Sunday 30 June 2013

BeyondTheGates (Pty) Ltd




Wat bedoel julle?  Laaste keer geblog in Meimaand?  Yes, dead right.  Julle verstaan nie die tye waardeur ek is nie.  Van kluisenaar-vrou tot moeder, van mislukte beroeps-vrou tot my eie besigheid in ‘n kwessie van 2 maande.  Ek glo dan moet daar iewes ‘n letsel wees.  If you know what I mean.

Ja, ek is nou ‘n security babe.  Ek sal probeer om ‘n bitch van ‘n security babe te wees, want dis hoe dit moet wees.  Ek is deur diep waters.  Mentally en anders ook.  Hoe lyk die logo?  Hoe laaik julle die naam?  Cool.  Ek voel ‘n nuwe mens.  Ek was so besig, dat ek vergeet het hoe om so te wees dat amper niemand van my hou nie.  Ja. Ja. 
Ek het wraggies vandag die moed gehad om my beddegoed om te ruil.  Die lekker sagte warm rooi duvet het al die donse van die kombers opgetel, en sover ek en my kind asemhaal, kry ons hooikoors.  Maar ons lê.  Ek het nou vanaand ‘n ander plan gemaak.  Die dun koue duvet is terug op die bed, darem skoon ok, en ek het die baba-katte se warmwater-sakkie  wat met elektrisiteit  werk in die bed gaan sit.  Ek hoop nie daar is intussen ‘n brand gewees nie.  Sal seker iets geruik het.  Daar is nie nou geld vir elektriese komberse nie.  Met kattie Oupatjie se mangelontsteking, kattie Oupatjies se gebreekte tand, kattie Ronnie se vrot tande, in ‘n kwessie van 2 maande moes Johan R5000 uithaal.  I am telling you the truth!.  Ons leef in stress en armoede.  Ek toets nou hierdie metode vir bietjie hitte.  En intussen brand die verwarmers in Johan se kamer, en in my studeerkamer.  Dis wraggies te koud om vrekkerig te wees.  My suster is dalk oppad hierheen.  Ek lê nagte wakker en dink hoe gaan ek haar laat werk.  Sy kan my help met die Sangfees, sy kan my webblad skep, sy kan kos maak, sy kan my help tik ....... Wat?  Moenie stupid wees nie.  Ledigheid is die duiwel se oorkussing.  Vra haar sy sal getuig!   Sy moet uitgaan in die veld en die besigheid gaan haal.  Sy is ‘n sexy babe.  Wow.  Kan julle sien hoekom kan ek nie slaap nie? Soveel moontlikhede in die lug.  My brein skakel nie af nie.

Dan net om my heeltemal van stryk af te bring, kom vra iemand my of ek dieselfde tipe werk wil doen wat ek nou doen, net op ‘n ander plek.  Nee regtig.  Ek kan nie ‘n oomblik langer in hierdie beroep bly nie.  Ek het genoeg gehad.  Ek wil uit.  Uit buite toe, uit, Beyond the Gates.