Friday 9 December 2011

Mara se Publikasies




BESOEKER

‘n skreiende skande
wanneer die sonde se bande
my vasgryp in gebed

ek eers saamspeel
dan besef
ek speel met ‘n ander lewe
Oneindig in sig

 tyd sal nie verveel
   aanhoudende gelek
oor elke plek
wat nooit heel

vrot stink gemors
val uit my neus
gesig en lyf pappery gekneus
of is dit net my gewete

slymerige siel
word nogeens verniel
geskik vir asiel
slobberig die skotskar
wat die stank oplaai
as offer te dien
vir die getroue besoeker

Wyk satan

"Watched by an Angel" Anthology of Verse
Oorspronklik uit "Wat maak dit dan tog saak" - Mara



VERTERENDE GEMOED

My hart skop in opstand teen my ribbekas
binne my is daar iets wat krap en grou om
uit te kom
dis vasgedraai in ‘n geknoopte rol
en probeer met emosies wat rondspring
los te woel

Verbeel ek my, of is dit maar net ek
en nie ‘n gruwel-ding wat my wil laat ontplof

Nou so kalm en vrolik, hoe mooi -  maar nee, kyk !
 die ding wil opvreet !
sewe koppe op een lyf
dit krul en spoeg en gaan kruip in ‘n gat

My oë raak groot en ek wonder
wat is dit wat die ding so ontstook ?


Mara 


"Venturing Vistas" Anthology of Verse
Oorspronklik uit "Wat maak dit dan tog saak" - Mara


EK KRY DIT DAAR

Myself  voel  uitgeput
Sou ek net kon wegbreek en maak nes ek wil
sonder skadu’s wat saamsluip om my terug te hou
-          skadu’s wat weet van die uitwis in my

Skadu’s wat my binne-sluip, en saggies begin wieg,
my denke verlam, my toevou in moegheid,

my laat oorgee
 die sinnelose stryd binne my

wanneer ek bestorm, myself in die hoek
grom soos ‘n wolk voor die uitbarsting woed
Skadu’s wat waghou, sus my gemoed
Raap my op, plaas my sagkens voor die voete
van God
  
Mara

"River of Life" Anthology of Verse
Oorspronklik uit "Wat maak dit dan tog saak" - Mara


Ek weet, dat jy weet

dat dit geskrywe staan
mense moet omgee
vir mekaar

ek wil hê dat jy moet weet
dat ons ontmoeting
ek meet aan stawe goud,

ek wil hê dat jy moet weet
dat ek vir jare lank jou dophou
ek meet dit aan silwer-sy,

ek wil hê dat jy moet weet
dat ek jou liefde vir mensdom
intens gade slaan
ek meet dit aan die liefdesblom,

ek wil hê dat jy moet weet
dat tussen-deur jou eie pyn;
gestorte trane
vir dié om jou,
dat God dit meet
aan Sy Eie Pyn
Golgota

en dat Hy wil hê dat jy moet weet
jou liefde vir mensdom,
jou pêrel-trane,
jou beloning,
sal Hy meet aan die
edel-kroon
om Sy Heil’ge Hoof

Teresa

"The Greatest Gift" Anthology of Verse
Oorspronklik uit "Hy wil my nie los nie" - Mara

                            My Jesus

U diepe vernedering
om voor die wêreld
se gode te knak

my zolle
my dop
die vulgêre gedagtes
in my kop
die wrok en nyd
wêreldwyd

wonderletsels aan U lyf
bewys my gode is nog steeds
vasgehamer aan die kruis

                                             My Redder


"Journey of Faith" Anthology of Verse
Oorspronklik uit "Hy wil my nie los nie" - Mara


 Stoflap


Dit kyk vir my
Vuil deurmekaar hare
Ek gril vir die snot
wat oor jou lip loop
Klaasvakie se sand in jou oë
Jy stink
Bene vol stof en vol strepe
Jy is stom, verkyk jou aan my


Afgeslyte klere
weet dit dan nie dis koud?
Moet nie aan my vat nie
ek hou nie van vuil hande en snot
Dit kom ietwat nader
lyk nie of ek iets sal doen
Wil graag aan my vat
ek trap terug en kyk na die lug


"Murmuring Memoirs" 
Oorspronklik uit "Wat maak dit dan tog saak" - Mara



No comments:

Post a Comment