Friday 30 December 2011

Koebaai 2011

OORSIG VIR 2011

Waarvoor sal ek dankbaar wees wat oor my pad gekom het hierdie jaar?  Elke dag was goed vir my.  God was in beheer van alles.  Ek moet my verbly in Sy genade.  Niks is belangriker as die genade wat Hy aan my gegee het hierdie jaar nie.  Die geduld om die swakke ellendige ekke te verdra.  Dankie Vader.  Baie keer gebeur daar goed in mens se lewe en dan kom jy agter hoe geseënd jy eintlik is.  Partykeer kyk mens verby hierdie genade en gawes wat jy ontvang, totdat iets gebeur wat jou laat agterkom dat jy eintlik in die ‘pound seat’ is.  Vat nou maar die voorbeeld van die barmhartige Samaritaan.  Die Priester en die Leviet het hom gesien waar hy half dood l maar het anderkant verby gegaan.  Hulle het nie eintlik belanggestel in sy omstandighede nie, hulle het net besluit dat hierdie ou vermy moes word.  Op daardie oomblik was hulle so bly dat hulle nie die arme drommel was nie; was dit hoogmoed, was hulle klere witter as wit?  Kon hulle s: dankie Vader vir U genade, dat ons nie in die man se skoene staan.  Dink julle die twee het verstaan dat God onmoontlik twee mense dieselfde sou skape of een lewenspad sou gee?  Dis met daai gedagte dat ek julle weer met n vuil ompad terugbring aarde toe. 

My vorige skrywe aan die sondaars was blykbaar bietjie te veel vir julle skamele vermoëns.  Maar dit bring julle terug tot die stof tot dankbaarheid wat julle het vir die jaar wat verby is.  Julle moet wakker wees as julle dan nou so belangrik en slim is..  Eendag sal julle nie kan s; ...  maar ek het nie geweet nie ....., Julle het blerrie goed geweet.  As jy met groot onderskeidingsvermoë na my kyk soos wat jy nou doen, dan weet jy mos wat is reg en wat is verkeerd.  Volgens jou is dit nie reg dat ek so lelik praat nie.  In die lig van jou perfekte oordeel moet jy, net soos die Priester en die Leviet, dankbaar wees dat jy nie soos ek is nie.  Die liegstories wat jy vertel, of die skelm blikke na die ander ou, of jou vieslike houding teenoor ander mense oor hulle nie wil doen wat jy wil doen nie, al daar goed is maar net so sleg soos my slegte taalgebruik. 

So, het jy rede om dankbaar te wees?  Ja, jy het.  Jy is nie soos ek nie, Leviet
                   

My meisies


The Hollow Men

..... Between the idea
and the reality
between the motion
and the act
falls the Shadow
For Thine is the Kingdom.

Between the conception
and the creation
between the emotion
and the response
falls the Shadow
Life is very long.

Between the desire
and the spasm
between the potency
and the existence
between the essence
and the descent
falls the Shadow
For Thine is the Kingdom.

For Thine is
Life is
For Thine is the

This is the way the world ends
Not with a bang but a whimper.

T. S. Eliot
(1888-1965)





http://i37.tinypic.com/iqbpg2.jpg

The Crying of Water

O water, voice of my heart, crying in the sand,
all night long crying with a mournful cry,
as I lie and listen, and cannot understand
the voice of my heart in my side or the voice of the sea.
O water crying for rest, is it I, is it I ?
All night long the water is crying to me.

Unresting water, there shall never be rest
till the last moon drop and the last tide fail,
and the fire of the end begin to burn in the west ;
And the heart shall be weary and wonder and cry like the sea,  
all life long crying without avail,
as the water all night long is crying to me.

Arthur Symons
(1865-1945)


Heksery

Ligdag val soos toorgoed jou einde oop
ek laat jou na die brandhout loop
wanneer die nag swartkat nader sluip
is dit ek wat oor die as na jou toe kruip
(rosa smit)


Spieëltjie spieëltjie aan die wand .....



My meisie

sit met haar voete in die water
en haar kop in die blare.
sy is koel
want sy sit in die skaduwee
en haar rokkie is lig.
sy het druiwe op haar skoot
en sy korrel dit een vir een.
my meisie is mooi,
koel soos druiwe met haar voete in die water
(piet v rooyen)


Monday 26 December 2011

Vir die Sondaars

VRYHEID VAN SPRAAK


Ek weet julle sou graag wou hoor wat ek oor seks te sế het.  Wel, ek het so bietjie gegoogle, maar dis verbasend hoe bar hierdie dinge in Afrikaans klink, gemeet teen die Engels wat ek gesien het.  Die Engels klink regtig soos “poetry”, maar as ek dit vergelyk met my boere-aanval op die ware Jacob, en ek mooi gaan kyk waar die wortel nou eintlik begrawe is, en ek meet die dikte,  begewe my moed my om dit vir julle te wys.  Ek weet julle almal hou maar van vuil praat, en as dit moet, doen julle maar al die dinge dieselfde as die hoere,  maar as die goed nou onder bespreking kom, dan sit julle met julle skynheilige gevrete en kommentaar lewer.  Kry julle nie skaam om so vals te wees nie?
Maar ek weet, dat julle regtig sal wil weet ...

Ek is darem ook nie sommer net ‘n kuiken wat vandag gebroei is nie.  Dieselfde ou wat jy so verafgod en dink dis net vir jou op wie hy wil lế, ek het nuus vir jou.  Mans pomp enige ding wat beweeg.  Ja, jou sussie, jou vriendin, as die tyd en die plek reg is, dan is hy reg.  Jy kan niemand vertrou nie.  En veral as jy geen niks op hom het nie, as hy só ordentlik is, ek kan jy waarborg.  Gaan vra maar vir enige hoer.  Maar dis nou nie eintlik waaroor ek wou praat nie, dit vat my net terug na vrouens wat hoer-seine uitstuur, en dan maak of als die man se skuld is.  Ja jy jou slet.  Ek skop jou sommer op jou ballas.  Ek raak maklik die pad byster met my stories.  Ek wou vir julle bietjie seks opsit, aangesien die lewe so vol probleme is, sal dit julle dalk bietjie verbly.  Maar aangesien die wếreld so vol van skynheilige mense is, sal ek dit ongelukkig vir myself moet hou.  Of sal ek ‘n secret blog oopmaak vir die ouens wat jags is?  Sal ek dit noem: jagse Mara/ Mara raak jags/ the secret life of Mara/ the deep dark secrets of jagse Mara.  Sal ons vote?

Onthou, ek moet vir die sondaars ook dig.  Moenie selfsugtig wees nie.


Friday 23 December 2011

27 Desember 2006 Rou uit my dagboek

MY HERDENKING 27 DESEMBER

Net U,  God, Kan my red!

Die begin: 25 Oktober 2005

26 Oktober 2005

Dan moet ek

weer oor begin, van voor af
die rus by U soek
flirt met die besoeker
die gehuppel
die getrippel

wat kry ek daarvan
hier staan ek kruppel
my ego gekrenk
na wie kan ek myself wend
dis net U wat my siel kan lig
uit die donker diep put
of
gaan U my eers straf
my uitlos dat ek my
hart flenters krap
om my siel by te kom

2 November 2005

Ek voel soos 'n wurm.  Ek kan nie twee plekke dink nie.  Wat doen ek?  Ek het nog 'n geleentheid om myself reg te ruk, alreeds dalk amper te laat, maar ek glo ek kan dit nog doen.  Terwyl ek so dink, sê iets dadelik vir my, "dis nie so erg nie"  Ek pla mos niemand nie.   NEE MARA! JY DOEN.  Mense by jou verloor respek vir jou.  Jy verag jouself.  Is daar nie iets anders waarop ek kan fokus nie?  Iets materialisties?  Nee, dit gaan niks vir my doen.  Ek sal moet drasties optree teen myself.  - skedule vir sekere tye van die dag wanneer ek weet ek gevaarlik dink.

3 November 2005

Here, ek moet net eers waarneem en nie deel,  alleen deel in u krag.
Beheer my gedagtes. Amen

 die stryd hou aan en aan, dae word weke, en weke weer maande ....
It's Party Time!

GR00T-OOG

hou op om te loer
jou oë sal uitval

Kyk !
lyk of sy suip
wel, sê sy
daar is niks om voor nugter te bly

as ek geolie is
is daar niks wat ek mis
gesels ek en sy na hartelus

ons praat snert !
lag vir mekaar !                 

dan raak ons moeg
gaan doedoe vroeg

Mara en ek

8 November 2005:  Ek het ligte neiging tot drank.  Ek sal sommer elke aand suip as dit van my afhang.  Hoekom kan almal nie net weggaan, sodat ek my gang kan gaan?  Julle pla my.


15 Januarie 2006

Gaan vir die eerste keer kerk toe.  Dis waar die gedig: Hy wil my nie los nie, vandaan kom.  Ek sit agter, ek het 'n mooi rok aan, .... my oë traan van die rook, gaan kyk, iets brand 


It's Party-Time!


In ‘n dronke

swakke oomblik
spill ek die beans!

die goeies
weet nou als van my
ag nee, al my swakhede
op die skinkbord
hou ek dit uit
en hul bie
vir die hoogse prys
wat’s om die lyf
om my siel te wen!

ek sal moet my kop wegdraai
jy weet nooit
vir wie hul wat sal sê
wil eerder nie sien

die geloerdery
na my


30 Januarie 2006:  Ek is hewig beswaard oor ek God aanhoudend faal.  Hoe slegter ek voel, hoe meer rook ek.  Ek het vreeslike woedebuie.  Daar is 24uur per dag 'n stryd binne my oor my sondes.  Ek kry nie woorde om te bid nie.


26 Maart 2006:  Word gedoop.  Voel nie soos ek gedink het ek gaan voel.  Alles is dieselfde.  Ek gaan alles reg doen van nou af.  Wel, toe nie.


15 Junie 2006

Die Stem in die nag:  Hy sê vir my:  Ek gaan om vir julle plek voor te berei.

It's Party-Time!


In sak en as

is ek vanaand

my gedagtes veeleisend
ek wil eerder nie dink
ontstel my net
ek raak bedroef

hoekom doen ek dit
doen ek dit aan myself

hoekom beproef ek my
beproef ek myself

moenie kyk …
moenie praat …

O ! die stryd
ek staar na my

Mara



24 Julie 2006

Droom:  Groot vet man lê op bed.  Ek vra:  wanneer gaan daar uitkoms wees?  Hy antwoord:  "Dis nog nie donker genoeg nie.  Wanneer dit donkerder is dan sal God se uitkoms tot volle reg kom"
.... ek verstaan nie mooi nie.

Alweer

vervalle
 alweer nie meer
daar doen ek dit weer

hoeveel meer
voor ek omkeer
hoeveel keer
sal ek probeer
om nie meer
te alweer

ja kyk maar
ek worry nie
dink maar net
wat jy blerrie-wil

Reg of verkeerd

12 November 2006:  Ek is by die Kerk.  Ek voel vreeslik hartseer.  Ek voel God is by my, en dit gaan deur my kop:  Al vergeet ek van God, Hy vergeet my nooit nie.  Dis sy boodskap vir my vir vandag. My trane loop.  Ek huil openlik gedurende die diens en gee nie om wie vir my kyk nie.

24 Desember 2006  Die stryd hou aan ... Dis "PARTY-TIME" 

25 Desember 2006

Ek gaan kerk toe.  Kom terug, voel vaak en gaan slaap sommer 12uur die middag.
Droom:  Ek maak my oë oop.  My hele lyf is vasgebind met boomwortels.  Dis so styf, ek kan nie beweeg nie.  Ek raak beangs, Ek skree vir my ma om my te kom help, sy skree ewe sarkasties terug, ek besef niemand kan my help....  My selfoon begin biep, daar is 'n boodskap vir my .... ek ruk en pluk, probeer wegkom van die vrees ... Daar is hande om my kop gevou ... My ma staan in die gang, vyandig ... Die Stem sê:  In die Naam van Jesus Christus maak daai bande los!  In die Naam van Jesus Christus maak daai bande los!  Aanhoudend, ek skree dit agterna.  My ma skree dit ewe sarkasties saam met 'n snedige gesig.  Sy maak my bang.  Onheil is om my en op my. Ek word wakker.  Ek is verskriklik bang.  Ek weet:  dis my laaste waarskuwing:  ek moet bande breek met die wêreld, en net in die Naam van Jesus Christus sal dit gedoen kan word.  It's the end of the line.  

26 Desember 2006

Ek is erg gesteurd oor die droom.  Ek is dood-bang.   Ek het 'n eindpunt bereik.  Ek gaan besoek iemand.  Daarna gaan ek na my sussie toe.  Dit eindig in "Party-time"

Die bont-vraag

agter haar
kliplyf

dit wonder:
 wat is daai nat goed
dit rol af haar wange
- klad sy dit
met toiletpapier

moenie kyk


Nee,

moenie kyk
as my siel
bloot lê in sig

moenie kyk
dit mag jou dalk kwets
**

27 Desember 2006

Ek bad lekker.  Ek vra God om my so skoon te maak, soos die bad my lyf gemaak het.  Ek voel verkwik.  Ek stap oor na my arm kerkmense toe.  Ek het 'n behoefte om by hulle te wees.  Ek stap in, gaan sit in die hoek van die sitkamer, en begin te huil en dit sit om in ween en ween en ween, my verdriet is so groot, ek kan nie praat nie, hulle sit doodstil, hulle praat of roer nie.  Toe ek bedaar, staan hulle op en Manie haal sy botteltjie olie uit.  Hy vee dit oor my kop, hulle hou my vas en bid 'n eenvoudige gebed. Hulle vra nie een enkele vraag nie.  Ek hang nog so rukkie rond, toe loop ek weer.  

Is dit God se Swaard wat my liggaam en siel deurdring?  God het dit nodig gevind om my te los dat die sonde my totaal afbreek.  Dis of alles of niks vir God.

My Heiland, strek oor my U hande!
U, U alleen verbreek die bande,
nie ek, nie ek, O Heer!

No More Party-Time!
25 OKTOBER 2005 - 27 DESEMBER 2006
DIE PAD NA GOD


Vir U alleen

wil ek behaag 

ek wil stap met sonlig-treë
glinsterend my lyf
oë wat gloei
lippe wat oorloop
van U heilige Woorde

vir U alleen
wil ek aanbid

vir U alleen
wil ek die genot aanbied
van hul verwonderde kyke
is dít dieselfde vrou?

vir U alleen
wil ek behaag

Help my dan



Job 33:14-18


Want God spreek op een, ja op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie.  In die droom, in 'n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimering op die bed, dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle; om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg; sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie.

27 JUNIE 2008
EK GAAN IN AFSONDERING:  GOD DEEL MET MY SY LIEFDE EN BEKOMMERNIS VIR SY SKAPE, WEEREENS IS EK SO VERDRIETIG VIR SY LIEFDE SO GROOT.  MAAR DIS NIE MY VERDRIET WAT EK VOEL, DIE VERDRIET WAT EK ERVAAR IS SYNE.  


Johannes 21:15-17
Petrus het bedroef geword omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief?  En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet, Jesus sê vir hom: Laat my skape wei.

DIE HERE IS MY HERDER


My oe, opgeslaan na bo
Verwagting, vol in atmosfeer

My Skrif, ingeskryf tussen dink en slape

Wagtend, onrustig
ongeduld my beker loop oor

Wanneer  Wanneer
Sal daai vet man opstaan ...

Wanneer?  Wanneer?



NA WATERS WAAR RUS IS




Komaan julle

Moet nou nie soos ek 'n depro slaan.  Wat hou die tyd van die jaar vir my in?  Soos ek nou hier sit is my grootste bekommernis dat die paar dae te veel vir my gaan raak.  Ek loop al klaar op en af, en ek is nou maar eers 3 ure middag-af van my werk af.  Voel vasgekeer.  Oral gee almal vir almal ietsie, behalwe ek.  Daar is geen behoefte by my om vir iemand iets te gee.  Hannetjie gee alles wat sy kan weg.  Johan kook en kook en kap en en ...  Ek vra hom, wat doen jy?  Hy sê hy maak kos, miskien moet ons vir die buurvrou gee, en vir die een en daai een.  Ek kry dadelik 'n aanval.  Bring net my blerrie bakke terug is al nice aanmerking wat ek het om te deel vir xmas.  Ek is sommer dadelik humeurig.  As ek nog 'n dop gedrink het, het ek seker al een geknak.  Maar nou doen ek nie.  Ek eet skelm 'n chocolate.  (daar is mos melk in) Ja, daar is nie eiers  en vleis in nie okey.  Ek hoop nie hy gee al die blerrie kos weg nie, want dis al wat ek nog het om te doen, dis eet.  Moet tog net nie dat die stilte julle ook onder kry nie.  Dis nou die mense wat nie dop nie.  En bly weg van die dronklappe af, netnou stel hulle julle in die versoeking.  Hulle sal dink dis baie snaaks en ook sal hulle lekker kry as jy begin suip want hulle dink sulke mense is swakkelilnge, en dan sal hulle beter voel oor jy op hulle vlak is.  Al wat ek na uitsien is om nie so vroeg op te staan vir die paar dae nie.  Ek het vir my 'n Konsalik boek gebring.  Dit gee my die geleentheid om 7uur in die bed te klim, te lees tot 8uur en dan te slaap.  Ek kom agter dat ek beter slaap as ek eers bietjie gelees het.  Ja, dis reg.  Skokkend.  Dis net ou mense wat sulke gevolgtrekkings begin maak.  Ai, ... Nou wonder ek, dink julle ek moet skuldig voel oor iets?  Klink dit of my lewe reg is?  Klop my hart reg?  (ek hoop Johan kry klaar met die kookery.  Hy moet die vloere was)  Ek het gisteraand bietjie gevee.  Ek dink dis genoeg werk vir my.  O ja, ek vra nog oor my lewe vir julle.  Ek gaan gou loer wat maak hy.  Daar is nie nou 'n gedig in my kop wat ek wil skryf nie.  Toe Johan tandpyn gehad het, het ek darem eers vir hom gevra of hy pyn het, voor ek iets lelik gesê het.  Paar keer as hy ja gesê het, het ek omgedraai.  Ek glo nie een van julle sou so iets gedoen het nie.  Ek het my goeie oomblikke ook.  Wat ek wou sê, moet tog nie ook depro raak nie.  Noudat ek so bietjie gesels het, voel ek ook sommer klaar beter.  Skryf vir jouself 'n brief, of record jouself dat jy weer en weer kan luister, maar onthou as jy terugspeel, of weer lees, raak jy weer depro, maar op 'n helende manier.  Whatever! En jy hoef nie al jou goed weg te gee om 'n goeie mens te wees nie.  True beauty is on the inside.

Friday 16 December 2011

Wees my genadig

Die besef

het ek my lewe lank
 van U gekry
maar verwerp
en weggegooi

ek soek ‘n vader
hy moet my vashou
nie suip
uit ‘n blink wynsak

ek soek ‘n man
wat my sal liefhê
bemin vir wie ek is

so ironies -
niks van dit gekry
ek roep Pappa!

maar dis Abba
wat my weeklaag hoor

Abba!
wees dan die Vader vir my
wees dan
die Pappa vir my
wees dan
die Man vir my


Waar is die krag

wat ek nodig het
om hieruit te kom
soveel afdraaie
ek voel en vat
maar nie een is goed

ek kry niks gedoen
ek kry niks gedaan
my gedagtes soos voelers
ek steek uit, waar’s die haakplek

ek wil, wil ek?
niks beweeg my
ek wag, onrus maak my klaar
ek vroetel

ek weet wat moet
en nog beter, wat is goed
en ook van God se genade
en bowenal Sy liefde

maar die kettings
trek my onder
en ek wonder

wat sal my tog laat beweeg
my net ligter maak
sodat die eerste paar tree
miskien net vir 'n rukkie
sal voel soos sweef
dat ek ten minste net
die aanloop kan oorleef

Maar ek voel so

huiwerig

dis makliker net voort te gaan
gewete toe te klap

hierdie skuldgevoel

 veel swaarder
as die sonde wat ek doen
my goeie bedoelings
 ‘n las vir my

dis makliker
net voort te gaan

 maar om een of ander rede
bly die gevoel terugkeer
dat ek weer moet probeer

al voel ek nie so

Stil

dis wat ek is
weet nie
wanhopig

kan ek tog maar nie
net laat los

alleen

dis wat ek is
weet nie
mistroostig

kan aan geeneen dink
wat my kan help
om te laat los

wagtend

dis wat ek is
weet nie
angstig

help my God
om te laat los

Ek soek weer

die gelowiges op,
die woorde val op klip

ek vra my hart
om ‘n spons te wees
maar hy wil nie hoor nie!

as jy dan nou nie wil nie, my hart
wat dan van my gedagtes?

gedagtes!
wil julle dan nou nie maar
 hoor nie?

Moenie, Mara

jouself mislei
en boonop walg,
jy weet goed
die besoeker
berei jou galg

wat is dit
 met die gevallery
weet jy dan nie
jou brein lê
in stukke op die sand?

Ag nee Mara
  
Waar is jou selfrespek?

My selfrespek

sê Mara,
het ek verloor
toe niemand meer
omgegee het vir my

toe ek alleen moes veg
vir oorlewing
en plakkers my omgewing
besoedel het
met reuke só sleg
dat jou neus uitbrand
en jou harsings skud

maar aan die ander kant

sou ek alleen wees
sonder die peste,
sou ‘n reus
van ‘n ander aard
my in algehele afsondering vind,
gryp,
en heeltemal opvreet

Kan jy lees tussen die lyne?

Ek smeek

en ek kerm
gee tog aan my
al daardie goed
wat geskrywe staan
in die Boek

gee tog aan my
‘n groter gedagte
om al hierdie dinge
in vas te hou

gee tog aan my
‘n aanhoudende begeerte

gee tog aan my
dan slegs U genade

Dan sal ek vergeet

van alle ander dinge
myself leegmaak
dat daar genoeg plek is
wat U kan vul

Vra Mara





Dood, waar is jou angel?







Tyd kan nie terug

dof
raak jou lig

ek gryp
  krampagtig
my kloue

waar’s jy !

waar’s jy !

maar net
vir ‘n hele ewigheid

Vervaag jy

As ek

my spore sou
bekyk
oppad uit
hierdie lewe

hul terugvolg
van eerste
tot einde

sou ek dan
O God
U loof
vir U 
Oneindigheid

te kon deel in
 smart
 lief en leed

O God
te veel om te noem
ek sê net dankie
vir die voorreg daarvan

Wie ken als beter as U


Ek, en ek

is al wat daar oor is
ek wat wil vrek
van my eie
self se denke

ek redeneer met my
ek praat met my
baklei met my
verwyt my
ek is so gatvol
vir myself

om tog net te kan praat
met die duiwel
huigelaar
laat my voel
ek moet
net die einde versnel

wie anders sal na my luister
gekluister in my
self-stoel

ek is oor
 ek’s verby

stink asem sit aan my

Oor en verby


Alleen

die pyn in my hart
brand
 tot onder in my niere
amper vergete verlies
maak my steeds klaar
as ek stuk-stuk
my gedagtes wil orden
tevergeefs

sakke vol
van die goeters  -
het uitgeval
 tot binne-in my skoot
gryp ek dit, maak ‘n bondel
prop terug
binne-in my bors

Maar liefde

dié het ek wel belewe
enkeld, oor en verby

my siel versplinter
glimmende kristalle
net maar brokkies

 ‘n verdwaalde siel
se laaste sug


Maar nou maak

dit regtig nie meer saak

oor en verby

ek het gely
en die pad was lank
en die pad was eensaam
en die pad was besaai
met dorings
en rotse

en hoe bevoorreg was ek
om ‘n enkele kosmos
te ontdek
langs die weg

tot ek toe kom by ‘n doodloop
sien ‘n afgrond  
maar die pad is te nou
om terug te draai
ek hel neer -
my liggaam het geen meer krag
om staande te bly

en terwyl ek beangs roep
O God, wees met my!
vorm Engele ‘n kring om my
en my kop verloor sy denke
maar toe ek my oë oopkry
lê ek voor die voete van God!



Sal ek maar net ophou lewe

sal dit genoeg wees

 kom tot die
slotsom
niks oor vir my

Ineengekrimp
my
gees
my
vlees

geen begeerte
om nog
te wees
  
Dit kan net sowel





VIR JOU


Ek kies 'n reuk vir jou
dat jy my sal onthou


langer as 'n dekade
slaan ek dit gade
soms waag ek
ruik vlugtig daaraan
bang dit verslaan


eenmaal toe
nooit weer daarna


bottel stewig toegemaak
dalk is jy daar binne


dood waar is jou angel