kan die Pastoor nog gaan?  Ek begin solank planne uitdink.  Dit maak my nog meer tranerig.  Dis belangrik dat hy my moet ken.  Ek maak seker hy ken my reuk.  You never know.
Hoe ver moet mense loop om by ‘n werk te kom?  Hoe vroeg in die koue en reën opstaan, en hulle aanvaar dit net, kla nie. 
En die kindertjies wat nie weet nie.  O my glory, dis heeltemal gek.  Is daar kos vanaand?  Is daar abuse vanaand.  Nee, Nee.  Ek is mal mal mal.  

Fokus op die goeie saadjies


Ek fokus maar op iets anders.  Julle retards verveel my nou erg hoor.  Ek meen, julle kan net omtrent 3 goed ordentlik doen, die res van die tyd weet julle self nie mooi waar julle is nie.  Ek dink dis hoekom julle koppe so plat is.  Die 3 goed word gedoen en gedink, dan word dit met 3 gemaal (x = ‘n sommetjie) dan is dit nou 9 in so klein koppie, die volgende keer wat jy weer die 3 goed dink, dan is dit nou 9 maal 3 = 27.  So word dit meer en meer, in so ‘n dom koppie kan ek verstaan dat ‘n persoon sal begin hallusineer. 
                                                                                                             
Ek boer nou.  My spinasie en tamaties is in die grond, en ek gaan nou my pampoenpitte plant. (gelukkig nie die pitte uit die retards se koppe nie, ha ha ha!)  Ek kry dalk ‘n moerse agro platkop rankplant soos Jan en die boontjierank.
Dis vrek koud vandag hier in Gauteng.   Pastoor sê nou die aand, Mara, jy mis al die aktiwiteite in die week hier by die Kerk.  Ek sê toe vir hom, jong, ek boer nou.  Ek het nie tyd vir vergaderings en ander goed nie.  So leer ons almal as dit kom by die saadjies wat hier en daar geval het, party op die regte plek, ander op ‘n slegte plek.  Tot sissie kom so ewe met ‘n uithaler-gesegde.  “Partykeer is daar een saadjie in ‘n pakkie wat nie kan dink nie”  Ja, dink ek.  En dan kry jy defnitief ook een saadjie in ‘n pakkie wat vir die hele fokkon pakkie moet dink!
Ek wonder of die retards die sommetjie nou self verder kan uitdink.  Nou volg 27 x 3 =