Sunday, 24 November 2013
Wednesday, 20 November 2013
Wondermiddels op die Mark
Ek neem
aan dis daai ribbebeen wat al die moeilikheid veroorsaak. Dis asof mens nooit ontslae kan raak van daai
been nie. Dit groei in alles in.
Sissie sê ek sit net heeldag by die huis en Oros drink. Ye blerrie right. Dit hou my positief.
My arms is vol blou kolle. Dis alles sissie se skuld. Hy bly hang aan my arms. Ek het nou een graad r in die huis en een graad 5. Julle weet nie waardeur ek gaan nie.
Die champ glo
vas aan sensodyne. Dis tandepasta. Elke keer voor sy gaan kick x ass dan borsel
sy eers tande met dit, want, sy sweer daarby, keer dat hulle haar tande
uitskop.
Wednesday, 30 October 2013
31 Oktober 2013
My timing
is uit. Ou kar op 50. Ten Volle Werkloos. Breek ek die nuus op die oujaarsaand van ons
3e huweliksherdenking. Sissie skrik so
groot, die kersliggies word nie eers aangesit nie. Herinner hy my vanoggend van die spesiale
geleentheid. Vir julle jongetjies klink
dit seker soos ‘n horror movie.
Toemaar, as julle ook bejaard raak, sal julle agterkom dit lyk net so
erg. Bejaardes met ‘n positiewe denke,
is soos graad R’e. Vol stories en
lag. Ok stront ook.
Die
vertroue wat ek gehad het in die mensdom is nou total uitgewis. Kisboude. Klaar met julle. Ek voel soos Kupido Kakerlak. Desperaat en magteloos. Hy het tot die bitter einde sy geloof behou
en sy eie desperaat en magteloos daaronder verberg.
Dis
omtrent 2 jaar later. Dis weer tyd om
jockeys te gaan koop. Alweer die stryd.
Medium of Large. Ek dink die
medium het geskeur omrede die materiaal swak was. Ek gaan hulle sue. Om een of ander rede is die medium se lap
sagter by die rek. Die blerrie goed is duur. Sal maar net eers 2 koop. Dink julle die large gaan te groot wees? Dalk moet ek net eers 1 large koop. As die lap mooi hou by die rek,
dan is die large se materiaal defnitief sterker. Skelms.
Arme
kind, ek is so gestres, ek kan nie reguit kyk nie. Sukkel om ‘n doring uit haar voet te
kry. Dan is die bril op, dan is die bril
af, dan skree sy, dan skop sy, blerrie hel.
En om die 2 tweezers in hierdie deurmekaar plek te kry, is heeltemal
onmoontlik. Toe plak ek maar ‘n pleister
op. Die doring in die vlees. Ai, ja, kom ons steek dit maar eerder
weg. Mense hoef nie alles te sien en te weet
nie.
There’s a
new girl in town. Maggie is haar naam.
Tuesday, 22 October 2013
Ek Is
Die
wêreld het te slim geraak vir ons. As jy
uit jou comfort-zone uitklim, en jy gaan beproef al die moontlikhede buite die
sfeer, (‘n bal word as ‘n soliede figuur beskou wat deur ‘n sfeer beperk word)
dan kom jy agter dat nes in Noag se tyd, die mens te slim vir sy size geword
het. En dis nou so lank daarna, hulle is
nóg slimmer. Dis ontstellend. As God toe al ons goedjies wou uitwis, hoe
sal hy nóú voel? Ek is die bal. Die sfeer beperk my. Genade.
As ek,
(arme werklose) in die oggend die vyand afsien, staan Gunth so ewe en kyk dat hulle
beslis vertrek, skaars uit by die hek, onder sy toesig, sy wakende oog,
hardloop hy die huis binne, baas van die plaas.
Maak homself tuis, terwyl die een ou ogie ewe rondloer so ver ek beweeg. My skaduwee.
Ek praat
van ontstellend. Ons spartel, elkeen
probeer net vooruit kom, net genoeg om te oorleef. Almal trap oor almal, nagte word daar
oordenking gedoen, planne in die nag, is anders as planne in die dag. Party word goed gebore in die donker, maar
wanneer die lig op die horision verskyn, verloor dit eweskielik krag. Hier en daar is daar een wat darem ontwikkel.
Dis asof met die lig, ons braafheid ietwat verlore raak.
Gunther
het wraggies gister deur die venster geklim.
Ek is besig met opleiding.
Aangesien ek werkloos is, moet ek elke minuut gebruik asof dit die
laaste keer is wat ek iets produktief sal bereik. Dis belangrik dat, in geval van nood, hy weet
hoe om my te bereik.
En
intussen, sjoe sjoe, blaas blaas, sjoe sjoe, dit die hele huis vol. Ek kyk angstig rond. In hierdie oomblikke van onsekerheid, gooi
dit my heeltemal van balans af. Dis wat
jy noem kickboxer-sindroom. Hulle het
nie einde.
Ja, soos
ek altyd sê, dis alles net soos wat Prediker dit op die hart het. Wyse woorde.
Niks, alles niks, ons niks, niks is niks. Daar is net Ek Is.
Sunday, 30 June 2013
BeyondTheGates (Pty) Ltd
Wat
bedoel julle? Laaste keer geblog in
Meimaand? Yes, dead right. Julle verstaan nie die tye waardeur ek is
nie. Van kluisenaar-vrou tot moeder, van
mislukte beroeps-vrou tot my eie besigheid in ‘n kwessie van 2 maande. Ek glo dan moet daar iewes ‘n letsel
wees. If you know what I mean.
Ja, ek is
nou ‘n security babe. Ek sal probeer om
‘n bitch van ‘n security babe te wees, want dis hoe dit moet wees. Ek is deur diep waters. Mentally en anders ook. Hoe lyk die logo? Hoe laaik julle die naam? Cool.
Ek voel ‘n nuwe mens. Ek was so
besig, dat ek vergeet het hoe om so te wees dat amper niemand van my hou
nie. Ja. Ja.
Ek het
wraggies vandag die moed gehad om my beddegoed om te ruil. Die lekker sagte warm rooi duvet het al die
donse van die kombers opgetel, en sover ek en my kind asemhaal, kry ons
hooikoors. Maar ons lê. Ek het nou vanaand ‘n ander plan gemaak. Die dun koue duvet is terug op die bed, darem
skoon ok, en ek het die baba-katte se warmwater-sakkie wat met elektrisiteit werk in die bed gaan sit. Ek hoop nie daar is intussen ‘n brand gewees
nie. Sal seker iets geruik het. Daar is nie nou geld vir elektriese komberse
nie. Met kattie Oupatjie se
mangelontsteking, kattie Oupatjies se gebreekte tand, kattie Ronnie se vrot
tande, in ‘n kwessie van 2 maande moes Johan R5000 uithaal. I am telling you the truth!. Ons leef in stress en armoede. Ek toets nou hierdie metode vir bietjie hitte. En intussen brand die verwarmers in Johan se
kamer, en in my studeerkamer. Dis
wraggies te koud om vrekkerig te wees. My
suster is dalk oppad hierheen. Ek lê
nagte wakker en dink hoe gaan ek haar laat werk. Sy kan my help met die Sangfees, sy kan my
webblad skep, sy kan kos maak, sy kan my help tik ....... Wat? Moenie stupid wees nie. Ledigheid is die duiwel se oorkussing. Vra haar sy sal getuig! Sy moet uitgaan in die veld en die besigheid
gaan haal. Sy is ‘n sexy babe. Wow.
Kan julle sien hoekom kan ek nie slaap nie? Soveel moontlikhede in die
lug. My brein skakel nie af nie.
Dan net
om my heeltemal van stryk af te bring, kom vra iemand my of ek dieselfde tipe
werk wil doen wat ek nou doen, net op ‘n ander plek. Nee regtig.
Ek kan nie ‘n oomblik langer in hierdie beroep bly nie. Ek het genoeg gehad. Ek wil uit.
Uit buite toe, uit, Beyond the Gates.
Wednesday, 22 May 2013
Hallo daar!
Julle het
lank nie van my gehoor nie. Party mense
hou my soms lank besig. En dan hou dit
aan vir dae, if you know what I mean . . .
Saturday, 4 May 2013
Thanks!
My broer se geskenk aan my jare terug toe hy uit die "army" gekom het en net begin werk het, was 'n goue hangertjie. Ek glo nie daar was so baie geld vir die hangertjie nie, maar hy het dit somehow gedoen. Baie dankie. Daar gaan soveel gedagtes en emosies deur my as ek terugdink aan ons lewens, Maar dankie ons Vader vir U grote genade.
Op 'n ligter nood voor julle nou weer aan die tjank gaan. (Wat is fout met julle)
Ek en Gunth sit vandag op die stoeptrappie heel in die hoek van die erf. Ek praat met my Pa op die foon, en Gunth luister alles so met die een oor. Ek sien J kom aangestap, en onthou julle die vorige episode sonder die hemp en die kat? Nee, julle onthou nie, nee man, gaan lees terug op die blog! Ek sien J kom aangestap, en ek sien G staan op. Nou veel meer hoef ek seker nie te vertel nie. Volgende oomblik spring G en J begin te skop, ek stupid, weer tussen in. En dit hou aan, J gryp die graaf, ek keer, J gryp die tuinvurk, ek skree!!!! J skree vir my: geepad hier! O my! Kyk, dat daar nog nie bloed gevloei het nie, is 'n genade. Agterna toe dink ek, Gunth dink seker as ek so rondspring al oor die geveg dat ek en hy aan dieselfde kant is, jy weet, ons is die goeie ouens, ons baklei saam teen die slegte ouens. Nee man Gunth, jy verstaan verkeerd, Ek veg nie saam nie, ek probeer keer vir jou arme mooi gesiggie en veral die tande. Weet julle wat kos tande deesdae?? J beweer dat G hom een van die dae erg gaan byt. Nee man, hy sal nie, moenie worry nie? Behalwe vir die krap op die pens, geen ander letsels nie. More is weer klassie vir Gunth. Sal maar 2 strespille drink voor ek gaan.
Thursday, 2 May 2013
Thats Life
Ek wil
net sê: skepsel, jy besef nie die invloed wat jy op ‘n ander se lewe het
nie. As ek terugkyk op my lewe, dan sien
ek die invloed wat ek gehad het op mense.
Goed en sleg. Dink daaroor. Al is jy ‘n dom parra, jy het nog steeds ‘n
invloed op ander mense gehad. Punt.
Ek en
Gunther het ‘n skamele 5km gaan stap.
Ons is nou ewe dik en lui. Maar
ons het dit gemaak. Wel, dis nou eers
die middel van die jaar. Ons het nie te
sleg gedoen nie, stem julle? Daar is nog
‘n hele halwe jaar oor vir nog ‘n moontlike poging. Ons wil nou nie Rome oornag bou nie. Ek hoop julle sien ons as ‘n goeie voorbeeld.
Ek gaan
nou bed toe. Dis 6:35. Julle het nou twee lesse gekry vir die
dag.
My lewe
op die stadium is nou in die weegskaal van verskeie opsies. Ek dink met die een opsie is ek geweeg en te
lig bevind. Ek is seker julle weet hoe dit
voel om te lig bevind te word. Al wat ek
kan sê is,: ek kan dit nie glo nie. Ek het gedink, weens die sterkte van my
vlees, sal ek darem bietjie meer geweeg
het, en swaarder bevind word. Good
night.
Sunday, 28 April 2013
Tuesday, 23 April 2013
Verlos ons van die bose
Ek en
Gunth was by die klas Sondag. Hy raak so
opgewonde, hy kan nie wag dat die klas moet begin nie, en dan begin hy hom soos
‘n mens gedra. Ja, slegte slegte
mens-gedrag. Ek was sommer lus en moer
sy tande uit. As hy ‘n mens was, het ek
dit gedoen. En as hy tog net vir oom
Marc, die stoetbul kan aanval, dan is hy vreeslik gelukkig. Die stomp ou stertjie swaai en waai. Hy het mooi geleer om sy beurt af te
wag. En natuurlik antie kort-gat, hoeveel
keer moet mens nog vir haar sê om nie so naby my en Gunth te loop met haar hond
nie. Amper vreet Gunth hulle op, maar ek
het die tande-knyp ketting op hom gehad want ek het so feeling gehad hy gaan
iewers hom soos ‘n mens gedra. Oppad
terug dink ek ewe skielik aan my vriendin wat ek vir ‘n kort tyd geken het
voordat sy haarself opgehang het in die garage.
En natuurlik loop die trane. En
ek dink soos die oumense sê: die Here weet hoekom sy dit op so manier gedoen
het. En vanoggend sien ek weer ‘n
aaklige geval van diere-mishandeling, en ek besef net, daar is nie meer hoop
vir hierdie wêreld nie. Alles is verby. Dis oor en uit. Al wat daar nog nog oorbly is om ‘n baie
ernstige poging aan te wend om beter te probeer wees. Ek kan nie sê: om ‘n beter mens te probeer
wees nie, want dan kan ek sommer dadelik ophou probeer, niks wat die word ‘mens’
bevat kan meer iets werd wees nie. Net
Jesus kan daardie woord weer betekenis gee.
Met al
die ontelbare ongeregtigheid wat aan die hulpelose gedoen word, is dit ‘n baie
swaar las wat die aarde dra. En die
slim-janne wat sê daar was mense baie lank terug, nog voor die Egiptenare, ja
ek kan dit glo. En ek glo die aarde het
hulle verwoes. Ek wonder of die aarde
dit pay-back noem, al die fratse ens.
Die aarde kan nie kies wie in vloede gaan sterf of so iets nie. Die aarde kom tot ‘n uitbarsting en wat in
die pad is moet ongelukkig sterf. Dis al
die pyn wat opgesluit lê van die skepping.
Van die bome en al die diere wat God geskape het. Dit lewe – hoeveel pyn is in die see? Hoeveel krete en hulpgeroep is daar binne in
die water? Die uitwissing van alles wat
God geskape het, in die lug en in die atmosfeer hang die krete van ons geliefde
nalatenskap wat ons moes oppas. Wat ons nie mishandel nie, vreet ons op. Dan
dink ek weer aan die ander seun wat ook ‘n einde aan sy lewe gemaak het, sy
woorde was: die wêreld is nie vir my nie.
Saturday, 20 April 2013
Saturday, 13 April 2013
Monday, 8 April 2013
Ek het
gedroom ‘n man sit by ‘n tafel, die aand voor my seminaar begin. Hy sê vir my: dit gaan nie oor jóú nie. Die Seun van die mens moet verheerlik word. Ek werk nog die boodskap uit. Bolangs verstaan ek dit, maar ek weet daar is
nog iets daaromtrent wat ek mis.
Ek het
gedink hoe meer kennis mens bymekaar maak, hoe meer verander jy. Wel, tensy daar fout is met my, werk dit nie
so nie. Ek is nog steeds net Mara. Glo dit nou of nie. Niks het verander nie. Onderliggend is dit nog steeds dieselfde
mens. En sover ek die mense om my bekyk,
mense met geleerdheid, sien ek net ‘n swakheid deurskemer by elkeen van hulle,
uit my oë natuurlik. Natuurlik is dit
verkeerd om dit te sien en om so ‘n stelling te maak. Ek wonder of dit my eie swakheid is wat
weerkaats na my toe? En dit laat my
terugtrek dat hulle nie naby my kan kom nie.
Ek doen my klas, ek eet sonder dat ek genoodsaak voel om ‘n gelselsie
aan te knoop, ek besoek die badkamer, ek gaan sit op my plek en gaan aan met
die klas. Sonder een oomblik van
ongemak. Ek bedank wel soos ‘n opgevoede
persoon die mense wat hard gewerk het om die seminaar ‘n sukses te maak.
Is dit ‘n
slegte hart wat binne my is? Of is dit
maar net hoe ons almal is, ons is mense.
Die pad wat ons gestap het, of die tred waarmee die wêreld al hoe vinniger
draai, laat sy merk op ons uiterlike.
Ons kan nie meer fokus en ‘n persoon sien soos Jesus sou sien nie. Is dit die liefde wat ontbreek? Soos iemand altyd gesê het, die oë is die hart
van die siel of so iets.
Sunday, 31 March 2013
There's a time for us .....
Want dis
wat julle weet,
Wat ek
wil vergeet.
Want dis
jou alewige stellings
Wat my
kranksinnig laat.
Want dis
wat ek weet
Wat jy
nooit gaan vergeet.
Daar kom ‘n tyd in mens se lewe dat jy ‘n sterk gevoel kry om aan te beweeg. Dis asof omstandighede alles saamval soos die dolosse wat val soos dit moet. Ek dink ‘n mens is gebore om te swerwe. ‘n Rustelose siel. Wat die siele van die wat saam hulle beweeg omkrap. Ye right. Dan is dit maar so. En as ek nou mooi sit en dink aan hierdie dinge, en ek dink aan sekere gedeeltes in die Bybel, dan voel ek nie asof ek iemand te na kom nie. Daar is sekere regte wat ‘n persoon homself kan toe-eien as die situasie dit regverdig.
Ek kan
nie glo dat Doodles so diep in my hart gekruip het nie. Ek het sy hok groter gemaak. Hy is nou ‘n volwaardige deel van die
gesin. Ou snaaksie, partykeer as ek in
die hok staan en krap in sy slaapplek, dan klim hy so ewe in hier langs my
verby asof hy wil kyk wat ek doen. Hy
slaap op sy sy, nes ‘n kat. Eerste keer
gedink hy is dood, roep en roep, maar hy
is so diep in droomland, hy hoor niks.
Daar is
altyd keuses wat gemaak moet word. Ek
het simpatie met die posisie waarin jy jou bevind my sussie. Dis maklik om beter te weet, maar ons is nie
in jou situasie nie, en ons is ook nie jy nie, ons dink anders. Op die einde van die dag verloop al die
beplanning in elk geval nie soos wat ons dit voorsien het nie. Jammer as ek so hard is met die mense na aan
my.
Terug na
paragraaf 1. Waarop stuur die paragraaf
af? Ye right. As ek ‘n mandjie mielies het, is dit my keuse
om daarmee te maak wat ek wil, want wetlik gesproke, het ek dit gekoop. Almal het gesien toe ek die geld betaal
daarvoor. Dis myne. Indien ek dit langs die pad in ‘n onbesonne
oomblik laat val, en dis vol grond, en ek sit dit terug en stap verder, is dit
ook my saak. Dis myne. Nou hier kom die moeilike deel. As ek gesien het jy staan vir my en kyk, en
jy sien iets is fout, want die mielies lê die grondpad vol, en jy kom help my
nie, wat dink jy gaan my reaksie later wees.
Moet nou nie slim raak nie, onthou die woord later kan 5 minute later
wees, of dit kan latere jare wees. Die
punt? Ek sal nie daar wees om die reaksies te sien nie. Ek sal nie (soos jy) nodig hê om te maak of
ek nie gesien het hoe jy met jou mielies val nie, sodat ek jou nie hoef te help
nie. Ek laat die saak hier....
Ek weet
julle verwag nou iets eerliks van my. Ek moet dit van my hart afkry, want dit broei
en broei. Al wat ek my lewe lank gevra
het, was ‘n klein bietjie erkenning. En
of dit reg en of dit verkeerd is, wie worry. Ek het my slegste gegee, en later wou ek net altyd my beste gee met alles wat ek doen, moontlik om met my gewete saam te leef aangesien ek die enigste sondaar is. En wat my regtig erg beswaard maak, is
die feit dat ek blykbaar in my persoonlike verhouding met mense die onmoontlike verwag. Ek wou net die bietjie wat in die emmer oor was, mee woeker. Want in die emmer was ook 'n saadjie wat in my geplant is, dat hopeloos, sleg is. Whatever. Laat ek toe dat swakkelinge my kranksinnig maak?
Terug na
paragraaf 1 en 4.
Sunday, 10 March 2013
So gaan dit maar
Ek het
baie werk gedoen die naweek. Twee notules,
die Kerk se boeke, die Kerk se vorms, Kerk toe gegaan, Gunther gevat vir ‘n
stap, Kokkie twee keer uit die hokkie gehaal, Doodles gevryf en vlooipoeier
gegooi. Voorberei vir 2 vergaderings vir
die komende week. Navrae op my ander
Oord se boeke gedoen. Intussen nog
geclick for my mercy goed. Gevote vir
Gunther. My “Causes” se petisies
afgehandel. Die bossies buite gif
gespuit. Gunther se siek oor
behandel. Die Kerk se geld getel, my
toonnaels gesny. Intussen gou 2 movies
gekyk ook. Nou ja, daar is nog tyd om gou
te blog. O shit, ek het vergeet om my
pruik te was.
Dit was
die gedagte wat vanoggend deur my kop gegaan het toe ek ewe vol sonde die kerkbank
warm sit. Hoe sien ons onsself. Pasop om nie verward te raak en iewers in te
bring: hoe dink jy sien ander jou. Nee,
dis hoe sien jý jouself, En vergeet nou
van jou geloof en Bybelgesig. Alhoewel
die gedagte in die Kerk gekom het, het dit niks uit te waai met jou gevoel vir
God nie. Daar is egter een uitsondering,
as dit swaar op jou hart lê, dan moet moet moet jy dit noem. Ek het nie juis aandag gegee nie, maar toe
die liedjie: soos ‘n Hert smag na waterstrome smag my siel na U O God, .......
begin, toe tjank ek sowaar. En ek het
wraggies vergeet om ‘n tissue te vat!
Gunther
het mos die onvergeetlike of is dit nou onvergeeflike daad gedoen! Wraggies, toe J Vrydagmiddag instap by die
huis, en in die gang afstap, en by my studeerkamer se deur kom waar ek en Gunth
besig is met ons talle take, toe begin hy grom.
Toe hy sien J kom nog steeds nader ongeag sy waarskuwende gegrom, toe
val hy aan. O my soul! En hy neuk nie hier onder by die enkels rond
nie, nee, hy staan regop en baklei. J in
skok, skop na hom, ek in skok, spring tussen in. Ek kan nie sien dat Gunth aangerand word nie. Toe klap ek die deur toe om Gunth weg te
kry. Ek sê: ek sal self my hond
uitvat! Daarna moes ek mooi verduidelik
dat Gunth by die klassie leer as iemand aggresief nader kom, moet hy
aanval. Ek het het ook verduidelik dat hy eintlik so bietjie deurmekaar geraak het met wie
moet hy byt en wie nie. Jy weet die arme
hondjie is nog nie so lank by die klassie nie.
Ek het darem net nodig gehad om 9 tone se naels te sny. Die ander een is afgeruk in die proses. Alles gebeur ten goede.
Nee, ek
dink ek misbruik myself. Ek krap 2x ‘n
dag Googles se gate toe, dat hy weer nuwes kan maak. Dis goeie oefening vir hom. Hy laat toe dat ek hom vryf.
I feel
trapped. Daar is ‘n leemte in my lewe.
Hulle wil
nie meer hê ek moet my Beradingsdiploma voltooi nie. Hulle het besluit ek moet ‘n Maatskaplike
Werker (Bachelor of Social Work) word, die geld sal ons nie oor worry nie, ons
kan ooreenkom of dienste lewer of so iets.
Ek weet nie of ek kans sien hiervoor nie. Ek het raad gevra van iemand met baie gesag en
ondervinding. Hy sal more met my
praat. My vrees is: wat as ek faal?
Ek
wonder: op 50, is al die goed die stres werd?
Op die
einde, sal alles tevergeefs wees, alhoewel ons die tevergeefse pad moet
stap. Niks wat ek doen, geen lesse wat
ek leer, kan my verander nie. Net God
kan my verander.
Monday, 4 March 2013
Thanks
Ek moet seker al hierdie lelike woorde op my blog vervang met sterretjies en ander tekens. Dis onaanvaarbaar vir julle gelowiges om na daai taal te kyk. Ek stem saam. Maar dit voel vir my net so twee-gesig om dit te doen. Dis wie ek was op daardie stadium, en dis hoe ek gevoel het. Ek is ‘n vandalis. Dit klink baie soos die alkoholis (my woordeboek het nog ‘n o in ??) wat ek was, en dit maak dieselfde gevoelendheid in my wakker. Soos my studies sê: Vergeet van die ...lis en daai ...lis, dis net blerrie sonde. Ek is op die ...lis stadium. Ek sou verkies om nie sinnelose gesprekke te voer nie. Ek kan nie ‘n antwoord uitdink op sulke vrae nie. Iewers haak iets vas en dan raak ek sprakeloos en dan raak ek vandalisties. Like you won’t believe it. Ek skaam my eintlik vir myself. Daar is nou nie meer mense wat my daaglikse hoogtepunte en laagtepunte met my wil deel nie. Somehow het ek hulle die hasepad laat kies. Ek bly nou net stil en verlustig my in my eie humor, en die humor van my diere om my. Ek verlustig my in my eie probleme en besluite wat ek in die gesig staar. Die ou diere en die nuwe diere wat bygekom het, daar is nie woorde vir die genot wat julle veroorsaak in my hart nie. En met tere herinneringe aan die diere wat langs die pad verlore geraak het, soos wat ek baie langs die pad verlore raak. Om die enigste ware sondaar in my kring te wees, is nogal veeleisend. Ek moet heeltyd perform om die beste te bly. Maar dan is dit dalk ook die tyd om een ding van my ouers te sê, dat ongeag wat, hulle nooit ons kinders teen mekaar afgespeel het nie. Jy vind dit in soveel gesinne. Dít sal ek altyd van julle twee onthou. Dat julle altyd daar was om my, ongeag wát, sover moontlik gehelp het. Thanks.
Thursday, 21 February 2013
Liar
Jou sondige natuur laat nie regret toe nie. Jy is stof. Hoe weet ek die dinge? Want ek is ook 'n sondaar wat al baie foute gemaak het. Ek weet net dat sekere dinge beter is om nie te doen nie, maar as dit gedoen is, is dit gedane sake. Dan leef jy daarmee, jy leef met die gevolge, nie die regret nie, dom doos.
Saturday, 16 February 2013
Valentine
Vanoggend staan ek ewe en
trek maar die bossies uit. Met die
crime, moet ek maar meeste van die goed doen.
(ja, sissie moet kos maak) Ek het
eintlik om nou die earlike waarheid te praat, gewonder of ek darem rus sal kry
in die hemel. Toe dink ek, wie sê ek
gaan hemel toe. Toe dink ek, wel, met
die geloof van ‘n kind, is enige iets moontlik.
Toe ek
nou by die Valentine braai kom, is daar toevallig ‘n sitplek langs Ross en
Charlotte oop. Ek en J gaan sit toe
daar. Ek begin dadelik Charlotte se
peanuts te eet. Ross sê, ek het chips by
die huis, maar ek kan nie terug gaan nie, want Simba is baie kwaai. Huh, ek copy toe nie dadelik nie. Ross sê, Simba wil nie hê ons moet loop nie,
sy karnuffel ons van agter af. Ons het
nou klaar ‘n plan uitgewerk vir wanneer ons terug gaan vanaand. Charlotte (want sy is die jongste en nog nie
so styf in die lyf nie) sal haar aandag aftrek met ‘n stukkie wors, dan gaan ek
gou in – anders hardloop sy dalk weg en gaan byt die ander mense. Nee
man, sê ek, ek het net vergeet om jou te sê daar is ‘n effense wanbalans. Sy maak maar so. Ek verduidelik so vlugtig .... Nou ja, sê
Ross. Ek vat die stukkie wors terug as
‘n peace offering. En, vergete is die
wanbalans. Ross vra, wie het vir Simba
so mooi maniere geleer. Maar moenie
worry sê sy, as dit moet dan klim ek maar oor die afskorting by die deur. Ek kyk haar so. Met daai kort lyfie en kort bene glo ek sy
gaan op haar kop val. Ek glo nie dis
nodig nie, sê ek, jy sal sien as jy terug gaan.
Ounooi,
een van die nuwe intrekkers, kom sit daar by my met haar rooi rok en rooi
lippe. Sewentig. Elke oggend gaan sy getrou gym toe. Sy is stewig gebou, met stewige vet. Dr Gevers het sy vrou se sexy rooi nagrokkie
aan oor ‘n wit t-shirt. Ek gaan gryp hom
aan sy tiete. Hy druk Charlotte se
pakkie peanuts bo in vir bietjie meer body.
Ek loop en bedel bene vir Gunther.
Die anties gee vir J chocolates en tjops. J gaan steel nog wors. Ek gaan groet my vyande. Sonder my pruik herken niemand my vir die
eerste uur nie. Ek steel koeldrank by
die kombuis. J wil ry. Ross sê, alle alle mans is dieselfde. Mens eet nog dan wil hulle ry: sy kan
die perfekte moord vir my uitwerk. Maar,
vra sy baie ernstig. Kan ek haar
rekenaar klasse gee? Sy het een hele dag
gesit en ‘n brief getik op haar celfoon.
Dis was baie uitputtend, want sy moes baie notas maak om alles te
onthou. Sy het dit toe weggestuur vir
haar kinders in Amerika, maar al wat daar uitgekom het was,: my fridge is
waving me goodbye. Bel die kinders
vreeslik verward, wat gaan aan ma? Is jy
siek, nee man, my yskas gee probleme.
Friday, 15 February 2013
Mara Meraaitjie se suster: kommentaar vir mission accomplish
My suster bly my held. Soms pis sy my so af dat ek sweer ek praat nooit weer met haar nie en onterf haar ook sommer. Want sien, as sy nie 'n ding wil doen nie, dan doen sy dit nie. Klaar. Ek kan dit natuurlik nie verstaan nie.. Want ek sal enige iets vir haar doen! Hoe kan sy nou so wees! Verstaan sy nie hoe ernstig my probleem is nie of hou sy haar nou net stupid en hardegat??? Maar op die einde kry sy dinge reg wat ander nie sal kan bemeester in al hulle sogenaamde eie geskepte glorie. Moral of the story: as sy besluit sy doen niks dan is dit wat jy kry : Niks. Bel, skryf, stuur polisie en taakmag. Daar is "no reply" en "no comment". Maar as Ouma se Meraaitjie 'n mission maak van iets wat haar hart raak, hou sy aan tot daar sukses behaal word. Nes in 'n Shrek movie, and they lived happily ever after.
Thursday, 14 February 2013
Meraaitjie, die Kaptein en die Jodin
My ouma
het net altyd haar kop geskud en gesê: Meraaitjie, jý. Meraaitjie was besig die laaste week. Dankie vir my bewonderaars wat navraag gedoen
het. Ons het gewoeker hier in
Gauteng. Kaptein Doodles het sy huis
mooi ingerig. Die ‘army-seil’ gebruik hy
as beskerming vir donderstorms. Gunther
het een dag voor hom gesit en blaf en blaf.
Toe neuk ek hom met ‘n stomp. Nou
los hy Kaptein Googles, ek meen Doodles,
uit. Jammer, as ek stres verwar ek die D
met ‘n G. Terwyl ons die army-kamp elke
aand bewonder, tref dit my ek moet my Kapelaans Level 2 doen in April. En ek moes verslae ingestuur het. Vergete is Googles se kamp. Dadelik tref ek reëlings vir ‘n verslag en
verlof, na 2 nagte se bekommernis oor die saak.
Die verslag demand ek toe Meraaitjie styl by die werk. Julle moet dit lees. What a piece of art. Intussen was daar verwikkelinge by Simba se
nuwe huis. Nou hier is die onderskeid
alweer. Dis eintlik ook ‘n piece of art
dat mense so fokkon pateties kan wees.
Na Simba paar keer by die hekkie uitgekom het met haar nommer 3 lyfie,
na ek die materiaal gegee het vir ‘n ordentlike afskorting ..... word sy toe na
goeddunke toegemaak in die garage wanneer daar kerk of winkel toe gegaan
word. Natuurlik, ons meisies laat ons
nie mishandel nie. Sy sit toe so ‘n bek
op, dat die hele behuisingskema kla oor die slet-gedrag. Dit kos my haar gaan haal op ‘n Sondag, my
moer so sleg gepluk, ek stuur vir sissie in, terwyl ek in die reën op die
sypaadjie wag. Kon nie enige tipe van ‘n
retard face op daai oomblik nie. Dis
hier waar die kaf nou van die koring geskei word. Breins. Breins breins breins. That is all you need. Ek bel Oord toe. Ek kry pleegsorg vir Simba vir een nag. (hoekom, Gunther sal nie laat sy een druppel
pie waar hy by is nie) Maandag verskuif
ek haar na pleegsorg nommer 2 toe. Van
die kombuis se kant steel ons fyn vleisies.
(kaptein Doodles se proviant ook sommer in dieselfde pakkie). Reël nommer een. Geen inwoner mag ‘n dier aanhou, tensy hy/sy
met die dier ingetrek het nie. Dis die
geregistreerde reëls by die Aktekantoor.
Fine. Do not mess with
Meraaitjie. Ek slaap vir 2 nagte nie,
met sukses word ‘n idee gebore: Sover ek
beweeg slaan ek sielkundig toe waar ek kan.
Taktiek. Breins. Plant die saadjies. Speel op gevoelens. Sorg dat die jury presies weet wat ek wil hê
hulle moet weet. Stemdag: ek sit heel kuis laat die jury die besluite
neem. Ek praat nie ‘n woord nie. Die uiteinde!
Mission accomplish! Simba maak
die besluit van haar lewe. Sy word ‘n
Jodin. O my soul! Simba!
Ek sluip so nou en dan skelm verby haar nuwe kwartiere. Simba steur haar aan niemand. Sy het tuis gekom. O my! Simba!
Die hele Oord weet van Simba.
Almal stap oor en gaan kyk na die Jodin.
Die Jodin wat haar Joodse ma sover kry om weer uit die huis te kom. Om weer te voel haar lewe het betekenis. Saam stap die twee ewe swaaiboude die strate
af. As ek die twee ‘n goue kroon kon opsit,
sou ek. En as ek so ewe ongeerg navraag
doen oor die twee Jodinne, dan verhelder die gesigte terwyl ek met ‘n trommel krone
vir myself na die verslae luister.
Monday, 4 February 2013
Die Manne
En dis ook nie ‘n grap om saam met die groot manne te staan nie. Met Gunther se 3e klassie, raak ek paniekbevange. Die oomblik is net te groot as hy met sy brute krag gereed maak om van die ander manne aan te vat. Ek kyk vir niemand. My oë is net gerig op hom. As ek een enkele oomblik verslap, is daar nare gevolge. So tussen my stywe arms en stywe leiband en stokstyf oë, met bene wat stokstyf staan om nie onkant gevang te word nie, dink ek vir ‘n oomblik: o nee, hierdie stres is nie vir my nie. Die hitte is ondraaglik, die gras laat die honde jeuk. En die oomblik is vir hulle te groot as daar op en af parade word, en hulle mekaar so onderlangs beloer. Nee, dink ek, ek kan nie nog ‘n klassie doen nie. Ek sal dit nie oorleef nie. Met al die geblaf van die ander honde wanneer een van hulle geleer word om aan te val, en geknor van die een langs my, wil Gunther absoluut net sy frustrasie gaan uithaal. Die een outjie bly vir sy varkhond sê: nee seuntjie, staan stil. Daai maatjie wil nie met jou speel nie. Op een stadium is ek en Gunther geknoop in die leiband, dit nadat ek hom moes tug met die skerp nekding wat die hel uit hulle knyp. Gunther is dors, warm en ek soos ‘n blerrie mal ding rondomtalie, en op ‘n stadium begin hy hap, en is my gesig so na aan hom, dat die tweede hap my amper raakvat. Imagine waar lê my stresvlak op hierdie stadium! Ek gaan in ‘n skoktoestand in. Ek verdien seker die eweskielike gedrag. Met al my geruk en pluk, is Gunth ook nou al mooi die donner in. En dit sal my leer, hou jou gesig uit die slagveld uit, stupid. Oom Marc sê, moenie worry nie. Gunther doen goed, net ‘n bietjie insecurity. Dan loop hy soos ‘n stoetbul met sy voorarms daar rond. Sy girlfriend is ook daar. Ek weet nie is sy vet, of is sy swanger. Maar ek hou van haar. Sy sê vir almal: Hou twee meter uitmekaar. Groot honde soos die trek ten minste twee meter! Ag dankie tog vir jou. Soos gewoonlik het ek nie geworry om te hoor wat is jou naam. Ja, skree sy, hierdie een byt, en daardie een byt. Natuurlik is Gunth een van hierdie een. Die daardie een is een massiewe groot hond, ook van Gunther se breed, ek is nie seker. Doodstil. Maak nie ‘n geluid nie. O tog, dis erg. Ek is oortuig daarvan dat ek defnitief nagmerries kry, maar die trauma is so groot, dat ek dit nie kan onthou nie. My babaseun het nou leer aanval. Met klassie een wou hy niks weet van Marc en sy tools. Sondag toe Marc aan hom karring, toe byt hy. Op die regte manier wat hy geleer word. Marc het die ding aan die arm wat die honde moet afvat by hom, dis oor sy hele arm gedraai. Die honde hou aan aanval totdat hulle dit het en vat dit dan vir sy baas. Sê ek toe nou weer iets pittig, julle ken my mos so skerp: O, dis hoe julle die honde leer. Die ou wat hy aanval, dié se arm moet hy vir sy baas bring! Ai maar dis cool!
Friday, 25 January 2013
Ek is binnekort 50 jaar oud. O my! Dis eenvoudig verskriklik. Een troos wat ek wel het, is dat wanneer ek bed toe gaan in die aand, die volgende NIE op my bedkassie is nie:
Pille,
glas en kraffie met water om pille mee af te sluk, glas met water vir vals
tande, tissues, vicks, wekker, iets vir sooibrand, slaappil, pantoffels voor
die bed, piepot onder die bed.
Nee, ek
is ‘n moderne geval: (bril), Samsung Tablet vir nuutste wêreldgebeure, e-books
en internet terwyl ek so lekker agteroor lê, alles in groot skrif, shockstock
met skerp lig op die bedkassie, alarm langs my onder die kombers, plakkies voor die bed. En terwyl ek so karring, WhatsApp ek gou ‘n
paar “signals” deur. My laaste gedagte
is nie more se kospotte of werk nie, nee, dis ‘n nuwe geslag gedagte: what if
crime strikes. So terwyl ek stadig aan
die slaap raak, met die fan full blast op my, en ek klou aan die dik
duvet, gaan ek net gou deur my plan van
aksie net in case. Met my laaste blik op
die gordyn, wat effens weggetrek moet wees dat ek enige verdagte bewegings kan
raaksien, verkas ek dan droomland toe.
Gepraat van droom en die piepot.
Ek was jonk, in die laerskool, dieselfde tyd toe ek mos die wyn gesteel
het, (het ek deur ‘n slegte stadium gegaan? Dieselfde tyd toe ek paar 20c gemaak het deur aandag te gee?) Miskien was ek baie oulik as kind, maar dalk
het iets gebeur wat my ge-scar het.
Wel, ouma
het die gewoonte gehad om in die middel van die nag die lig aan te sit, dat ek
en sy kan pie. Dan doen ons die ding,
sit die lig af en almal slaap tot die volgende oggend. Een nag, doen sy toe dieselfde. Maar ek weet nie wat het verkeerd gegaan, al
wat ek weet, ek het nog nooit in my lewe gevloek nie, maar daar sit ek toe nou
op die piepot waar sy my wil hê, maar ek verstaan not ‘n donner wat moet ek
doen nie. Nou vra ek: wat moet ek doen? Moet ek moer, moet ek kak moet ek fokkof moet
ek bliksem? Dan sê sy, “pie” dan begin ek weer.
Wat moet ek doen? Donner, bliksem,
kak, fok? So het dit aangeegaan tot ek
terug gejaag is bed toe, ouma hoog befok.
Onskuldig staan ek toe die volgende oggend op, gaan skool toe,
onskuldige kind wat ek is. Toe ek die
middag van die skool afkom, staan my tannie en ouma vir my op die stoep en inwag. Wat ‘n gedoente. Baklei hulle met my! Waar in my lewe kom ek aan die reg om so met
ouma te praat bla bla bla. Ek was uiters
geskok. Dis soos wanneer jy te veel
gesuip het die vorige aand en goed gedoen het wat jy niks van weet die volgende
oggend, en almal loer jou so onderlangs en weier om met jou te praat. Presies net so. En het hulle my geglo? Nee, wragtag nie. En ok, julle wag natuurlik weer dat ek iets
moet sê wat ander mense nooit sal sê nie.
Ouma moes maar die lig aansit in die nag, anders het ek die hele matras
nat gepie. Nou hier is huiswerk vir
julle: retards, julle doen niks. Die
slimmes, wat sou die rede wees dat kinders in die bed pie? Hulle weet nie hulle wil pie nie, die nood of
die druk op die blaas maak hulle nie wakker nie. Hulle slaap ‘n dooie hou en weet van niks,
hulle doen snaakse dinge, gaan in ‘n ander wêreld in, ons is nou al gevorderd
in jare, vergeet wat die dokters of wie ook al sê. Wat is julle mening. Is dit dalk die brein se manier om alles af te skakel wat nie reg is nie? Party pie in die bed, ander klou aan hulle
kombersies? Wat doen kinders nog om af te
skakel van die werklikheid? Julle mag op
die een antwoord op my epos.
Onthou ek
oefen nou berading, julle is verplig om te antwoord. Hierdie is ook ‘n bewys wie van my
bewonderaars die retards is.
Sunday, 20 January 2013
2013
En ons gaan die Nuwe Jaar in met ‘n “bang”. Julle besef nie die pyn wat ek deurgaan om hier te tik nie. My dik vel, nie die dunne nie, die dikke is van my middelvinger geskeur. En dit net alles deur Gunth. Met sy eerste klassie het dit redelik goed gegaan, maar iewers het ‘n skroef uitgeval, en hy is weer die ou Gunth, vol mannewales en shit. Die goed het mos ingebreek in my huis. Kom ek daar, net polisie en buurtwag en toeskouers. En ewe verwese staan Gunth daar, verward, weet nie what the fuck toe die hele taakmag toesak op die huis om die goed te vang. Twee lê op die grond, die ander een is weg. Ek is in ‘n verskriklike emosionele toestand. Gunth!!!!!! Kan jy nie eers drie goed arresteer nie?????? Jy het my gefaal!!!! Ek drink dadelik ‘n pil. Fok die gesteelde goed wat oral rondlê. Wat het gebeur??? So ewe kry ek omtrent alles terug op miskien 10 items na. Wie worry. Fok die 10 items. My Gunth!!! Is jy nou ‘n fokken sissie????? Ek slaap omtrent vir 3 nagte nie. Johan is nie by die huis. Ek besluit dat my bodyguard binne moet bly in die nag en wanneer ek van die werk afkom neem hy sy plek in langs my. Is dit nou waar ek die fout gemaak het. Is dit nou waar die nuwe windgat houding vandaan kom? Ek het dit eergister al opgemerk toe hy vir Johan grom. Daar is iets anders omtrent hom. My kamer en my studeerkamer is Gunth sin. Dis syne. En ja, ek ken my hond. Bewys hy my vermoede is reg vandag met klassie nommer 2. Kort-kort sit hy daai houding openlik aan. Ek moet net bontstaan soos hy wil kak maak. Daar is ‘n ander goed?/ wat die honde tart. en dan moet hulle aanval, maar nie soos hulle wil nie, soos hulle geleer word. Gunth word vandag so ‘getug’ hy weet ook self nie meer wanneer mag hy wat doen nie. Hulle maak hom vas aan die bakkie, met ‘n lang tou. Nou kan haar maar na hartelus ruk en pluk soos ‘n gek hond. Ek loer hom so. My seun, mamma is bly jou gees is nie geblus nie. Ja my seuntjie. Jy het nog steeds die wille streek in jou. Mamma is veilig solank jy by haar is. Fok die huis. Ja seuntjie. Hulle kan maar alles steel. Johan pas mos die huis op. Hy pis mos oral rondom die huis (figuurlik retards). Laat hy sy eie kak oppas. Jy verstaan presies reg. Dis net mamma en jy. En die hele klassie kyk met respek na mamma en seun.
Subscribe to:
Posts (Atom)