Wednesday 30 November 2011

Gunther se storie

GUNTHER

Ja, Gunther.  Wat sal ek sê omtrent hom.  Miskien kan ek begin deur te sê dat vanaf die eerste dag wat hy ongevraagd by die erf ingestorm het, dinge nooit weer dieselfde was nie.  Ek onthou ek was in die stort, toe ou Samuel iets skree van:  “Kom vat hierdie hond!”  Ek was nie so seker of ek reg gehoor het nie, veral toe dit baie stil raak.  Toe ek na ‘n rukkie uitstap om die gassilinder buite toe te draai, sien ek Samuel loer huiwering om die hoek van sy kamer.  Ek vra toe wat aangaan, en hy beduie half bangerig na die toilet en sê daar is ‘n hond in.  Ek, wat natuurlik niks van honde hou nie, skrik my toe flou toe ek om die hoek loer en die swart-gesig hond sien.  Good glory, tref dit my toe, as die ander honde op die erf hierdie hond hier kry, is dit ‘n bloedbad.  Ek roep toe my buurvrou wat toe dadelik haar honde toemaak, en ewe braaf die swart-gesig hond in haar kar laai sodat hy haar kan gaan wys waar hy vandaan kom.  Moet sê, ek het ‘n effe van ’n wyntjie geruik …   Wel, so is sy daar weg, en ‘n uur later terug sonder die hond, wat sy iewers langs die pad afgelaai het.  Sy het gedink, as hy terugkom na die huis toe is dit ‘n teken.  As hy nie terugkom nie, good riddance.  So is die hond vergete, en die volgende aand, dieselfde tyd, net toe ek uit die stort uitkom, wat sien ek?  Fuck me!  Die swart-gesig hond staan voor die hek!  In ‘n onbesonne oomblik vlieg ek toe met my pajamas die straat in, om weet nie wat te doen.  Die hele buurt was naderhand in die straat om die hond te probeer red.  Natuurlik wou ek nie die vuil brak in my Pandatjie laai nie, en word die SPCA toe gebel om hom te kom haal, nadat hy my die pad vol gesleep het met my pajamas sonder ‘n panty onderaan.  Trust me om toe nou weer so voorbarig te wees om hom te besoek by die SPCA.  Dit was nie een dag nie, toe doop ek hom Gunther.  Wel, as jy so na die merke op sy lyf kyk, kan jy sien hy is ‘n fighter.  Gunther het een skewe beskadigde ogie gehad wat seker in ‘n fight beseer is.   Al wat ek kon doen, is om met my besoektye net my handjie so deur die tralies te steek, dat hy bietjie kon ruik en nie te alleen voel nie; en hoop hy byt nie my vingers nie.  Immers moes hy mos my reuk al ken na die gestraat-slepery.  Was ook nie te lank nie, toe mag hy maar sy spoeg op my hand drup en soms het hy so opgewonde geraak as ek daar kom, dat hy so geproes het dat die spoeg in my oë beland het.  So het die SPCA dan vir Gunther leer ken.  Ek was elke dag daar, en wou hom met alle geweld aanneem.  Kon hom nie na my huis toe vat nie, want ek bly in ‘n bachelorflat met my vier katte.  Sit ek toe nou een Sondag in die kerk, en raai wat?  Die Pastoor kondig af daar is ingebreek, en my klokke begin lui.  Ideale oplossing!  Gunther kan die Kerk oppas.  Half histeries is ek toe van opgewondenheid.  Half histeries raak die SPCA toe hulle die perseel besoek en agterkom Gunther gaan alleen daar slaap.  Half histeries begin ek eposse stuur en die Nasionale SPCA mal maak oor ek nou eenmaal die hond soek en dis dit.  Half histeries raak almal by die SPCA as hulle my sien, en die naam Gunther hoor. 
 Die eerste hond wat ‘n naam het nog voordat hy behoorlik ingeboek is.  Half histeries bel ek my vriende, die koerant en nog meer.  Elke dag sorg ek dat my hare gedoen is net in case die koerant ‘n artikel wil skryf oor die swak en onsimpatieke behandeling wat ek by die SPCA kry.  My senuwees is breekpunt, so ook die personeel van die SPCA as hulle my sien inkom.  Plan B:  die hond moet bachelorflat toe.  My landlord praat met sy vrou, half histeries is sy want sy haat honde!  Na vele besoeke en gatlek en vernedering kry ek uiteindelik my sin by die South African Citizen en die SPCA, en Gunther kan huistoe kom.  Een probleem, die heining moet hoër gemaak word.  Ek kry ‘n spannetjie by my werk om dit skelm te doen.  Oppad breek die bussie, en ‘n mechanic moet ontbied word.  Al die spanners en tools word oorgelaai in my Pandatjie.  Daar is nie plek vir ‘n muis nie.  Ek vra nogal: “is alles in?  Kort hier nie iets nie?”  “Nee, alles is in” beaam my spannetjie vanonder uit die drade wat bo-oor hulle gepak is.  Toe ons by die huis intrek, vra die een,  waar is die pale?  Histerie:  Ek skree:  fok die pale!  Gaan steel fokken pale, en gaan nie terug ry nie!  Hulle gaan grou skelm tussen my landlord se goed en kry sy nuwe gordynrails.  Soos die een dit opsit, verf die ander een dit groen.  Net toe trek die landlord daar in.  Ek sê so ewe: “julle moet mooi werk, hy is vol kak”.  Ewe verbaas is ons toe hy die groen pale beskou en sê: “wag, ek gaan haal gou die grinder, julle pale is heeltemal te lank”.  Staan ons en proes en loer vir mekaar, terwyl hy onwetend die prop inplug en sy eie rails moer toe saag.  So het Gunther dan huis toe gekom.  Maar ek moes die ligte sien flikker het toe ek sien hoe Gunther ewe windgat die Spca-personeel vir oulaas rondsleep.  Vir my het dit heel normaal gelyk op daai stadium.  Goed, die kastrasie het goed verloop, maar toe ek en Gunther terug moet gaan om die steke te laat uithaal, breek hy los en hardloop alles uit die aarde.  Die dokter kom toe uitgestorm uit die spreekkamer en sê hy dink dis beter dat ek self die steke uithaal.  Ek is nog besig om aandag te gee, toe pis Gunther ‘n goudgeel massa in die netjiese ontvangkamer.  Heel gestres is ons almal, en word ons  kar toe gehelp.  Ek besluit toe:  genoeg is genoeg.  Dis tyd dat Gunther opleiding kry.  Gelukkig trek ek my tekkies aan vir die klas .  Toe ons daar kom, begin hy met sy dinge.  Sleep my rond, die vrou sit ‘n ketting om sy nek, en baie beneuk probeer hy maar sy samewerking op sy manier gee.  Die finale knak kom toe daar ‘n ander hond inkom sodat ons met die klassie kan begin.  Sy kop los hom, en hy wil die hond net opvreet.  Die afrigter verwurg hom toe vir paar minute, maar moes tou opgooi, want glo my,  Gunther is ‘n fighter, en hy sal wragtig nie onder gaan nie.  No ways.  So word ons toe uit die klassie uitgegooi.  Weereens word ons kar toe gehelp.  Good glory Gunther!   Ek lê weer vir ‘n paar nagte wakker en dink wat kan ek doen dat hy bietjie van sy energie ontslae raak.  Ek kry ‘n brainwave!   Ek vat hom twee maal per week na die kerkgronde toe, waar hy lekker kan hardloop.  Ek koop vir hom ‘n bal dat ons bietjie kan speel, hy vat die bal met geweld by my af en kou dit stukkend.  Ek koop vir hom ‘n mooi band vir sy nek, hy vat dit met geweld by my af en kou dit stukkend.  So nou en dan strip ek, dan moer ek hom met die elmboog in die bek.  Hy leer darem mooi karmaniere; ek weier om in die kar te klim as hy voor wil inklim.  Hy leer baie vinnig, en duik gou weer agtertoe as hy sien ek pluk my moer.  My Pandatjie stink ene hond en die sitplekke is vuil.  Ek gooi maar ‘n deken oor, maar een keer se uitgaan, en als is weer vuil.  As hy onseker raak van sy situasie, dan spring hy op my. 
My pap spiere kan dit nie hanteer nie, en ek val gewoonlik rond en vloek hom deur dit alles.  Ek kan ook nie sy beddegoed uitskud nie, hy vat dit met geweld by my af, en maak sy eie bed reg.  Fuck me!    As hy sien ek kom met ‘n band of ketting, raak hy bemoerd en vat dit met geweld van my af.  Hy haat dit as ek met shit kom.  I had a dream ......
By die kerk besluit hy, hy is nou die baas van die plaas.  Niemand mag naby daai hek kom nie.  As ek en hy binne is, bly die wêreld buite anders kry hulle met hom te doen.  Hy hou my die heeltyd in oog.  Hy sal nie gaan lê, totdat ek gaan sit nie.  Hy is baie beskermend teenoor my en volg my blindelings. 
Nou sit ek hier, half weemoedig.  Ek het heeltyd geweet hy kan nie lekker sien met die oog nie.  Moes hom toe maar naderhand na my veearts toe vat, Spca het ons finaal verwerp.  Die ogie is heeltemal blind, en moet verwyder word, is nogal ontstellend vir my, so finaal, my arme Gunther.  Het ons weer die wêreld warm gemaak om hom in die veearts se spreekkamer te kry.  Daai vroumense het hom gery soos ‘n perd, die handlanger het ook bygekom, maar fight het hy gefight.  Hulle kon hom nie onder kry nie, ook nie die harnas om sy bek kry nie.  Die bliksem het my weer daar rondgesleep nadat ek met ‘n gesukkel die band om sy kop gekry het.  My stresvlak was skyhigh.  Op een stadium het ek gesien die vloer kom vinnig nader, maar ‘n wonderwerk het gebeur en ek het op my voete gebly.  My klere was stukkend.  Ek was half histeries en het my bes probeer om kalm te bly.  Maar een ding staan soos ‘n paal bo water.  My Gunther is ‘n fighter, en ek het hom lief daarvoor.  As die ding verby is, sal ons seker nie weer nodig hê om gou weer iewers heen te gaan nie.  Al waar hy hom gedra is by die Kerk.  Miskien voel hy aan hy is nou op heilige grond.  Of dalk hou hy hom net heilig oor hy weet dis die Kerk. 
Intussen:
Maar, asof dit nie genoeg is nie, is die landlord moerig vir my.  “Hulle” voer mos my hond toe alles nog wel gaan, kool en pasta.  En ja, natuurlik bekak Gunther toe mos die 10vk grasperkie en toe later die plaveisel met sulke slap stink shit.  Ek kan die histerie nie beskryf wat toe uitbars nie.  Wel, sê ek toe na die uitbarsting van die South African Citizin:  ek en Gunther pak.  Die katte staan vas agter my, en saam begin ons toe te kyk vir ‘n huisie in ‘n bos.  Daar waar ons kan shit en duiwe vang en biltong eet.  Min het ons geweet, ons gaan ‘n paleisie in ‘n bos kry. 
Kyk net hoe blou is my arm.  Wat vir my snaaks is, ek waarsku aanhoudend die vyand as ek en Gunther oppad is, gee selfs vir hulle ‘n paar tips.  Al samewerking wat ek kry is net sulke ongelowige kyke tot die shit begin, en dan is dit natuurlik te laat vir verdere samewerking.
Nou sit my arme hond hier buite, sy oog potblou en geswel.  Ek wonder wat hou die toekoms vir ons in ........  I can still dream ......

KYK DIE BRIEF WAT EEN VAN MY VRIENDINNE AAN DIE NASIONALE SPCA SKRYF.  EK  HOU VERAL VAN DIE DEEL WAAR DIT GAAN OOR DIE OU KINDERTJIES BY DIE KERK.  PRAAT ONS VAN DIESELFDE GUNTHER HIERBO AS HIERONDER IS MY VRAAG?

3 Februarie 2010

For the attention of MrSizaba


In connection with the dog, called Gunther in cage Nr 8 at the premises of the SPCA

Reffering to the adoption of abovementioned dog, I would like to bring to you attention that mrsElmarieGiambo is well known to me.

After she phoned me, the late evening when she had found the dog, we were planning how we could ensure that the dog is given a good home, when he is not claimed.

She had already contacted several people to adopt, and with no luck, until the pastor and the staff at the church we trilled to have a dog on the premises. It will also help the little ones who have no animals of there own. compassion for every living creature God has made.
There are so much love to give to the dog all throughout the day.   Every evening Mrs Giambo, and sometimes her sister and niece, will visit the dog and ensure that everything is OK for the night.   She, and a few friends, encluding me, will provide food and conditioning tablets, also some treats.

We are also planning to take her dog, Gunther, to training classes with my dog.  My dog had already undergoiing a basic training programme and together we will take the two dogs for training.  

Kindly consider her well equiped for the task in providing a good home.   There is nou reason for ending the life of a pet that will have much love, and give so much love.

I am assuring you that this dog, and the circumstances under which it was found, has so crept into the hearts of people, and those are against cruelty to animals, that it will have the time of its live between the lot of us. 

Kind regards

Hannetjie Myburgh


Thursday 24 November 2011

Die Stryd

Ongebôre woorde
 kramp op my hart
sielsverlange
droogte vol smart
diepte van jou
O, kuil van my hart

**
Berg en dal
heuwels in dou
my liefde in jou
vallei so nou
rotshelling wat ru
binne my opstu

**
was tóg vir my
wie jy wou hê
en op wou lê


**

As ek alle teerheid onder kwarantyn plaas en jou met donker oë beskou
kan jy eenvoudig nie
daarin slaag om my te behaag nie

As ek alle harmonie uit ons verhouding laat val oor ek voel daar’s nie plek vir jou nie
begin ek mor
oor jou klein irritasies
wat hoog lê
 voor my

As ek alle domheid uit my kop kon  skud om tog net kan uitvind wat dit is,
selfsug of verdienste




om maar net nou-nou weer
aan jou oor te gee

om maar net nou-nou weer
hygend onder jou te lê
en te weet daar’s weer plek
 vir jou

is dit selfsug of verdienste

**
  
Die liefdesdriehoek:  die begeerte om ‘n heilige lewe te leef saam God versus om saam met jou ‘n onsekere toekoms tegemoet te gaan versus die sonde in my vlees wat hunker na jou.  Hierdie driestryd wat ek voer  wat elke keer ‘n botsing veroorsaak.  Hoe graag wil ek jou tevrede stel en alles opsy druk sodat ons twee kan verby gaan, maar dit wil nie so werk nie.  Keer op keer breek ekke weer deur tot frustrasie.  Roep God na my maar my sondige vlees is in opstand oor dit na al die jare se geroep meteens ‘n antwoord kry?  As die hele ek in afwagting sit om deur jou besit te word?  Skud ek dan net my kop met skrefiesoë en frons oor hierdie ding.  Wat sal ek tog maak?



Friday 18 November 2011

My hart het baie kamers

HOEVEEL KAMERS HET MY HART ?
Ongelooflik die emosies wat in elke kamer gestoor word.   Met elke herinnering, bekende klank of geur van lank terug word die deur oopgeruk en vlieg die goed uit wat onwetend nog gestoor word.
Dis my gedagtes wat die deur oopmaak.  Dit gebeur net vanself en voor ek weet ervaar ek weer allerhande pyn en verwyt en hartseer.  Partykeer troetel ek die hartseer.  Hartseer volg  na goeie tye, daarom die gevoel van verlies.  Gevoel van leegheid in jou maag.  Maar die goed wat my pyn veroorsaak gooi ek dadelik terug in die kamers.  Ek kan net nie toelaat dat dit in my kop kom sit nie.  Glo dit of nie, daar is sekere gedagtes wat nooit minder pynlik raak nie.  Is dit omrede jy jou hart of jou brein nie toelaat om daaraan te vat nie?

Uit die bloute sal ‘n deur oopgaan
En ek sal wonder wat in my hart omgaan
Wat my so onverwags laat agterkom
Van die leegheid in my maag
Vir ‘n paar minute sit ek doodstil
Daar is niks in die lug
Swaartekrag dwing my grond toe
Daar waar jy ook is
My hart het baie kamers
**
Swaartekrag dwing my grond toe
Daar waar berou ook is
Ek sou so graag my lewe oorleef
Dat my maag vol kan wees
My hart het baie kamers
Maar hierdie een mag nooit oop wees
Toegepleister met sielesmart
My hart het baie kamers

Thursday 17 November 2011

Uit my digbundel: Hy wil my nie los nie


HY WIL MY NIE LOS NIE

en so tussen my verwyte en selfbejammering deur kom ek op ‘n dag tot die gevolgtrekking dat God my nie wil los nie.  Daar kom dae dat ek sonder ophou doenig is met goeie woorde uit goeie boeke.  Dan verval ek weer sonder ophou vir dae aaneen.  Soms probeer ek dan weer die dinge los wat ek weet my lewe gaan kos.  Pogings wat vinnig kom en gaan en vergete
raak tussen die poging om voor te gee dat ek in beheer is, sê Mara.

Dan op ‘n dag voel ek soort van verplig om gelowiges op te soek.  Ek bekyk dié mensdom krities.

     op ' net soort van verplig om .  



Julle lyk vir my

regtig arm
selfs ietwat verwaarloos
en ek sit haweloos
op die agterbank in die hoek

ek het ‘n mooi rok aan

julle groet
praat sagte woorde
ek kan nie iets sê
daar’s ‘n ding in my keel

gaan kyk eerder
wat brand
want my oë traan van die rook

Aangedaan