Thursday 24 April 2014

Liefste Oupatjie

Vanaand is jou plekkie in die huis meer as net leeg. Ons mis jou stem. Ons kry nie meer as die twee sinne uit nie want die trane rol verdere gedagtes in warm druppels van ons wange af. Liefste meisie.

Sunday 20 April 2014

Die wind

Net soos die wind wegraak wanneer ek my hand toemaak net so raak 'n lewe weg. Siel gees verdwyn. Kan God dit sien. Waarheen. Asem. Weg. Here.

Loop die beker oor. Here. Here.

Thursday 3 April 2014

Dit was 'n eer Oupatjie

Om jou te ken. Watter wonderbare skat. Jy laat so 'n baie baie groot spasie in ons lewens. Nooit sal dit gevul kan word nie. Opgekrul. Ek vat aan jou. Jy slaap.  Ek huil vir jou en sy pyn. Ek huil oor jy buite moet slaap. Ek huil oor jou graffie koud sal wees in die nag. Ek huil vir wanneer dit gaan reen en jy nat sal word. Ek huil oor ek nie na genoeg aan jou gaan wees vannag nie. Oor hy nie na genoeg aan jou gaan wees nie. Gunthie jy moet baie daar loop. Gunthie jy moet nie dat Oupatjie alleen wees nie. Ons almal. Ons moet baie daar wees.