Thursday, 13 September 2012

SSK 301

Ag, julle weet seker nou weer nie wat dit beteken nie. 301 is die vreeslike gedoente wat ek nou weer aanvang. Hoe hoog is die berg, kan ek dit doen? Ja ek kan. My grootste bekommernis net die voete wat dalk van sweet of iets blase kan vorm. Ek het gister kamtig ‘n trialrun gedoen, en in die nag wakker geword met ‘n nekpyn. Toe drink ek gou ‘n brufen. Ja, brufen werk vir baie dinge. My nek was styf. Dis die laaste keer tot na die marathon wat ek met julle sal praat. Ek sal probeer fotos neem. My kollega het sommer self ‘n storie hier aanmekaar geslaan van: sy gaan saam met 5 ouens die berge stap. Ja, beaam ek, en las by : I will tell them: How do ya do? Please to meet you. I am single. I have no child or crow. Show me ya wallet. Die inwoner wat my gedoop het SSK noem my: sy soek kos, maar in hierdie geval sê hy, moet ons dit nog steeds noem SSK, maar ons noem dit: sy soek kak. (my kar se registrasie) Dis snaaks hoe mense onwetend die spyker op die kop slaan. ‘n Ander Pastoor maak die opmerking dat ek ‘n lieflike mens is. Ek sê toe nadat die storie by my uitkom, dat hy blykbaar net die een ou Maratjie ken, en nie die ander een nie. Wraggies, spyker op die kop. Dis so! Ek eet tot nou al vir twee Maratjies. Waar ‘n rokie trek, moet daar mos ‘n vuurtjie brand. Double vision. En dan gaan julle my nou weer nie glo nie. Ek sien deesdae double vision. Sover ek loop, sien ek goed verby my beweeg. Ek sweer, tot nou die dag, toe ek in my kantoor sit by die werk, tap iets my op die skouer. Gisteraand weer, sweer ek iemand skop my laptop se kragprop voor my voete in, terwyl ek die tou uitmekaar probeer haal. Anderdag is ek ook op die skouer gedruk by die huis. Is the double vision following me? Is it a double tapping now? Am I eating for the other person. Was this person hungry? Trying to remind me that it is time for a snack? I do not know. Ek weet wel dat ek in die laaste maande beleef het hoe ander mense jou lot kan bepaal. Ek weet waar moet ons geloof lê, maar dis altyd eers donker voordat jy kan vrede maak en berusting vind. Mense se motiewe en die manier waarop hulle beslissings fel oor ander, is absoluut skokkend. No mercy. Daar is altyd iemand wat gereed is om jou uit te haal. Sprakeloos. Watch out. Maar, die eindelose gespook van mense om iets te probeer wees. Dis die een vergadering na die ander, alles net praat praat praat tot vervelens toe. Is ek versadig? Nee, kos sal my nooit versadig. Ek praat van ‘n ander versadig. Ek kan nie meer verstaan hoe raak mense opgewonde. Ek sien die ou in die bank, rasend opgewonde, hy is oppad iewers na ‘n ander land seker, hy lag en gesels en praat praat praat, en ek kan nie verstaan wat daar aan die storie is wat hom nou so opgewonde laat nie? In die eerste plek is die ure-lange vliegtuigrit ‘n nagmerrie. Tensy hy gaan om iemand te red, om ‘n verskil in die lewe te maak, wat kan tog so aangenaam wees? Julle met die diepe begrip sal my verstaan. Hoeveel kan jou oog inneem om jou te versadig? Hoeveel mooi kan jou oog sien, indien dit nie jou hart ook kan raak, en daar dan iets uitvloei wat die mooi effektief maak. Dit gaan te lank vat om die dommes te verduidelik hoe werk die woord versadig. Kom ons skip julle maar net. Ek laat julle met die IK’s met die gedagte. Ok dommes, julle mors my tyd, maar hier is ‘n klein voorbeeld. Kan jy vir ure en ure en dae en maande sit en kyk na ‘n mooi berg, ‘n sneeubedekte heuwel, jou skoonpa op sy trekker? Julle sal seker erg gefassineerd wees. Ek dink as daar ‘n beseerde skaap op die trekker was wat gered word, sou ek vir maande en maande kyk, andersins sal ‘n tweede kyk my al begin verveel. If you know what I mean. Ok ons praat weer anderdag.

Sunday, 9 September 2012

He is all I need



Maria Magdalena


DIE AARDE IS VOL VAN SY HEERLIKHEID








Friday, 7 September 2012

Relax-time


Ek weet nie wie gaan julle die dag entertain as ek nie meer daar is nie.  Julle verlekker julle so in al my skaamkry.  Maar toe maar.  Ek gaan julle nog ‘n staaltjie vertel.  Nee bokslagters, jy snuif dit nie deur jou neus nie.  Dis ‘n storie.  Maar baie, baie belangrik hierdie keer, is onthou tog net, dat hierdie ander mense is wat ek van weet wat die goed gedoen het.  Ek sal maar wel die hoofrol vir julle speel .......
Ek kom nou die aand van die kerk af.  Ek stop voor die hek, klim uit die kar uit, sluit eers die kar, beweeg na die hek toe en sluit die slot oop, en stoot die hek oop.  Met die omdraaislag, wragtag, sal julle my nie glo nie, verskyn daar eweskielik ‘n skaduwee regs van my, oppad bo-op my, dit alles in die straatlig, maar ek skree, ‘n bloedstollende diep geluid van agter my keel nogal uit, en ek koes, en fok, sien ek dis my skaduwee.  Met die kom my man uit die garage gehardloop om my te red, maar toe skrik ek nog groter.  Ek draai rustig om, want ek het die beweging toe nog nie heeltemal uitgevoer nie, en ek sluit die kar se deur oop, en hy vra: is dit jy wat so skree, “nee, wie skree vra ek?”  Ek klim in die kar en trek in die garage in terwyl hy die hek toestoot.  ‘n Ander hond wie se naam toevallig ook Gunthie is, het intussen op die toneel verskyn agv die snaakse geluid, can you believe it?  Hy soek ook rond na die gedoente wat sulke geluide maak.  Nou hoor ek agterna, die pepperspray was in die hand, reg om gespuit te word, in die hardloop word die bottel nog geskud ook om seker te maak die inhoud is mooi los .... kom om die hoek, reg vir aksie, niks gaan aan (voel soos ‘n dom doos).   Ek is natuurlik dadelik bed toe. Dit beteken die res van die huishouding is reg vir relax-time.  Me-time.  Niemand was hande voor me-time of bed-time.  Die behoefte van elke ware man, me-time, is totterman-speel time-rub the balls-time.  Pepperspray-hands-time.  Cool!  I love a happy ending!

Saturday, 1 September 2012

Sunday, 26 August 2012

Raar maar waar


As jy iets aanhoudend by iemand leen, sal hulle dit mettertyd vir jou gee (dankie Elizabeth vir die sportsak)

Ek sien toevallig ‘n ding wat soos ‘n hoedjie lyk in Gunthie se hok.  Dit lyk baie na ‘n hoedjie wat ek vir iemand in Buffelsbaai gekoop het.  (toemaar Gunth, die keer het ek dit ver weggegooi) sorry sissie,

Mense maak net hulle skoene skoon as hulle vir ‘n onderhoud gaan.  Nie eers Kerk toe gaan is inspirasie genoeg nie. (sies jong)

Gunth het gesê hy wou eintlik ‘n brandweerman geword het.  Jy sal verbaas wees met die angstigheid wat hy ‘n vuur blus.  Die potensiaal is so duidelik daar.  Ek steek iets aan die brand, kom hy aangehardloop, blaf en blaf en blaf, druk my uit die pad uit, en trap die vuur dood.  My baby boy! I love you. – wat is so raar maar waar aan die brandweerman-storie?  Dis raar dat ek iemand kan liefhê.

Ek neem nou gereeld vir Gunth vir ‘n middagstappie.  Die stappery by die klub is ok, maar met my Gunth is daar iets spesiaal aan die uitstappie.  Ons twee doen ‘n 5km, terwyl ek so nou en dan stres, jy weet nooit met Gunth wanneer val hy aan nie.  Sonde om te sê, julle bokslagters kak as julle die storie oorvertel! Hy het amper ‘n klein baba van haar plastiek fietsie afgehaal.  Blykbaar was die gedaante/gedoente van ‘n ding wat lyk soos ‘n hasie op ‘n scooter wat girts-garts oor die sement en klippe ‘n vreemde verskynsel.  En mens weet ook nie hoe sien Gunth wat met die ou een ogie nie.  Gelukkig het ek hom styf op ketting, en kon ek hom betyds terugpluk.  Die mom en dad het so groot geskrik, nie ‘n woord van hulle gehoor nie.  Al wat ek kon doen was om hom terug te pluk, en die shockstok te laat rattle hier by sy neus.  Ek kan mos nou nie vir seuntjie shock nie.  Hy was net so onkant gevang deur die gebeurlikhede.  Dalk moet ek maar daai strespille begin drink.  Ja seuntjie, daar is oral crime.  Nie eers 'n walk in the park is meer veilig nie.

Friday, 24 August 2012

Niks meer



Dis snaaks wat kos kan doen.  Ek het soveel opgekropte geen sin van die lewe in my, ek moes dit net met julle bokslagters deel.  Gelukkig het ek myself dik gevreet, nou voel ek net moeg en die drif waarmee ek my gevoelens met julle wou deel, is die helfte minder.
Ek mag vra wat is die sin van die lewe.  God het self vir Adam gesê: vervloek is die aarde om jou ontwil, met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.  Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring .... in die sweet van jou aangesig sal jy brood eet ..  As God dit gesê het, mag ek seker sonder om skuldig te voel my hart oopmaak en sê: ek het nie meer sin vir die lewe nie.  Niks wat ek doen, sal op die einde van die dag goed genoeg wees soos wat ek dit beplan het nie.  Alles is tevergeefs.  Niemand maak meer regtig saak nie, is dit?  My menslike natuur is so swak, as God nie vir my genade het nie, is daar niks wat my sal red nie.  Daar is vir my geen redding buiten genade nie.  Genade ook, vir hierdie doellose gevoel, nuttelose gevoel, op die einde van die dag, die vreeslike sondige gevoel wat ek te bang is om te uiter, ek voel nie meer die wil om te lewe nie.  Alles is tevergeefs.  Vader vergeef my.  U weet die swakkeling wat ek is.  Moenie my oordeel hieroor nie.  More voel ek weer beter. 

Maar vir nou wil ek net vir die bokslagters laat weet van die stryd in my.  Sal ek weer sin vir die lewe kry.  Ja, wie weet.
Ek probeer die beste wat ek kan, blykbaar is dit nie goed genoeg nie.  If you know what I mean.  Wanneer jy deur die maskers van mense begin kyk, dan begin jy op gevaarlike terrein beweeg.  Dis hulle wat jou in 'n toestand kry - hulle is oral om jou - jy kan hulle nie miskyk nie - dalk is ek self een van hulle - sal ek maar my Gunthie vat en op 'n berg gaan bly.  Daar is niks meer in hierdie wêreld wat ek begeer nie.
  




Tuesday, 21 August 2012



Gertjie het sy vinger op een of ander manier met ‘n vreeslike skerp mes ‘n groot gat ingesny, sodat die vingervet so uitpeul.  Nou weet ek nie wat presies met die vinger die probleem is nie, Gertjie sê die vinger moet nou eers weer gebreek word dat dit kan reg aangroei.  Gertjie is die outjie by die Kerk.  Ek sê toe vir hom: Gertjie, koop ‘n bottle brandewyn, dan drink jy die helfte skoon uit, dan eers breek jy die vinger.  Maar oppas, as jy dalk dronk is, breek jy die verkeerde vinger, dan is twee vingers moer toe.  Hy lag toe net en vra nege rand om te leen vir sigarette.

Die hairdresser loop met sulke kort treë, dan swaai sy die lyfie so heen en weer.  Sy staan toe voor my kollega, en probeer haarself baie ryk en vernaam hou deur te sê: Mauritius is die mooiste plek in die wêreld.  Die pragtige wit strande, die mooiste mooiste kleur water (ek kan nie die kleur onthou)  O! die beste plek waar ek nog was .... (swaai lyfie) .... (swaai lyfie).  Ek kyk vir my kollega, sy ken my kyk, toe sê ek, Ag weet jy, ek en kollega hou niks van Mauritius nie.  Ons gaan sommer Bona Core dam toe.  Dan braai ons, dan suip ons, en netnou swem ons tussen die hyecinte (ek sal later die spelling kyk), en dis net party-time.  Wie wil nou gaan rondloop op ‘n boring strand.  Ons is waar die aksie is.  By die dam.  Regte damduikers.  Ons eet barbers.  That is life.  Sy kyk my so geskok aan, toe swaai lyfie sy ewe verleë by die deur uit.  

Ja, waar is die dae.  Ek was ‘n damjoller.  Ek het boom gerook, geswem, en sexy gewees.  Ja, dit was dieselfde tyd toe die ouens wou gehad het ek moet vir hulle strip.  Hulle was super jags.  Maar ek sal julle los dat julle maar verder die storie uitdink.  Think what you like hey.  Freedom of speech, freedom of thinking!