Dankie tog dat om Nuwe Jaar te vier/opgewonde oor te wees nog nie beskou word as sonde nie. Of is dit, dat ek nog net nie daarvan gehoor het nie. Ek het vir Gunth vroeg uitgevat vir sy Ou Jaar 5km Afsluting. Ons het lekker gestap. Kom ‘n vroumens met haar dik hond, en die beur al na ons kant toe. En simpel vroumens laat haar maar net sleep agter die dik hond aan. Ek en Gunth het ons dadelik vererg. Wat soek hulle met ons? Dit het my drie rukke en drie shock-stok lawaai moes maak, sodat Gunth ook maar net soos ek ewe vererg aanstap. Eintlik moes ek hom gelos het dat hy die twee net so klein amper lessie leer. Maar, na ek vanoggend vir hom aangepor het om ‘n groot voël te jaag, en hy met brute krag die ketting uit my hand geruk het, en ek die spierkrag-aksie gevoel het wat deur my hele lyf gesny het, het ek gedink los die dik gat hond. Nou-nou gaan ek en Gunth die Nuwe Jaar in die tronk sit. Julle weet my osteoporose laat nie sulke aksies toe nie. My seun het gisteraand in my kamer geslaap. Hy is nie gewoond binne slaap nie, en ek het gewonder wat sy reaksie sou wees in case of crime. J besluit toe teen 11uur om te kom kyk wat aangaan, want ek antwoord nie my foon nie, (seine). En natuurlik, my seun het my nie teleurgestel nie. Hy het presies geweet daar gebeur iets wat nie moet gebeur nie, en keel opgesit. En sover ek met die flitsie geloop het, was hy langs my. Ek besef nou eers dat dit blote gehoorsaamheid is dat hy so netjies met my verkeer waar ons gaan. Die oomblik as die bom bars, wat ook al die omstandighede, gaan ek hom nie kan beheer nie. Goeie les vir my. Ek hoop net dis nie ‘n onskuldige ou wat gaan deurloop nie. Dis die ding met Gunth. You never know. Alhoewel, hy het ‘n goeie gevoel omtrent “mense” if you know what I mean. So sluit ons dan die Ou Jaar af. Rustig, sober en dankbaar.
Sunday, 30 December 2012
Happy New Year!
Dankie tog dat om Nuwe Jaar te vier/opgewonde oor te wees nog nie beskou word as sonde nie. Of is dit, dat ek nog net nie daarvan gehoor het nie. Ek het vir Gunth vroeg uitgevat vir sy Ou Jaar 5km Afsluting. Ons het lekker gestap. Kom ‘n vroumens met haar dik hond, en die beur al na ons kant toe. En simpel vroumens laat haar maar net sleep agter die dik hond aan. Ek en Gunth het ons dadelik vererg. Wat soek hulle met ons? Dit het my drie rukke en drie shock-stok lawaai moes maak, sodat Gunth ook maar net soos ek ewe vererg aanstap. Eintlik moes ek hom gelos het dat hy die twee net so klein amper lessie leer. Maar, na ek vanoggend vir hom aangepor het om ‘n groot voël te jaag, en hy met brute krag die ketting uit my hand geruk het, en ek die spierkrag-aksie gevoel het wat deur my hele lyf gesny het, het ek gedink los die dik gat hond. Nou-nou gaan ek en Gunth die Nuwe Jaar in die tronk sit. Julle weet my osteoporose laat nie sulke aksies toe nie. My seun het gisteraand in my kamer geslaap. Hy is nie gewoond binne slaap nie, en ek het gewonder wat sy reaksie sou wees in case of crime. J besluit toe teen 11uur om te kom kyk wat aangaan, want ek antwoord nie my foon nie, (seine). En natuurlik, my seun het my nie teleurgestel nie. Hy het presies geweet daar gebeur iets wat nie moet gebeur nie, en keel opgesit. En sover ek met die flitsie geloop het, was hy langs my. Ek besef nou eers dat dit blote gehoorsaamheid is dat hy so netjies met my verkeer waar ons gaan. Die oomblik as die bom bars, wat ook al die omstandighede, gaan ek hom nie kan beheer nie. Goeie les vir my. Ek hoop net dis nie ‘n onskuldige ou wat gaan deurloop nie. Dis die ding met Gunth. You never know. Alhoewel, hy het ‘n goeie gevoel omtrent “mense” if you know what I mean. So sluit ons dan die Ou Jaar af. Rustig, sober en dankbaar.
Aanhouer wen
Dis
vrekwarm vandag in Gauteng. Ons kan nie
beweeg nie. Te warm om te eet. Ek het darem so ver gekom om met my studies
te begin. Ek besef nou eers die omvang
van die materiaal wat ek gekry het. Ja. Ek het tot ‘n kruispad gekom. As ek nie myself help nie, gaan my siel
verlore gaan. Dit wil vir my voorkom
asof J altyd daar is om my op die rand van ‘n afgrond te bring. En ek sal moet kies, of ek gaan spring of
nie. Dit laat my dink aan die gedig uit
my boekie van die trein. Dis hoe ek
destyds gevoel het toe ek ook op die rand van ‘n afgrond gestaan het, wat
uitkyk oor die hel. Asof ek die gedig profeties
oor myself uitgespreek het, en veral die laaste paragraaf.
As
ek só kyk
sien
ek die trein
somtyds stop hy
laai
mense op
ander
kere
snel
hy verby
dis vir jou en my
om
te besluit
klim
ons op
of
sal ons bly
waar
hy gaan
dié
weet ek nie
of
hy my weer gaan aflaai
dít
weet ek ook nie
maar
ek verseker jou
sóú
ek opklim
sál jy die prys betaal
Dis
eienaardig dat dit elke keer J moet wees
wat die “oorsaak” van my ellende is. Is
dit regtig so? Kyk ek die hele situasie
heeltemal mis? Is die waansinnige
oomblikke regverdig? Is dit moontlik om
vrede te maak met sekere swakhede van iemand? Kan ek dit nie net aanvaar dat die lewe nie
perfek is nie? Soos julle weet het ek mos nie foute nie. Zero tolerance, no
mercy. It is my way. Maar ek is ook nie so waansinnig dat ek nie
weet: the right way is my way. Ok, lets cut the bullshit. There is only my way. Wel, daar is ons nou by die lysie vir die
Nuwe Jaar. Ek het ingeskryf vir 3-Jaar
Diploma in Christelike Berading. Moet
nou nie skrik nie. Ek gaan nie die mense
leer van zero tolerance nie. As ek eers
geleerd is, is daar net een les vir my klassie.
Shurrup en doen wat ek sê dan sal dit met julle goed gaan. Sien, mens moet ferm wees met die spul. Wat ook vir my ‘n raaisel is, is hoedat ek
van my goddelose weg gedraai het, en nie weer teruggegaan het op daardie pad
nie. In die proses het daar ‘n ander
skroef uitgeval. Soos julle onthou, dat
ek aanhoudend die sin van my lewe bevraagteken het die laaste tyd. Is ons besig met opleiding vir die
hiernamaals soos baie gelowiges glo. Of
was dit nodig vir my om gek te raak sodat ek moontlik, as dit God behaag, ander
gekkes kan verstaan? Want ek weet,
hierdie studies is nodig om my weer op track te kry. Om weer in diepte te leer wie is die God voor wie ek staan.
Ja,
natuurlik het ek planne vir my Gunth ook.
Ons het vanoggend 7uur al teruggekom van ons 5km stap af. Hy weet al om nie links of regs te kyk vir
ander honde nie. Hulle kan maar
blaf. Ons stap ewe vernaam langs mekaar
in die straat, die wêreld behoort aan ons. Ek wil Gunth vat vir opleiding. So, my lysie vir die Nuwe Jaar bestaan uit 2
goed uit. Wat? Nee man, dis gin te min. As ek my studies mooi op datum hou, behoort die kop standvastig te bly en dan sal
Onse Vader sorg dat ek die res reg doen.
Thursday, 27 December 2012
Monday, 24 December 2012
I love my man
Van nou
tot die einde van Desember en 1 Januarie is daar ‘n opgewondenheid in die
lug. Baie mense glo nie aan die
herdenking van Jesus op 25 Des nie, maar die feit is, ons/hulle word meegesleur
deur die voelbare reaksie. Wel, wat maak
dit saak? Jesus het nie gesê as jy
verkeerde dag sy herdenking of krusiging van sy geboorte vier, jy hel toe sal
gaan nie. Hy het gesê, ... Jou God kom
eerste en dan moet jy jou naaste lief hê soos jouself. So, aangesien die Nuwe Jaar nou spoedig
naderkom, kry solank die lysie gereed van wat jy graag sou wou doen om te werk
aan jou siel. My papiergoed/laaste wense
en instruksies is al lankal agtermekaar, maar ek faal die belangrikste taak,
dis my gehoorsaamheid aan God. Gunth is
gedip, ek het sy ore skoongemaak, maar ek skrik as ek vir daai toonnaels
kyk. Good glory, ek sien nie kans om dit
te sny nie. Netnou maak ek my seuntjie
seer. Ons is te arm om ‘n wheateater te
koop. J het iewers een geleen, en die
res van die bossies wat so hoog was waarby my tuinhulp nie uitgekom het nie,
plat gesny. Lyk goed. Ja ek weet, dit gaan weer groei. Hopelik sal een van julle vir my ‘n masjien stuur
en dan hou ons net aan sny en sny. Nee,
ek kan nie gif spuit nie. Weet julle hoe
groot is die erf? We are going green!
Vir die
eerste keer sien ek hoe ‘n voël? ‘n nessie uitmekaar uit skud. Liewe land,
Ek dag dis ‘n teken. Die wit goed
wat so hoog deur die lug val. Skrik my
eers laf, toe sien ek madam is waansinnig daarbo. J J J het blykbaar die nessie al om sy gat
gebou. Soos dit enige ware waansinnige dame betaam, hou sy nie op tot daar NIKS
meer oorbly nie. O my, is alle vrouens
so?
Ek het
nie meer ‘n eetlus nie. As ek dik word,
is dit die gaskoeldrank. Niks wat ek aan
dink wil ek eet nie. Is dit dalk die
teken? J het darem vir my kos
gemaak. Dag 1: aartappelslaai en
tamatieslaai en gaskoeldrank en piesangs en custard; Dag 2: aartappelslaai en
tamatieslaai en gaskoeldrank en piesangs en custard. Dag 3:
aartappelslaai, daar is nie meer tamatieslaai nie, piesangs en custard. Dalk moet ek maar ‘n klein pizza gaan
koop.
O, my
lysie? Well, can you believe it. Sit almal.
Nee, wag, ek sal julle later van my lysie vertel. Vandag, is dit “I love my man day”. In my moontlike 3 minute van normale breinfunsie, take note. Daar is nie ‘n ander man vir my nie.
I love you J
Friday, 21 December 2012
Tuesday, 18 December 2012
Run away
Ek was
presies 4 nagte en 3 dae weg, en in plaas van rustig wees, en bly wees om weer
by die huis te wees, is ek in ‘n nagmerrie.
Ek weet nie hoe om dit te bewoord, sonder om aanstoot te gee nie, maar nou ja, fuck the foreplay. Ek wil graag hê dat julle almal moet besef, dat soos wat ons nou in hierdie sondige wêreld leef, niemand meer krag het om iemand anders se sorge te dra nie. Ons almal se eie eie eie lewens is vir onsself soms ondraaglik. Ek het nie meer die krag om ander sin ook te dra nie. Ek het doodmoeg teruggekom vandag. Gedink hier is vrede vir my. Al wie bly was om my te sien was die diere. Die sexy boodskappe wat ek solank aangestuur het huis toe, onbeantwoord. Ek is verwerp. Ek voel verworpe. Ek is ‘n verstote vrou. Ek is gewoond daaraan dat my liefde onbeantwoord bly, maar dat my jagse praatjies ook nou moer toe gestuur word, het my diep diep gekrenk. Het julle enige idee hoe ek voel???? My life is over!
Ek weet nie hoe om dit te bewoord, sonder om aanstoot te gee nie, maar nou ja, fuck the foreplay. Ek wil graag hê dat julle almal moet besef, dat soos wat ons nou in hierdie sondige wêreld leef, niemand meer krag het om iemand anders se sorge te dra nie. Ons almal se eie eie eie lewens is vir onsself soms ondraaglik. Ek het nie meer die krag om ander sin ook te dra nie. Ek het doodmoeg teruggekom vandag. Gedink hier is vrede vir my. Al wie bly was om my te sien was die diere. Die sexy boodskappe wat ek solank aangestuur het huis toe, onbeantwoord. Ek is verwerp. Ek voel verworpe. Ek is ‘n verstote vrou. Ek is gewoond daaraan dat my liefde onbeantwoord bly, maar dat my jagse praatjies ook nou moer toe gestuur word, het my diep diep gekrenk. Het julle enige idee hoe ek voel???? My life is over!
Ek was
presies 4 nagte en 3 dae weg. Tommy is
ook nou moer toe. Vir die presiese 4
nagte en 3 dae wat ek weg was, is ek verantwoordelik vir die verlies. Dis een groot fokken tragedie. Ek is
lus en doen my: now you see me, now you don’t toertjie. Retards, Tommy is die wit siamees. Ek is baie baie deurmekaar. Ek weet nie meer hoe om te reageer op enige
iets nie. Alle skroewe en skaniere het
losgekom. Wat moet waterpas wees, is
skeef.
Die stelling: hou net op om te kla. Ons het ons beddens opgemaak, so slaap of pomp op
die ding as jy nog gelukkig is om ‘n “aktiewe partner”????? te hê. As jy nie meer ‘n bed het nie, pomp op die
vloer. Terwyl jy nog ‘n vloer het, is
daar heelwaarskynlik nog ‘n dak bo jou kop.
Wees dankbaar.
Ek moet
my gat roer as ek ‘n dak bo my kop wil hou. Ek bedoel in die sweet van jou
aangesig sal jy jou brood verdien. Praat
gerus jou hart uit, maar fok, ek kan nie soos die anti-chris wonderwerke doen
nie. Ek is maar net ‘n dom poepol wat reageer op klagtes en raad gee soos ek dit goeddunk. En ja, soos julle almal geen erkenning kry van enige iets wat julle doen nie, so kry baie ander mense dit ook nie. Jy sien, party mense soek erkenning as hy 'n koppie koffie vir iemand gemaak het. Die ou wat die koffiebone in koffieland gaan haal het, en ook koffie vir iemand gemaak het, soek presies dieselfde erkenning, al was sy werk baie meer. Dis belaglik.
Wat is
die boodskap van die dag? Nee my boodskap sal julle omkrap as ek nou regtig die wasgoedmandjie omkeer. Ek probeer altyd sensitief wees vir ander se gevoelens. Die feit is, ons klagtes en stres gaan meer raak soos die einde van dae naderkom. Ek vra eerder dat ons Vader my genadig sal wees. Hy weet wat Sy wil is vir my. Help my Vader! Help vir Mara, die erkende sondaar. Ek wil nie graag die wasgoedmandjie bo-oor my eie kop omgooi in 'n waansinnige oomblik nie.
Saturday, 8 December 2012
Thanks Dala, 2010
As ek reg onthou, het Dala die vir my gegee net voor julle Knysna toe is. Xmas 2010?
Dankie Vader vir ..... U.
Thursday, 6 December 2012
Tuesday, 4 December 2012
Wyse woorde
I think the environment should be put in the category of our national security. Defense of our resources is just as important as defense abroad. Otherwise what is there to defend?"
--Robert Redford, actor.
|
Friday, 30 November 2012
End of the road
Die einde van die pad. Dis wat ek bereik het. Jy is die rede dat my siel verlore gaan. Ek is van bo to onder vol, maar tog ook so leeg. Ek bou, en jy Mr J, jy breek.
Gevolgtrekking
Ek sal
graag o.a. vir my ouers wil vra: hoe kom julle tot hier. Hoe kom julle tot op 70 of even 80. Al die ouer mense wat ook maar hulle kruis
gehad het, en nog steeds het, en die wat nog steeds fukt-up is, is maller as
tevore. Hoe kom die malles tot
daar? Ek het myself nog altyd gereken as
‘n sterk persoon, maar deesdae wonder ek sterk daaroor. Ek moet dalk my blog verander na: Gedagtes
van ‘n waansinnige.
Ek moet
van daai drade in my bek laat sit dat ek nie kan praat of eet nie. Daar is geen ander manier wat ek my bek sal
hou vir die retards nie. Ek drink nou al
twee strespille ‘n dag, wat net mooi niks help.
Ek kan myself net nie beteul nie.
Gepil of te nie, dit borrel en borrel net uit. Ek het al tou om my vinger vasgemaak, ‘n ring
aan my vinger gesit, alles om te onthou: bedaar. Dit help nie.
Ek gaan nou my goue oefenraam-plastiekkrale om my pols draai. Dalk onthou ek om te bedaar. Julle moet verstaan. Ek probeer regtig om nie te kla oor die
ongeregtigheid van deurmekaar en wanorde nie.
Mens kan nie mense verander nie.
Maar ek faal keer op keer om nie aan te gaan asof ek uit ‘n gestig
ontsnap het nie. Ek het vanoggend tot
die gevolgtrekking gekom, oppad werk toe, dat die grootste probleem ek is. Ek was vas oortuig daarvan. Vanaand is ek skielik nie meer so seker
nie.
-
Mense kan nie verander nie
-
Ek kan nie verander nie
-
Mense en ek kan probeer verander
-
Dis nie te sê dit gaan gebeur nie
-
Die antwoorde wat ek op my vrae soek, kan niemand
vir my gee nie.
-
Hulle kan nie, want hulle WEET NIE HOE NIE.
Sunday, 25 November 2012
Moenie lees nie, slegte taalgebruik
Ek het
gevlug vandag. Myself toegesluit in my
kantoor. Ek sal gestraf word vir die wat
ek my klein goedjies so erg aantrek.
Daar is mense wat regtig erg erg rede het om morbied te wees. Soos die ouma wat nou weer oppad is na haar
vertraagde kleinkind. Sy gaan help haar
dogter met die kind. Ja, dis wat my
verstand vir my sê, maar dis nie hoe ek emosioneel voel nie. Ek dink net dat mens een of ander tyd moeg
raak vir die daaglikse stryd. Wat my
regtig regtig onderkry, is wanneer ek iets vra of sê, en die persoon wat my
moet antwoord gaan uit sy pad uit om seker te maak hy gee my sy kakste
antwoord. Aspris. Ja, ek oordryf nie, aspris. Maar, laat ek net die saak regstel. As ek nie meer kan of wil in hierdie wêreld
of lewe nie, gaan ‘n hele paar mense hulle gatte sien. Maar, nie eers dit maak ‘n indruk op die
retards nie. Op hierdie blog het ek al
baie van my gevoelens uitgelaat, julle is seker al gatvol vir my. Maar, ek sien hier kom ‘n moerse ramp. Onthou julle nou weer, as ek iets opfok, dan
doen ek dit behoorlik. Vra maar die
ouens wat my goed ken. Ek stap maklik na
die eerste en beste vuilste dronk boemelaar toe, en gee alles wat ek besit,
alles alles alles, vir hom. Om in ons
land iets vir iemand te gee ten bate van ons diere, is ‘n klug. Korrupte fokken spul. Ja, en wat my hartseer maak, is dat die
persoon wat my moet bystaan om ONS lewens en bestaan beter te maak, alles doen
om my te breek. Hoe het ons gekom tot
waar ons vandag is? Wie het ons gebring
tot waar ons vandag is? Meestal dom
donnerse ek. Let wel ek sê meestal, want
iemand anders kon ook dalk ‘n stukkie iets iewers ingewerk het. Let wel, ek sê ‘n stukkie. Dis altyd ‘me-time’ as ek wil praat oor
iets. Eintlik sal ek my bek hou as die –
miskien 3 – goedjies wat ek op ‘n dag verwag, gedoen word. Maar dit is te veel gevra. Gaan kyk maar weer na my gedigte, alles wat
ek vra is te veel. En fok my, glo dit nou of nie, as ek iets
bereik, dan word even dit teen my gehou.
Dis ‘n etterse gevoel. Dat ek nie
eers ‘n dom shit-fuck kan gelukkig hou nie.
Fokkon imbesiel fok. Ja, fok
julle, ek kan vloek as ek wil.
Saturday, 24 November 2012
Nie vir sensitiewe lesers
Julle sit
natuurlik in spanning en wag vir my om weer my ware kleure te wys. Almal wat ek ken is Christene. My kollega sê, drink jou strespil in die aand
dan slaap jy beter. Nee, ek drink dit in
die oggend, dat ek ten minste gedurende die dag amper ‘n christen kan
wees. Ek raak mal. As almal wat my ken, asb net nie met my sal
praat nie. Hoeveel keer moet ek dit
fokken vra. Los my uit. Hou julle fokken bekke. Sodra julle met my praat, raak ek mal. Julle is duidelik nie op my vlak nie. Bly stil! Bly stil! Moenie vra nie. Doen wat ek sê, en bly stil! Doen en hou jou bek. Doen en hou jou bek. Voer my opdrag uit en hou jou bek. Geen vrae.
Julle dom vrae en veral die stelling maak my mal. Ek is oppad na ‘n vroeë graf. Hier het die naweek al kos deur die lug
getrek, en kos is plat getrap op die vloer wat skrik vir niks. Ek trap daai peanutbutter rolletjie moer toe,
die maragarien en peanut peul uit en krul tot binne in my plakkie. Nadat ek vir sissie met die ding gegooi het,
en hy my weer met die ding gegooi het.
Dit was gister. Vandag, alles het
goed gegaan tot hy sy bek oopgemaak het, toe moes ek weer die cheese puf of wat
dit ook al is, so met my stuk brood in die hand aanrand, en sissie gryp die
bordjie, ek dag hy gooi my in die gesig met die goed, swaai ek so ewe uit die
pad uit, trek dit bordjie en al deur die lug.
Fuck. Daar lê die goed op die
vloer. Toe ry hy. Seker ‘n hoer gaan regsien. Hy pomp my mos nie meer nie. Ek dink ek walg hom. Nee, ek dink nie so nie, ek weet so. Ons pomp dalk so een maal ‘n jaar. Weet nie of hy sit en draad trek nie. Wie worry.
Julle weet mos ek voel ‘n fok. Ek
is besig om huis uit te gooi. Ek moer
tot die simpel troukaartjie in die asblik.
Geen waarde. Waar die stuk alien-kaartjie vandaan kom weet ek nie. Ek maak nie kaartjies bymekaar nie. As dit nie so hard was nie kon ek dit vir
kakpapier gebruik het. Ek gaan al hierdie
groente ook uitpluk. As sissie nie sy
vrot tamaties en mielies gaan natmaak nie, kan dit vir my part maar vrek. Ek gaan dit nie meer doen nie. Ek wil onsigbaar wees. Ek het myself van facebook afgehaal. Almal se dom kak wat hulle daar praat, is net
een te veel vir my. Ek kan nie nog een
keer na daardie simpele onnosele aanmerkings kyk nie. Dis alles net so leeg soos wat hulle vrot
koppe binne-in is. Ja, daar is fokkol
in. Vrot stink breins, Dalk moet ek drain acid in hulle ore spuit
dat die vrotsel ten minste kan uitspoel.
Fuck. My seun steur hom in elk
geval nie aan my nie. Ek follow sy lewe
op facebook, maar as ons in Afrika dan nie meer waarde het nie, so be it. Wie worry.
En moenie Merry Chrismas vir my nie asb. En geen ander goeie wense
nie. Ek het nie sulke wêreld-gemaakte-skynheilige-woorde
nodig nie. Al wat ons moet doen,
is: wees lief vir jou naaste. Dit beteken wees in stilte lief, verdra
mekaar, Dit beteken nie: praat kak
nie. Hou jou bek. Dan is jy lief vir jou naaste. As jy jou bek hou, kan jy nie skinder nie, of
sleg praat, of vloek, of te veel vreet ens ens ens. nie. Jy kan ook nie praatjies maak om mans se
aandag op jou te vestig dat jy hulle verhoudings of huwelike kan opbreek
nie. Of vir hulle blow-jobs gee nie,
julle slette.
Tuesday, 20 November 2012
Take a walk on the wild side
Ek en
Gunth het gaan oefen vanoggend. Geen
voorvalle. Ons het sommer weggespring
met ‘n draf. Oppad terug, dan gaan staan
hy in die koelte teen ‘n boom, lig die been so half skeef van moegheid en maak
of hy wil pie. Net om bietjie te
rus. Sy verdiende loon. Vroeg-oggend toe lê hy al en loer vir my soos
‘n moedswillige kind. Ie Ie ... ie ie
maak hy, en as ek vir hom kyk, dan kyk hy weg.
Sy manier om te sê ons moet nou gaan loop. Ek het geweet hoe gouer ons gaan, hoe gouer
hou hy sy bek. Dis vrek warm in Gauteng
vandag. Ek en Gunth speel speletjies
langs die pad. As hy begin om die mense
se gras uit te krap op hul sypaadjies, dan los ek hom, maar loer eers of
niemand sien nie. As daar ‘n kar kom,
dan trek ek hom so ewe beskaafd weg van die gras af, ons het maniere. Ek het besluit om die effek van drain-acid te
toets op bossies. Met my half stukkende
bottel en ‘n plastieksak om my hand, was ek reg vir die eksperiment. Hier en daar het my asem weggeslaan, en het
‘n paar druppels op my voete beland, en het ‘n druppel gewaai op my arm wat ek
sommer gelek en gespoeg het, en toe proe ek net drain acid. Toe lek ek maar sommer die hele arm net in
case. Sommer met die spuitslag, dan sak die bossie aarde toe. Wat ek eintlik wil sien, is hoe lank vat dit
dat daar weer op die spesifieke plekke wat ek gespuit het, weer bossies te
groei. Oral is daar swart dooie bossies.
Vir my baie beter as groen mooi bossies. Die wêreld is erg
deurmekaar. Geld is oral ‘n
kwessie. Humeure loop hoog, desperate
mense, uitgawes raak meer, uitgawes raak duurder. O my, waar gaan ons eindig. My een pilletjie het nie gehelp wat ek
gedrink het nie. Ek raak weer bietjie
histeries. Ek wou so graag met my
baaiklere wou rondstap vir ‘n hele week, by die see of swembad sit vir ure
sonder om te worry oor sand en ‘n skoon lyf.
My lyf smag na koel water. Ek is
ontwater. Ek sal hou van Knysna se
strand – daar waar ek gesien het die monster-wurms wat hulle uittrek onder die
sand. Sal ek nou bang wees om weer in
daardie water te spring en baljaar? Nie dat
ek weet hoe spring en baljaar ‘n mens nie.
Gunth en ek sal hardloop oor die duine, en so nou en dan, soos hier in Gauteng, dan trap hy op my plakkie waar hy kort agter my aankom met sy massa, dan vloek ek hom ....
Ek lees hierdie boek: The Fairest Among Women –
Shifra Horn. Oulik man.
Wednesday, 14 November 2012
Sweetie
Almal vra
waar is Tip Tolletjie. Tolletjie is
oorlede, sê ek, terwyl ek skuldgevoelens ervaar. Iemand sê, as ek aan jou dink, dan sien ek
Tolletjie se ou bekkie oop oop vir kossies.
Is my naam nou Mara Tolletjie? Tolletjie,
jy het met soveel passie in jou lyfie geleef.
Jy was die grootste voël. En die
manier wat jy self jou bekkie aan jou beddegoed afgevee het na elke ete, was
verstommend. En hoe jy soos ‘n baba
geslaap het met die ogies toe, tot ek jou wakker maak, was genoeg om my hart te
laat pyn van emosie. My hart het baie kamers.
Saturday, 10 November 2012
In die begin
Die
wêreld het my/ons ingesluk. Ek is so
bewus van my eie lewe-gang elke dag, elke dag het ‘n ander storie. Ek verwaarloos my mense. Wie is my mense. Ek weet net dat ek ‘n behoefte het om vir my
mense te sê: Ek gee om vir julle. Moet ek sê: ek het julle lief? Klink nie reg nie. Ek sukkel met die lief woord. Dis leeg en het geen betekenis vir my. Ek sal eerder vir julle waarborg, dat julle
‘n kamer in my hart het. Ek en Gunth het
gaan stap vanoggend. Ek het hom laat
loop oor die pers Jakaranda-blommetjies.
Dit was my manier om vir hom te vertel van sy kamer in my hart. En terwyl ons oor die blommetjies stap en die
bye om ons vlieg, toe val daar geel blommetjies uit die hemel oor ons
koppe. As iemand van lank lank gelede, voor dit
Oestyd was, ooit eendag vir julle sou sê,: sy het geen erg aan my gehad nie, sê
vir hom, hy het ‘n kamer in my hart gehad.
Friday, 9 November 2012
My liefste Tip Tolletjie
Die veearts het vir Tip Tolletjie
gevat. Sy sê die opgeblase sakkie onder
die vlerkie, is die lyfie se manier om ‘n wond/seer te beskerm. Dis hoekom Tip Tolletjie so ‘n sakkie gehad
het. Met die wat Tommy dalk vir
Tolletjie gevang het, het sy tande/nael iets gekrap aan die sagte lyfie. Maar Tolletjie eet soos ‘n haas. Aanmekaar.
Wat nou gebeur, Tolletjie bly agter, word gesond gemaak, en word dan
weer uitgeplaas om ‘n normale lewe te voer.
‘n Gesonde voëltjie as alles goed gaan soos beplan. Ek sal Maandag gaan kyk wat daar aangaan. Ek wil nie ‘n voël in ‘n kou aanhou nie. Sonde.
Al hoekom ek vir Kokkie in die hokkie het, is oor sy aangeneem is en nie
‘n ander lewe ken nie. Sy is ook nie
vandag se kind nie. My hart is seer oor
my Tolletjie. Ek weet nie wat aangaan
nie. Ek sit heeldag en huil oor voëls. Miskien is daar onderliggend ‘n probleem wat
die trane so laat vloei. Dalk het ek depressie.
Dalk het ek voëlsiekte. Ja, sien onder. My kop is suf, my oë betraand en my keel
geswel. My kam verkleur nou nie, maar my gemoed verkleur in 'n kwessie van 'n sekonde.
griepagtige simptome veroorsaak met sufheid,
betraande oë en opgeswelde kele. Die kam van die voël verkleur dikwels ook.
Sommige voëls sterf vinnig na besmetting.
Thursday, 8 November 2012
Net maar nog 'n dag
Kyk hoe mooi groot is ons
al. Vanoggend het ek gewonder of hy nog
lewe toe ek 4:20 my dag begin. Lê hy met
toe ogies en slaap. Ek het eers bietjie
geskrik. Dalk was hy nie gereed om sy
dag so vroeg te begin nie. Die mense by
die werk is mal oor hom. Hy het sommer
TWEE hokke persent gekry, en baie wurms uit die tuin. Hy moet veearts toe vandag. Onder die linkervlerkie lyk dit geswel. Hoop nie dis ernstig nie. Iemand het gesê lyk of hy ‘n “breuk”
het. Wat de hel. Kyk hoe oop is die bekkie. Ons altwee eet te veel. Kry mens 'n breuk van te veel eet? Hoekom het ek dan nie 'n breuk nie?
J is ook al weer kwaad vir
my. Ek oefen nou om glad nie meer te praat
nie. Ek kom mooi reg. Ek het net gisteraand weer geskel oor al die
deure gesluit was toe ek Kerk toe wou ry.
Plaas hy gee my punte vir my probeerslag, in plaas daarvan om sy moer te
strip. Ek wou ‘n epos of sms stuur om te sê: sorry. Ek het nie.
Ek glo nie aan al hierdie skynheilige woordjies wat almal heeldag loop
en praat nie. What’s done is done. Sorry verander niks. Sorry as jy in ‘n ander vrou se broek wou of
het geklim het, of wou geklim het, what the fuck, sorry se moer. Ek kan baie redes uitdink hoekom ek geskel
het oor die gesluite deure. Geldige
redes wat dom dose voor sal val, maar ek mors nie my tyd met kak praat
nie. Dan vloek ek eerder maar nog ‘n
bietjie.
Sunday, 4 November 2012
Gauteng
Sy sit en wag dat J vir haar die
kraan kom oopmaak.
Liefste Gunth
Ons twee het gaan stap, en
toe draf ons. Kyk hoe moeg is hy. Ek moet sorg dat hy fiks
is! In case of crime. Oral waar ons beweeg, word hy behoorlik
aangekyk. Soms, voor ek uit die pad van
aankomende mense beweeg, kan jy sien hulle trap ietwat onseker, asof hulle
rigting verloor het. Crazy dog! Crazy
mama!
Liefste Baba
En asof laas naweek se begrafnis
nie genoeg was nie, sit ek met ‘n baba.
J het hom betyds kon red van Tommy. Ek het
hom gisteraand horlics en water gegee, en vanoggend het hy horlics
gedrink. Die bekkie lekker oopgemaak vir
die gedoente. Watwou? As horlics vir my
help, kan dit seker ‘n baba-voël se lewe red.
Ja, ons kom nog by die pap uit.
Laat my dink aan hoeveel katte al deur ons grootgemaak is op
Idealmelk. Hy bly nou in my pienk plastiek koekblik.
Ek het vir hom 'n baba wurm gaan uitgrou in die tuin. Dit mag gebeur. Dis die diereryk. Ek het sorry gevra toe ek hom in twee moes sny sodat ek die twee dele in die baba se bekkie moes sit. Ek het dit met horlicks afgespoel. Nou slaap hy.
Tuesday, 30 October 2012
Sunday, 28 October 2012
My Geelbekkie
my Geelbekkie se hartklop kom sit tussen my vingers
my
Geelbekkie se ogies is moeg en dof,
en
sy pragtigste lewe beweeg, weg,
lala sag, lala weg my bekkie
het my droewige siel van hulp gewees?
het my droewige siel van hulp gewees?
Friday, 26 October 2012
My skip
Wanneer verlaat die Kaptein sy
skip? Mooi gedink, is hy op die einde
daar met al die rotte wat onvermydelik saam met die skip sal ondergaan. Dit gebeur soms dat die Kaptein te lank
vertoef, wat fataal is. Dis heelwaarskynlik
baie emosioneel om te sien hoe die massiewe skip die diepe donkerte afsak. Daar waar niks is. ‘n Koue watergraf. Ek raak bang as ek dit visualiseer. Ek voel soos die Kaptein. Wat leer ons?
Kaptein, moenie te lank vertoef.
Wil jy regtig saam met die rotte ondergaan? Vir hulle is daar geen ander uitweg nie. Jy het ‘n keuse, Kaptein.
Moet ek gaan met leë hande, moet
ek só my Heer ontmoet? Die liedjie draai
in my kop. Nie een siel gewen vir Jesus
......
Ja Jesus. Ons is sondaars. Maar ek wonder maar net. Soos ek in die lewe gekom het met geen gedagte
waarvan ek bewus is, sal ek dan maar eerder so uit die lewe gaan, met geen
gedagte of lading van goed of sleg in my hart.
Kan ek leeg uitgaan soos ek gekom het?
Dink U nie dit sal beter wees vir baie mense?
Kan ons vir oulaas berou en
vergewe en vergeet, en dan leeg bly?
Ewig
jou ritme het nog nie my lyf
verlaat nie
ons beweeg as een
lig lig
smeulend
twee siele kleef mekaar
daar waar die begin was is nou
ook die
eindeloos
daar waar die einde was is nou
ook die
Monday, 22 October 2012
Yes I do
Ag tog my liefste onskuldige
sensitiewe lesers. Julle ken duidelik
nie die emosies waarmee ek worstel nie.
In julle volmaakte voorgee-lewens is daar nie ‘n fok nie. Julle sinne is skoon en heilig. Probeer tog verstaan dat ek nie so kan wees nie. Ons het nou al baie dinge deurgegaan op
hierdie blog. Van hartseer, jags, siek,
jaloers, mislik, ens ens gaan ons aan. Ek
het my idees, en vir my is hulle reg.
Enige iets wat nie na genoeg aan mý reg is nie, verwerp ek dadelik. Ek is net so.
Ek probeer altyd beter dink, beter weet, want ek wil ‘n beter toekoms hé. Ek probeer regtig hard. Iets wat my hard probeer in die wiele ry,
maak my histeries. Ons is deur bekering,
liefde en so en so gaan ons aan. Dit lyk
my ons gaan die dag bereik dat my waansinnigheid my einde gaan beteken. En die beste van alles, julle gaan dit
beleef. Byt net vas. Hierdie is soos ‘n storieboek, dit sal nie
verweer of die blaaie uitval nie. My
woorde sal vir altyd vasstaan in hierdie sondige lewe. Jare na my waansinnigheid en as julle ook al
dood is, sal daar nog mense wees wat toevallig op my blog afkom. En onthou net altyd, ek val julle nooit
persoonlik aan nie. Ek val die wêreld se
mense aan as ek begin jy en jou. Moenie
sensitief wees nie. Die jy’s en die jou’s
is die mense wat my pyn veroorsaak.
Geweldige pyn. In my hart. Soms in my gat. I love you.
Sunday, 21 October 2012
Just too bad
Ek en J het vanoggend besluit
dat dit beter is vir hom om ‘n lewe sonder my voort te sit. Ons het saam besluit dat ek geoordeel word as
‘n slegte vrou. Ek doen niks in die huis
nie, en buite die huis beteken ek ook nie veel nle. Oor die algemeen gestel, is ek ‘n nul op ‘n
kontrak. Ek sit heeldag en blog, en hier
moet ek darem vir myself opstaan. Dis my
blog, en ek gee nie ‘n fok om wie dit lees nie, of wie ‘n opinie oor my blog
het nie. Inteendeel, het ek nog nooit in
my lewe omgegee wie wat dink van my nie.
Die opinies van ander mense raak nie aan my nie, m.a.w. ander mense se
oordeel, goed of sleg, ek voel ‘n fok.
Julle beteken niks vir my nie, nou waarom sou wat jy dink, my enigsins
pla. Dit bring ons terug by die punt van
my slegte nuttelose bestaan. Ek stem
daarvoor dat ons nooit moes getrou het nie. Sonder om skaam te voel, (daar is nie
skaamte in my lewe nie) gee ek hom nou die kans om ‘n nuwe lewe te begin. Met my reputasie, sal die mense wat my goed
ken, net hulle koppe skud. Ja, ek
weet. Mara was maar nog altyd links van
die regering. Van ek my oë oopgemaak het
was ek sleg. Dis dalk hoekom my pa my weggegooi
het. Ek verdien dit. Dis vir my lekker om in ‘n vuil plek te
bly. Dit gee my vreeslike genot om
tussen vuilgoed te trap met my kort, dik gat, moet ek klein treëtjies gee dat ek
nie oor die sand wat van buite af ingetrap word, gly nie. Dan slaap Johan nog, en ek skuifel-skuifel
die gang af. Was ‘n patetiese gemors is
ek nie. Ek trap oor die klere wat die hele huis vol lê. Ek bereik ‘n orgasme met hierdie een. Hoe vuiler dit buite is, hoe meer raak ek
liries, wonderbaar, wonderbaar! En as
die geld aan die einde van die maand inkom waarvoor ek hoer, dan sing almal hallelujah. Dit maak nie saak hoeveel stres het dit
gekos, as ek dit wat ek doen, so doen dat dit lyk asof ek nie ‘n effort ingesit
het nie. Want dis hoe ek werk. Ek werk vinnig en effektief. Dis hoe ek die geld inkry, Ek pomp vinnig en effektief. Heeldag word daar vergelyk hoeveel ek en hoeveel hy gedoen het. Sleg,
sleg. So, daar is nou nog ‘n huwelik wat
ek sy gat laat sien het. Julle wil nie
weet die hoeveelste een dié was nie. Kan
die Vader my nog aankyk? Is daar nog
genade vir my oor? Of het ek al my
genade al opgebruik. Om nie eers te
praat van al die planne wat ek maak vir die oudag nie. Fok, waar kom ek aan al die gemors wat in my
kop uitbroei? Kan ek nie net soos
miljoene ander mense net ophou probeer om dinge beter te maak nie? Soos miljoene ander mense wat op hulle oudag
fokkol het, nie eers kos nie. Wel, ek
neem aan J (dis johan vir die met die fokkol IK’s- dom fokkon dose) is
verlig. Ek is moeg geskel en gevloek en
histeries geraak. Nou wonder julle
waaroor, wel die met die fokkol IK’s, julle sal duidelik nie verstaan nie.
Thursday, 18 October 2012
Eerder niks
Het ontmoetings in ons lewens met mense, mense wat ‘n defnitiewe merk op ons gelaat het, goed of sleg, ‘n rede
gehad? My antwoord is: laat hierdie
ontmoetings eerder tevergeefs wees. Want
ek kan nie die pyn van ‘n rede of enige ander herinnering hanteer nie. Die gewig wat ek dra is alreeds te swaar
Wednesday, 17 October 2012
Well Done
LIFE IS A JOURNEY ...
I don't try to walk better than anyone else. I only try to walk better than myself.
Saturday, 6 October 2012
Eco Girls!
Ek dink ek moet hierdie groepie noem: die groepie wat alles geweet het. Regtig, ek het dit in my lewe – op 50jr – nog nooit belewe nie. Het ek verlore geraak in my eie lewe, ek ken nie sulke mense nie, en het ook nog nooit sulke mense geken nie. Waar was ek al die jare? Dis skrikwekkend. Hulle weet net mooi ALLES. Ja, ek lieg nie. Mediese terme, politiek, kos, boeke, ens ens ens ens ens ens ens ens. Ek het eers gedink Maryna lieg as sy so uitpak en uitpak en praat en praat. Maar toe kom ek agter sy weet regtig al die dinge, en sy ken regtig die hele wêreld se mense. My soul!
Die ou by die werk vra vir my: was jy by die braai gisteraand, nee sê ek, ek was Kerk toe. O né, sê hy. Jy praat niks van die vakansie nie, moes jy nou eers met die Padré gaan onderhandel. Ja, sê ek, dis tien dae se confession. Dit het die hele aand gevat.
- Maar, sondaars soos jy lanklaas gesien het, die groepie wat alles weet. Die Maryna loop van plaas tot plaas en steel blomme. Daleen loop en poep die wêreld vol. Ek loop stil stil en poep teen die opdraendes uit. Arme Magriet probeer ewe sedig die vrede bewaar in die kamp, maar moenie worry nie, sy rook, ja regtig.
- Ek voel jammer vir al die diere wat in die koue moet slaap.
- Maryna vra vir die kelner ‘n vaas met water vir haar gesteelde malva, die meisie probeer verduidelik: met ‘n malva, moet jy eintlik ......... Val Maryna haar in die rede: hey man, ek is nie stupid nie. Lyk ek vir jou blond? Ek weet darem hoe om ‘n malva te plant! Shame ...
- Ek bekyk die toeriste wat so vernaam rondstaan, hulle clown-gesigte is op, Die een ou probeer saam met die gids sing wat die klavier speel op Matjiesfontein. Jy kan sien hy weet nie hoe mens maak om snaaks te wees nie. Sy hele liggaam is styf. Ek kry ‘n kramp. Die vrou by Smits Winkel met die veteraan-motors; jy kan op haar gesig en lyf sien dat haar byeenkoms die belangrikste in die wêreld is. Sy het status. Ek kry ‘n kramp. Die mensdom is klein, maar tog so groot.
- Johan, jy is die blom in my lewe.
- Die aarde ruik soos flapjacks.
- Hoop is om geloof te hê in wat jy nie kan sien nie. Soos die einde van die pad, om elke draai, nog ‘n verdere aanhoudende opdraande. Soos somtyds in ons lewe, dit hou net aan en aan. Hou aan hoop girls.
- Die groepie: oe en aa. Julle, dis mooi. Mense, dis mooi. Julle, dis mooi. Ek dink hulle het vasgehaak.
- Maryna: blase op haar voete.
- Elmarie – one hot sun-chilli lip. Val soos ‘n mummy om by die dam. My uitrusting vol modder. Die fotograaf natuurlik dadelik daar om die verleentheid op kamera vas te lê.
- Daleen, jy is snaaks. “Julle, ek kan nie so baie eet nie” En dan hou sy aan en aan kla oor al die kos. Blerrie hel, dink ek. Jou magie is klein. Daleen praat met afgemete woorde. Ek sien deur haar: ‘n jong meisie met ‘n liedjie in haar hart. Sagte mooi mond. Hou aan praat Daleen, dit klink mooi op my oor. Jy lê saggies in ons harte. *Fotograaf van die jaar*
- Magriet, jou loslyf hippie met jou hart in jou oë. Jy stap met ‘n losse lyf waaraan ek my verkyk. Vredemaker. Standpunt. Ok ons sal ons probeer gedra. Maryna, ons moet maar eenkant gaan skinder van Joker dat Magriet ons nie hoor. Ons hippie girl. Vry van gees.
- Maryna, jy is ‘n skoenlapper. Jy vlieg van mens tot mens, skarrel warrel, hoe kan enige een jou vergeet? Geseënd is jy, jou talente is nie verberg onder ‘n maatemmer. Jy is baie spesiaal vir God. Jy is sy Turkish Delight Malva girl.
- Die aarde ruik soos flapjacks.
- My bene is styf. Ek staan en pie soos ‘n man. Van ek die kuns bemeester het, pie ek agter elke bossie wat ek laaik.
- Elmarie, ek is maar net Mara Barbara Gunther. Dis genoeg vir my.
- O ja, Magriet kan lieg ook. Sonder om te blik om te bloos maak sy haar naam gat. Iemand vra vir haar, is jy Andre se vrou Magriet? Nee sê sy, met haar naam in bold en hoofletters op haar jakkie. Sy is daar voor. Die iemand kom daar voor. Watter een van julle is Magriet? Huhh?? Daleen: sy kom daar agter? Huhh? Wie moet geoordeel word hier- Magriet of Daleen.
- Ons trap die bulte. As jy stop, floor jy. Aanhou aanhou uithou girls.
- Tossie, jy is ‘n pragtige hondjie met die hart van ‘n leeu. Swem in koue bergwater, lei die groepie vanuit ‘n toesighoudende posisie agter in die bakkie, net die swart gesiggie steek uit. Vol ronde oë bekyk die pragtige landskap om haar. We love you. Ja Toss. Ons kan baie leer by jou girl. Die lewe is ‘n lied.
- Dit reën. Ons gly-trap versigtig om nie te val nie. Ook om nie die baba-blomme raak te trap nie. Dit groei in die middel van ‘n paadjie. Ons gaan die volgende dag terug om weer te gaan kyk – hulle is weg. Klein gekleurde koppies het teruggetrek, waar’s hulle? Ons stap op Jesus se asem. Sysagte vlerkies uit Jesus se mond. Oral, kleure en geure. Dankie Jesus.
- Die aarde ruik soos flapjacks.
- Moet nooit iewers gaan sonder wet wipes. Loop ek so ewe, gee ‘n paar poepe, kom toe agter iets is nie wel. Ek lek. Ek weet die volgende ruspunt is om die draai. Voorwaarts Mara. Ek bevlieg die toilet met die inkom, wet wipes, dankie tog, trek maar die panty uit. Loop ewe sonder ‘n panty na die bakkie toe. Die girls het al begin eet. Ruk my sak oop, pluk ‘n panty uit, klim agter in die bakkie. Loer eers waar is Joker. Trek my panty aan. Vir die eerste keer in my lewe weet ek hoe voel dit om ‘n baba te wees. Die wonderlike gevoel van ‘n skoon broek. Girls, weet julle hoe dit voel. Ek voel vry. Like a bird.
NOODHULPKASSIE:
Wet Wipes
Nog Wet Wipes
4 x Pantys; Serp – vir koue, hitte, wind, snot; Sakdoek – vir snot, muggies en toiletpapier; Pleisters; Spier Pille; Maryna se Olie vir seer spiere en dalk help dit vir insekbyte; Regte toiletpapier; Skêr; Rooiwyn en natuurlik sunblock vir die lyf en iets vir die lippe; masker vir 'n sun-chilli lip. Bogenoemde behoort in die noodhulpkas te wees. Ek glo nie iets anders is nodig nie.
Die aarde ruik soos flapjacks.
(Indrukwekkende fotos en ‘n kort
opsomming van die toer is beskikbaar op aanvraag – vir my bewonderaars wat nie
die marathon kon doen)
Friday, 5 October 2012
Girls - When the going gets tough - the tough gets going
Nou ja, so het die Eco Ultra Marathon tot ‘n einde gekom. Vir ons wat so getrou elke dag die pad aangepak het, was dit amper skokkend vinnig. Ek en Maryna het stil-stil verkeer op die pad terug na Kaapstad. Die lyf en die kop kon nie die skielike stilstand mooi bymekaar bring nie. Ons girls het wel geweet dat ons gereed was om nog ‘n 301 te doen. Magriet het gesê: gee my net een dag om my wasgoed op datum te bring. Ons groepie was handskoen-pas vir mekaar uitgesoek om die dae saam te beproef. Voordat ek oorgaan en beledigend raak, of skokkende onthullings maak, of spesiale oomblikke deel, sal ek darem die tradisionele “oe en aa” doen. Die sentiment beklemtoon. Girls, you are wonderful. Magic. Om sulke spesiale mense op te tel langs die pad, wil regtig gedoen word. Mooi onse meisies. Super-girls.
Thursday, 13 September 2012
SSK 301
Ag, julle weet seker nou weer nie wat dit beteken nie. 301 is die vreeslike gedoente wat ek nou weer aanvang. Hoe hoog is die berg, kan ek dit doen? Ja ek kan. My grootste bekommernis net die voete wat dalk van sweet of iets blase kan vorm. Ek het gister kamtig ‘n trialrun gedoen, en in die nag wakker geword met ‘n nekpyn. Toe drink ek gou ‘n brufen. Ja, brufen werk vir baie dinge. My nek was styf. Dis die laaste keer tot na die marathon wat ek met julle sal praat. Ek sal probeer fotos neem. My kollega het sommer self ‘n storie hier aanmekaar geslaan van: sy gaan saam met 5 ouens die berge stap. Ja, beaam ek, en las by : I will tell them: How do ya do? Please to meet you. I am single. I have no child or crow. Show me ya wallet. Die inwoner wat my gedoop het SSK noem my: sy soek kos, maar in hierdie geval sê hy, moet ons dit nog steeds noem SSK, maar ons noem dit: sy soek kak. (my kar se registrasie)
Dis snaaks hoe mense onwetend die spyker op die kop slaan. ‘n Ander Pastoor maak die opmerking dat ek ‘n lieflike mens is. Ek sê toe nadat die storie by my uitkom, dat hy blykbaar net die een ou Maratjie ken, en nie die ander een nie. Wraggies, spyker op die kop. Dis so! Ek eet tot nou al vir twee Maratjies. Waar ‘n rokie trek, moet daar mos ‘n vuurtjie brand. Double vision. En dan gaan julle my nou weer nie glo nie. Ek sien deesdae double vision. Sover ek loop, sien ek goed verby my beweeg. Ek sweer, tot nou die dag, toe ek in my kantoor sit by die werk, tap iets my op die skouer. Gisteraand weer, sweer ek iemand skop my laptop se kragprop voor my voete in, terwyl ek die tou uitmekaar probeer haal. Anderdag is ek ook op die skouer gedruk by die huis. Is the double vision following me? Is it a double tapping now? Am I eating for the other person. Was this person hungry? Trying to remind me that it is time for a snack?
I do not know. Ek weet wel dat ek in die laaste maande beleef het hoe ander mense jou lot kan bepaal. Ek weet waar moet ons geloof lê, maar dis altyd eers donker voordat jy kan vrede maak en berusting vind. Mense se motiewe en die manier waarop hulle beslissings fel oor ander, is absoluut skokkend. No mercy. Daar is altyd iemand wat gereed is om jou uit te haal. Sprakeloos. Watch out.
Maar, die eindelose gespook van mense om iets te probeer wees. Dis die een vergadering na die ander, alles net praat praat praat tot vervelens toe. Is ek versadig? Nee, kos sal my nooit versadig. Ek praat van ‘n ander versadig. Ek kan nie meer verstaan hoe raak mense opgewonde. Ek sien die ou in die bank, rasend opgewonde, hy is oppad iewers na ‘n ander land seker, hy lag en gesels en praat praat praat, en ek kan nie verstaan wat daar aan die storie is wat hom nou so opgewonde laat nie? In die eerste plek is die ure-lange vliegtuigrit ‘n nagmerrie. Tensy hy gaan om iemand te red, om ‘n verskil in die lewe te maak, wat kan tog so aangenaam wees? Julle met die diepe begrip sal my verstaan. Hoeveel kan jou oog inneem om jou te versadig? Hoeveel mooi kan jou oog sien, indien dit nie jou hart ook kan raak, en daar dan iets uitvloei wat die mooi effektief maak. Dit gaan te lank vat om die dommes te verduidelik hoe werk die woord versadig. Kom ons skip julle maar net. Ek laat julle met die IK’s met die gedagte. Ok dommes, julle mors my tyd, maar hier is ‘n klein voorbeeld. Kan jy vir ure en ure en dae en maande sit en kyk na ‘n mooi berg, ‘n sneeubedekte heuwel, jou skoonpa op sy trekker? Julle sal seker erg gefassineerd wees. Ek dink as daar ‘n beseerde skaap op die trekker was wat gered word, sou ek vir maande en maande kyk, andersins sal ‘n tweede kyk my al begin verveel. If you know what I mean. Ok ons praat weer anderdag.
Sunday, 9 September 2012
Friday, 7 September 2012
Relax-time
Ek weet nie wie gaan julle die
dag entertain as ek nie meer daar is nie.
Julle verlekker julle so in al my skaamkry. Maar toe maar. Ek gaan julle nog ‘n staaltjie vertel. Nee bokslagters, jy snuif dit nie deur jou
neus nie. Dis ‘n storie. Maar baie, baie belangrik hierdie keer, is
onthou tog net, dat hierdie ander mense is wat ek van weet wat die goed gedoen
het. Ek sal maar wel die hoofrol vir
julle speel .......
Ek kom nou die aand van die kerk
af. Ek stop voor die hek, klim uit die
kar uit, sluit eers die kar, beweeg na die hek toe en sluit die slot oop, en
stoot die hek oop. Met die omdraaislag,
wragtag, sal julle my nie glo nie, verskyn daar eweskielik ‘n skaduwee regs van
my, oppad bo-op my, dit alles in die straatlig, maar ek skree, ‘n
bloedstollende diep geluid van agter my keel nogal uit, en ek koes, en fok,
sien ek dis my skaduwee. Met die kom my
man uit die garage gehardloop om my te red, maar toe skrik ek nog groter. Ek draai rustig om, want ek het die beweging
toe nog nie heeltemal uitgevoer nie, en ek sluit die kar se deur oop, en hy
vra: is dit jy wat so skree, “nee, wie skree vra ek?” Ek klim in die kar en trek in die garage in
terwyl hy die hek toestoot. ‘n Ander
hond wie se naam toevallig ook Gunthie is, het intussen op die toneel verskyn
agv die snaakse geluid, can you believe it?
Hy soek ook rond na die gedoente wat sulke geluide maak. Nou hoor ek agterna, die pepperspray was in
die hand, reg om gespuit te word, in die hardloop word die bottel nog geskud
ook om seker te maak die inhoud is mooi los .... kom om die hoek, reg vir aksie,
niks gaan aan (voel soos ‘n dom doos).
Ek is natuurlik dadelik bed toe. Dit beteken die res van die huishouding
is reg vir relax-time. Me-time. Niemand was hande voor me-time of
bed-time. Die behoefte van elke ware
man, me-time, is totterman-speel time-rub the balls-time. Pepperspray-hands-time. Cool!
I love a happy ending!
Saturday, 1 September 2012
Sunday, 26 August 2012
Raar maar waar
As jy iets aanhoudend by iemand
leen, sal hulle dit mettertyd vir jou gee (dankie Elizabeth vir die sportsak)
Ek sien toevallig ‘n ding wat
soos ‘n hoedjie lyk in Gunthie se hok.
Dit lyk baie na ‘n hoedjie wat ek vir iemand in Buffelsbaai gekoop
het. (toemaar Gunth, die keer het ek dit
ver weggegooi) sorry sissie,
Mense maak net hulle skoene skoon
as hulle vir ‘n onderhoud gaan. Nie eers
Kerk toe gaan is inspirasie genoeg nie. (sies jong)
Gunth het gesê hy wou eintlik ‘n
brandweerman geword het. Jy sal verbaas
wees met die angstigheid wat hy ‘n vuur blus.
Die potensiaal is so duidelik daar.
Ek steek iets aan die brand, kom hy aangehardloop, blaf en blaf en blaf,
druk my uit die pad uit, en trap die vuur dood.
My baby boy! I love you. – wat is so raar maar waar aan die
brandweerman-storie? Dis raar dat ek iemand
kan liefhê.
Ek neem nou gereeld vir Gunth vir
‘n middagstappie. Die stappery by die
klub is ok, maar met my Gunth is daar iets spesiaal aan die uitstappie. Ons twee doen ‘n 5km, terwyl ek so nou en dan
stres, jy weet nooit met Gunth wanneer val hy aan nie. Sonde om te sê, julle bokslagters kak as
julle die storie oorvertel! Hy het amper ‘n klein baba van haar plastiek
fietsie afgehaal. Blykbaar was die
gedaante/gedoente van ‘n ding wat lyk soos ‘n hasie op ‘n scooter wat
girts-garts oor die sement en klippe ‘n vreemde verskynsel. En mens weet ook nie hoe sien Gunth wat met die ou een ogie nie. Gelukkig het ek hom styf op ketting, en kon
ek hom betyds terugpluk. Die mom en dad
het so groot geskrik, nie ‘n woord van hulle gehoor nie. Al wat ek kon doen was om hom terug te pluk,
en die shockstok te laat rattle hier by sy neus. Ek kan mos nou nie vir seuntjie shock
nie. Hy was net so onkant gevang deur die gebeurlikhede. Dalk moet ek maar daai strespille
begin drink. Ja seuntjie, daar is oral crime. Nie eers 'n walk in the park is meer veilig nie.
Friday, 24 August 2012
Niks meer
Dis snaaks wat kos kan doen. Ek het soveel opgekropte geen sin van die lewe in my, ek moes dit net met julle bokslagters deel. Gelukkig het ek myself dik gevreet, nou voel ek net moeg en die drif waarmee ek my gevoelens met julle wou deel, is die helfte minder.
Ek mag vra wat is die sin van die
lewe. God het self vir Adam gesê:
vervloek is die aarde om jou ontwil, met moeite sal jy daarvan eet al die dae
van jou lewe. Ook sal dit vir jou
dorings en distels voortbring .... in die sweet van jou aangesig sal jy brood
eet .. As God dit gesê het, mag ek seker
sonder om skuldig te voel my hart oopmaak en sê: ek het nie meer sin vir die
lewe nie. Niks wat ek doen, sal op die
einde van die dag goed genoeg wees soos wat ek dit beplan het nie. Alles is tevergeefs. Niemand maak meer regtig saak nie, is
dit? My menslike natuur is so swak, as
God nie vir my genade het nie, is daar niks wat my sal red nie. Daar is vir my geen redding buiten genade
nie. Genade ook, vir hierdie doellose
gevoel, nuttelose gevoel, op die einde van die dag, die vreeslike sondige
gevoel wat ek te bang is om te uiter, ek voel nie meer die wil om te lewe
nie. Alles is tevergeefs. Vader vergeef my. U weet die swakkeling wat ek is. Moenie my oordeel hieroor nie. More voel ek weer beter.
Maar vir nou wil ek net vir die
bokslagters laat weet van die stryd in my. Sal ek weer sin vir die lewe kry.
Ja, wie weet.
Ek probeer die beste wat ek kan, blykbaar is dit nie goed genoeg nie.
If you know what I mean. Wanneer jy deur die maskers van mense begin kyk, dan begin jy op gevaarlike terrein beweeg. Dis hulle wat jou in 'n toestand kry - hulle is oral om jou - jy kan hulle nie miskyk nie - dalk is ek self een van hulle - sal ek maar my Gunthie vat en op 'n berg gaan bly. Daar is niks meer in hierdie wêreld wat ek begeer nie.
Tuesday, 21 August 2012
Gertjie het sy vinger op een of
ander manier met ‘n vreeslike skerp mes ‘n groot gat ingesny, sodat die
vingervet so uitpeul. Nou weet ek nie
wat presies met die vinger die probleem is nie, Gertjie sê die vinger moet nou
eers weer gebreek word dat dit kan reg aangroei. Gertjie is die outjie by die Kerk. Ek sê toe vir hom: Gertjie, koop ‘n bottle brandewyn,
dan drink jy die helfte skoon uit, dan eers breek jy die vinger. Maar oppas, as jy dalk dronk is, breek jy die
verkeerde vinger, dan is twee vingers moer toe.
Hy lag toe net en vra nege rand om te leen vir sigarette.
Die hairdresser loop
met sulke kort treë, dan swaai sy die lyfie so heen en weer. Sy staan toe voor my kollega, en probeer
haarself baie ryk en vernaam hou deur te sê: Mauritius is die mooiste plek in
die wêreld. Die pragtige wit strande,
die mooiste mooiste kleur water (ek kan nie die kleur onthou) O! die beste plek waar ek nog was .... (swaai
lyfie) .... (swaai lyfie). Ek kyk vir my
kollega, sy ken my kyk, toe sê ek, Ag weet jy, ek en kollega hou niks van Mauritius
nie. Ons gaan sommer Bona Core dam
toe. Dan braai ons, dan suip ons, en
netnou swem ons tussen die hyecinte (ek sal later die spelling kyk), en dis net
party-time. Wie wil nou gaan rondloop op
‘n boring strand. Ons is waar die aksie
is. By die dam. Regte damduikers. Ons eet barbers. That is life.
Sy kyk my so geskok aan, toe swaai lyfie sy ewe verleë by die deur
uit.
Ja, waar is die dae. Ek was ‘n damjoller. Ek het boom gerook, geswem, en sexy
gewees. Ja, dit was dieselfde tyd toe
die ouens wou gehad het ek moet vir hulle strip. Hulle was super jags. Maar ek sal julle los dat julle maar verder
die storie uitdink. Think what you like
hey. Freedom of speech, freedom of
thinking!
Friday, 10 August 2012
Karate Kid
Ek het so ewe braaf al my goed uitgepak om te werk, nou is ek nie lus nie. Ek sal eerder gaan slaap. Een broodrolletjie later met 'n sojapatty en my oë val toe.
Gaan maar tee drink om langer wakker te bly. Ten minste tot 7uur
(ha ha). I am NOT joking.
Daar was 'n inwonervergadering vanoggend, toe maak ek my appearance.
Die wat toe nog nie gesien het nie, sien toe die hare. Ek is ook
nie links nie, en begin daar met 'n modeparade vir hulle.
Toe ek klaar is, stap ek agtertoe, en
daar sit die voorsitter so ewe. Hy sê toe: Elmarie, ek hoor jy is 'n
expert op pruike. Kan jy ons dalk help?
Natuurlik, ek weet alles van pruike af, sê ek toe. Sy vrou is nou
half in 'n ander wêreld, nou moet hy haar help aantrek ens. Lyk my die
hare het hom ook onder gekry. Hy gaan ook nou pruik koop!
Ek het die hare gister gewas met babashampoo en stasoft, die vrou by die
oord wat al jare pruik dra het die resep gegee, alles in koue water.
Vanoggend toe lyk ek weer soos 'n nuwe vrou en ruik so lekker. Ek
het nou 'n koue tamatie geeet, nou pyn my tand. Blerrie hel.
Darem het Johan die skottelgoed gewas, net 3 potte en 3 bakke gelos.
Ek sal dit seker more moet doen, dalk doen hy dit voor ek daarby uitkom.
Ek het nou die dag een van Johan se plakkies in Gunther se hok gekry, toe
steek ek gou die ding weg onder die tafel in die eetkamer. Paar lelike
merke daarop. Hy het toe glo gesoek na die ander een, en kry toe 'n
brainwave dalk het Gunther die ding, en wragtig, kry hy dit in sy hok.
Dit was toe ek Klerksdorp toe was. Hoop nie hy het my hond
aangerand terwyl ek weg was nie. Gunthie sal hom byt. Hy vat nie kak
nie. Gunther wag net tot Johan sit,
dan kom lê hy voor die glasdeur en "ie ie ie" Dan vlieg Johan op, dan
jaag hy hom, dan vlieg ek uit, dan vloek ek Johan, " ek gaan jou fokkon
wegjaag - gaan soek vir jou ander blyplek” Dan gaan sit ek, dan gaan sit
Johan, dan kom Gunthie weer terug, Dan is dit weer Johan wat opvlieg"
voetsek”, dan vlieg ek op, jou dom p*@s ..... fokkon damduiker, dan moer ek
hom, nou die dag toe skop ek hom op sy been, en toe kap ek die wasgoed
ophanglyn se pote in sy tone in, hy skree, ek attack. Tot Kokkie
begin naderhand skree. Ek wonder of die mense hier agter iets kan sien,
of die gevloek kan hoor!!!! Ek is 'n damduiker.
Ek sê vir Johan, doos, ek mag nie sulke bewegings uitvoer nie (karate
kid) - nie in my kondisie nie! Hierdie oefening hou soms aan vir ‘n hele paar
uur. Op en af, vloek, skree, op en af ... En al die goed gebeur net as Gunthie sien ek is by die huis.
Kyk ons maak hom klaar. Tot Sandy, as hy op die bank sit, dan kom
staan sy so ewe voor hom, dat hy kan move, sy wil graag daar lê. Hy gaan
ons almal nog uithaal, (ok ok have
mercy!)
COMMENT: One submarine down!
Ons is mal damduiker maplotter fokkers! Don't mess with us!
Ons is mal damduiker maplotter fokkers! Don't mess with us!
THANKS DOLL!
Subscribe to:
Posts (Atom)