Friday 27 November 2015

Illusie

Ware geluk en al daai goed is slegs 'n illusie. Ek dink ek moet net onsigbaar word.

Sunday 1 November 2015

Flames of Love

Gister 5 jaar getroud. As jy my en verhoudings van nader bekyk dan is daar 'n formule op my van toepassing.
Dit is: 1 maand = 1 jaar.
Dit beteken dus: ek het een befokte huwelik met 'n befokte persoon.

Friday 16 October 2015

Love

Love is not blind - It sees more and not less,
but because it sees more it is willing to see less.

Tuesday 8 September 2015

26 jaar se spore

Het ek vanmiddag in 26 jare se spore gestap. Elke tree was onbeskryflik gevoelvol. Dat na soveel tyd ek dit kon opvang en soos water oor my lyf gooi .....

Tuesday 25 August 2015

Maggie


Ons meisiekind Maggie se sonnetjie het vanoggend onder gegaan. Ai Maggie. Onse liefling skat.

Sunday 12 July 2015

Nagskof

Hulle het mekaar se koppe bygekom. Versnipper mekaar se hare. Vol gate. Ek gee hulle 'n sker om maar eerder alles stomp af te sny. "En as julle mekaar se koppe nou gaan raaksny en een tjank dan neuk ek julle!"
Ma V het my gewaarsku. 5min engeltjies en 5min duiwels. Ek ry wipplank saam die 5min. Nes jy dink alles is verlore dan kom daar weer 'n goue oomblik. Die een waar die onverklaarbare gevoel na vore kom. En meer as wat jy graag wil wys kan jy nie help om te lag.

Friday 10 July 2015

Die Sirkel

Alles begin en eindig by dieselfde plek. Stof tot stof. Ek dink ek is nou besig om van kind tot kinds te beweeg. Is dit nou die einde van my sirkel? Ek is terug in die kinderhuis. Tannie, daar is 'n groot verskil tussen 'n koshuis en 'n kinderhuis! vertel die kind my. Ek bly net stil. Asof ek nie weet nie, dink ek. Wees julle maar die slim seuns. Vertel my dit en dat. Ek luister met gepaste verbaaste oe's en a's om te bevestig ek slaan ag. Maar waar kom die liefde in my hart vir hulle vandaan? Is dit hoe dit voel om kinds te raak? Amazing
Is daar in ons lewens die geleentheid om te vergoed wat ons verbrou het? Kry ons die geleentheid daartoe en hang dit af van onsself of ons dit gebruik?

Sunday 19 April 2015

Wat word, Here

Ons wat ouer is Vader, het geleentheid gehad om meer insig te kry in die lewe. Maar Here, wat van die wat so vreeslik na aan ons was, wat ons lief gehad het. Wat jonk van ons weggeneem is. Is daar vir hulle bietjie ekstra genade.  Die liefde tussen man en vrou, daar by U ..... maar ...

Wednesday 8 April 2015

Suksesvol

Agter elke suksesvolle bitch kry jy 'n man .... wat die rede is daarvoor ....

Monday 6 April 2015

Ewige rus

Wanneer laas het 'n skaap vir jou geskree: maaaaa maaa" en dan antwoord jy: ja my ou meisie"
en gesien hoe bad mossies in jou voorplaas in die stof
en gehoor hoe moooo die koeie
en gesien hoe loop klein kinders sorgloos in die grondpaaie
en gee jy 'n beseerde voel slaapplek op jou grasperk
en raak jy kinds as jou hoendertjie vir jou eiertjies le
en raak jy liries as jou haantjie die dagbreek uitskree
en groet die kalkoene jou in die oggend
en gaan staan die beeste stil om hallo te se as jy deur die veld verby hulle stap met klitse in jou kouse
en die plaasboer stop eers om hallo te se
en die trekker dreun verby jou
Vader dankie




Friday 27 March 2015

Awh?

Wena. Was dit regtig nodig om vir Windgat te vermoor Gunther jou blerrie hel jy slaap van nou af buite jou maaizer blerrie gee die pinkie dan vreet jy die hand ek skop sommer jou rug af jou pes blerrie vraat jy kry nie weer kos nie jou blerrie moer

Saturday 21 March 2015

Wintie

Blerrie klein hel. Jy's terug! My groot meneer sit in die lemoenboom en wag vir my die hele oggend!

Windgat

Groot meneer. Baai.

Tuesday 3 March 2015

Die einde

Aangesien Israel nie meer op die map is nie en die wereld nou gaan vergaan stuur ek 'n boodskap na my sussie en vra vergifnis vir enige sonde wat ek gedoen het moedswillig of per ongeluk. Ek verwag toe 'n hartseer briefie van wat ek moet doen as die wereld ontplof en dat sy meer sonde as ek het ......
Kan julle glo word ek toe ipv getroos vertel ek sit alleen in my skippie en worry oor niemand. Ek delete sommer die hele spul van verontwaardigheid. 'n Christen maak mos nie so nie, dink ek. Met die damm demon voor my probeer ek toe uitpuzzle waar het ek tog verkeerd gegaan.....
ja ek is in my skippie.
ja ek is alleen in my skippie.
as jy dalk vir 'n klein rukkie wil inklim is fine maar ek gaan jou in any case uitsmyt as jy jou bek oopmaak.
waar het ek dit verloor



Sunday 11 January 2015

Thursday 1 January 2015

2015

Waar het ek myself verloor. Ek sien ek het nie eers 'n 2014 boodskappie gehad nie. Maar daar is altyd genade onbeskryflik groot.  Die moordenaar by die kruis kan getuig.  Baie baie genade maak nie saak wat. Vra net. Nuwe Jaar alles wat was sal weer wees.  Nuwe omstandighede en uitdagings.  Ek sal darem probeer om te "recap" sover my geheue dit toelaat vir 2014.
 2015 se boodskappie is dus dat jy uit jou kassie moet klim om genade reg te kan verstaan.  Met oppervlakkige sienswyse gaan jy dit nie snap nie.  As jy verbysterd staan dan weet jy dat jy gesnap het.