Friday 2 December 2011

Dan is daar niks


Ek het altyd die deel van “al het jy die en daai en jy het nie die liefde nie, dan het jy niks …” met ‘n gevoellose hart gelees.  Ek kon dit in ‘n mate verstaan, maar daar het iets daarin gekort wat die woorde lewe gegee het.  En glo dit nou of nie, dat die werklike betekenis vanaand plek maak vir emosie.  Dit kort ‘n hond wat wydsbeen staan van oudheid en so pas ‘n tweede aanval van beroerte net-net oorleef wat kyk hoe die ou vrou ‘n tassie pak vir die hospitaal om my te laat tjank terwyl ek deur die trane wonder hoekom ek so hartseer is.  Wat my ‘n droefheid gee dat my ouers se lewe verbygegaan het met die wete alles was verniet, en wat nie verniet was nie, is gemis.  Gemis in die sin van al die pyn en verwyte en hartseer het geen sin aan hulle huwelik gegee nie.  Daardeur het hulle selfs hul lewe verloor.  Al is hulle nog nie regtig dood nie.  Kan die ou vrou nog een jaar in die lewe kry en dalk is haar siekbed al wat die ou hond nou nodig het om finaal te knak.  Dis alles net tragies.  Dan verstaan ek wat die storie is met as jy nie die liefde het nie.  Dan is daar niks.    
  
JY

Die oggend stilte skuif jou beeld voor my in en my hart dra jou verlies met gemengde gevoelens.  Kan ek vir jou sê dat ek jou lief het?  dat ek nóú seks met jou wil hê? dat ek elke dag saam met jou wil wees? dat ons stille bymekaar-wees goed is? dat dat dat? dat ek niks kan sien wat lyk asof daar ooit ‘n dat sal wees nie?  Hoe kan ek die goed vir jou sê.  Want my dat en jou dat is nie dieselfde nie. 


***

Ons is almal tevergeefs
niks in ons doen en late
soeke en godsdiens.

Alles is tevergeefs.

***


Geskryf vir mev Lenie Dreyer wat 'n jaar hierna oorlede is : en daar was niemand by haar.    
Heidi op die foto is daarna deur die veearts uit die lewe gehelp.

No comments:

Post a Comment