Monday 28 May 2012

Katastrofes met 'n helmet


Ek wonder nou, die wat ek so in die lig staan lately.  Ek dink ek het iewers een of ander kragte ontvang.  Miskien het al die stres ‘n deel van my brein oopgesluit, of daar was ‘n ontploffing.  Hoekom?  Jy sal my wragtag nie glo nie!
Sissie tart my mos so, en jaag vir Gunther die wêreld vol, hy mag nie blaf nie, hy mag nie kak nie, hy mag nie klipkoppe vang nie.  Ek pluk my moer solid.  Gunther is nie ‘n pissie-meisie-lip nie jou dom kont.  So gaan slaap ek met my dik bek.  Ek sien al hoe maak ek groot kak.  Gunther het nie juis iets verkeerds gedoen nie, hy klim maar net so nou en dan deur die sitkamer se venster.  Nou ja, get a life! 
Ek word een uur vanoggend wakker.  Ek hoor goed.  Ek staan op, sit ligte aan,  kyk rond, alles is reg, gaan klim terug in die bed.  Nou lê en luister ek eers.  Dis koud as ek in die bed klim, maar later kry ek warm dan trek ek maar die langbroek uit.  Ek hoor weer goed.  Ek dink, wel, ek moet my gat lig.  Wil nie dat ek onkant gevang word deur crime en dan staan ek sonder ‘n broek nie.  Ek staan weer op, sit ligte aan, kyk, sien niks, gaan klim terug in die bed.  Neem kennis, dis die eerste nag wat ek so rusteloos is.  Tot Sandy, mamma-kat, hoor naderhand dieselfde goed.  Sissie staan op, kom vra my hoekom is ek so op en af.  Ek hoor goed, sê ek.  Hy gaan vorentoe om ondersoek in te stel.  Ek sien deur die gordyn hy loop buite met ‘n lig.  En wat wou?  Ek het nooit agtergekom die sitkamer se venster is oop nie, want ek neem aan die katte wat ek nie kan sien nie, is by hom in die kamer.  So het Bokka, plot-kat ‘n trick of twee geleer by Gunthie.  Sy het wragtig die venster oopgemaak en drie van die weerlooste katte is weg.  En waar, hulle loop die hele buurt plat en eindig drie ure later by die bure.  Dis die eerste keer in hulle lewens dat hulle buite die grens beweeg.  Nou vra ek jou, hier kan die met die goeie IK die antwoord kies.  Retards, hou julle bekke, ons worry in elk geval nie oor julle nie.
1.      Het ek met die ontploffing ‘n helmet gekry op my kop?  Die tye wat ek wakker was, was die katte lankal buite.  En die goed wat ek gehoor het, het geklink asof dit uit die dak kom, en een stadium hoor ek ‘n gekrap teen 'n deur in die gang.
2.    Was dit payback-time vir sissie oor hy my hond mishandel?  Amper is al sy katte moer toe; as my helmet my nie wakker gemaak het nie ....
Sissie het eers vyf uur weer in die bed gekom, nadat hy gesukkel het om die katte verby die hond te kry.  Bure se hond is nie Gunthie se shit werd nie.  In plaas van blaf vir sissie wat op en af is voor die erf om die katte uit te kry, hardloop die hond op en af en waai sy stert.  Welkome besoeker in die oggend-ure.  Ja, as jy wil stront maak, wees reg om dit te eet.

Sunday 27 May 2012

D-day - still fucking with me?


Iewers het iets erg geknak in my kop.  Dis al 'n geruime tyd - dit raak net erger.  Ek dink dis die dom donners wat ‘n agro in my wakker gemaak het wat ek nie kan beheer nie.  Daar is ‘n padvark wat hom nie gedra nie.  Sissie vra, moet ek stop en hom donner.  Ek sê, stop dan donner ek hom.  Maar die woede is nie eintlik gemik teen die padvark nie, dis die mense om my, waarmee ek moet saamleef.  Sissie o.a.  Iewers het daar net ‘n lig deurgebreek wat die mense om my erg benadeel.  Ek staan in die lig, hulle fok iewers voor my in die lug rond, op ‘n ander planeet.  Haai! Hoei! Kan julle my hoor?  Wat het met julle gebeur?  Sissie, is jy nou ‘n alien?  Waar kom julle aan al die idees wat my so moerig maak, dat ek aanhoudend vloek en skel ens.  Ek kan nou nie regtig die ens. vir julle (met die goeie IK’s) vertel nie.  Dink dit maar self uit.  (die waardelose retards, julle is in elk geval te onnosel om te copy).      
Ek trek los soos ‘n trekklavier -  die retards sal nou nie mooi weet wat dit beteken nie – who cares?  (Niemand worry in elk geval oor julle nie)  Waar ek in die verlede stilstuipe sou kry, hou ek net aan en aan en aan, julle dommies dommies dommies weet mos .....
Sissie is o.a., soos ek bo genoem het, een van die wat weet hoe om my te roer.  Ek waarsku hom nou al ‘n geruime tyd, dat hy sy breindood kop moet regkry, maar hy luister nie.  Hy tart en tart, ek het begin om my d-day aanval te loods.  Die payback-pakkies staan mooi in volgorde gepak.  Net 'n kwessie van tyd.  Julle met die goeie IK’s – maak reg om die oorlog te aanskou, julle retards, julle is die teikens!  


Saturday 26 May 2012

Do not fuck with me




Vir die poepolle wat nog nie weet nie, ek steur my nie aan stories nie, veral as ‘n poepol dit nog gespreek het, nog minder.  (probeer bietjie iets beter volgende keer, julle soort verveel mense met 'n goeie IK) Julle opinies is gewoonlik van geen belang nie.  Ek byvoorbeeld, hou nie daarvan om met dom donners geassosieer te word nie.  Daarom luister ek nie altyd na die hele storie wat ‘n poepol vertel nie.  (Jy moes seker al gesien het ek stap weg terwyl jy nog praat; ek is verbaas dat jy dit nog nie agtergekom het nie.  Kom ons kyk hoe waardeloos kan ek jou laat voel).  Dit vat nooit baie om daai deel van 'n vrot brein te trigger nie, aangesien daardie minderwarige deel reeds meeste van die tyd aktief is.  Ek verstom my net altyd dat sekere soort waardelose mense dink hulle is baie gewild by ander mense.  Toemaar, ek voel darem bietjie jammer vir julle.  Dink net volgende keer mooi voor julle ander mense kritiseer.  Glo dit of nie, sulke stront "kindergarden" goed wat jy vertel om iemand anders in slegte lig te stel, stel jouself in 'n stront-lig.  Want nou sien almal jou skynheiligheid raak, en begin hulle van jou skinder, dommie dommie dommie!  Hoe dink jy weet ek van jou stront?  Of glo jy nou ook nog by alles dat ek 'n siener is? Grow up!

Sunday 20 May 2012

Good job, you went full retard!

WORTHLESSNESS

DO NOT FUCK WITH ME ........


DO NOT FUCK WITH ME ..........

Sunday 13 May 2012

Life



Ek ken mense wat selfmoord gepleeg het.  Hulle kon nie langer in hierdie wêreld leef nie.  Hulle almal kon hulle eie lewe beheer, soos daar vir ons gesê word, sommer net om iets te sê.  Ek sou dink op die stadium toe die besluit geneem en deurgevoer was, was daar al ‘n geruime tyd die onwilligheid of onvermoë om iets aan die kwessie te doen wat die probleem of depressie veroorsaak het.  Hoe kan ek een van hulle oordeel, as daar dae was wat die gedagte vinnig deur my kop gewarrel het, en selfs nou nog dae is wat ek wonder oor die sin van die Lewe.   Soos miljoene ander mense ook maar doen.  Ek identifiseer myself met elkeen wat ek ken, die vrou wat haarself opgehang het, die jong man wat dieselfde gedoen het, die vrou wat oordosis pille en drank geneem het ..... Ek is elkeen van hulle, want ek dink ek weet miskien ‘n klein deeltjie van hul wonder oor alles.  Ons is maar net ellendige ekke’s.  Vader, wees ons genadig.  Ons is maar net stof. 
Dan voel ek skuldig oor ek nie die “have a nice day” mens is nie.  Ek moes seker vir iemand gelukkige moedersdag toegewens het, maar dit maak nie juis vir my saak nie.  Maar dis seker wie ek is?  Hoekom sal ek anders wil wees?  So geskape, gemaak uit die stof.     

Tuesday 8 May 2012

Spot the chef in training!


First day at class!


Komaan Pietie, you can do it!

WE NEED A BIRTHDAY CAKE FOR AUNTIE LYNETTE
HURRY UP DEAR