Sunday 28 October 2012

My Geelbekkie


my Geelbekkie se hartklop kom sit tussen my vingers
my Geelbekkie se ogies is moeg en dof,         en       
sy pragtigste lewe beweeg, weg, lala sag, lala weg my bekkie
het my droewige siel van hulp gewees?






Friday 26 October 2012

My skip


Wanneer verlaat die Kaptein sy skip?  Mooi gedink, is hy op die einde daar met al die rotte wat onvermydelik saam met die skip sal ondergaan.  Dit gebeur soms dat die Kaptein te lank vertoef, wat fataal is.  Dis heelwaarskynlik baie emosioneel om te sien hoe die massiewe skip die diepe donkerte afsak.  Daar waar niks is.  ‘n Koue watergraf.  Ek raak bang as ek dit visualiseer.  Ek voel soos die Kaptein.  Wat leer ons?  Kaptein, moenie te lank vertoef.  Wil jy regtig saam met die rotte ondergaan?  Vir hulle is daar geen ander uitweg nie.  Jy het ‘n keuse, Kaptein.

Moet ek gaan met leë hande, moet ek só my Heer ontmoet?  Die liedjie draai in my kop.  Nie een siel gewen vir Jesus ......
Ja Jesus.  Ons is sondaars.  Maar ek wonder maar net.  Soos ek in die lewe gekom het met geen gedagte waarvan ek bewus is, sal ek dan maar eerder so uit die lewe gaan, met geen gedagte of lading van goed of sleg in my hart.  Kan ek leeg uitgaan soos ek gekom het?  Dink U nie dit sal beter wees vir baie mense?
Kan ons vir oulaas berou en vergewe en vergeet, en dan leeg bly? 

Ewig


jou ritme het nog nie my lyf verlaat nie
ons beweeg as een
lig lig
smeulend
twee siele kleef mekaar
daar waar die begin was is nou ook die
eindeloos
daar waar die einde was is nou ook die
eindeloos

Monday 22 October 2012

Yes I do


Ag tog my liefste onskuldige sensitiewe lesers.  Julle ken duidelik nie die emosies waarmee ek worstel nie.  In julle volmaakte voorgee-lewens is daar nie ‘n fok nie.  Julle sinne is skoon en heilig.  Probeer tog verstaan dat ek nie so kan wees nie.  Ons het nou al baie dinge deurgegaan op hierdie blog.  Van hartseer, jags, siek, jaloers, mislik, ens ens gaan ons aan.  Ek het my idees, en vir my is hulle reg.  Enige iets wat nie na genoeg aan mý reg is nie, verwerp ek dadelik.  Ek is net so.  Ek probeer altyd beter dink, beter weet, want ek wil ‘n beter toekoms hé.  Ek probeer regtig hard.  Iets wat my hard probeer in die wiele ry, maak my histeries.  Ons is deur bekering, liefde en so en so gaan ons aan.  Dit lyk my ons gaan die dag bereik dat my waansinnigheid my einde gaan beteken.  En die beste van alles, julle gaan dit beleef.  Byt net vas.  Hierdie is soos ‘n storieboek, dit sal nie verweer of die blaaie uitval nie.  My woorde sal vir altyd vasstaan in hierdie sondige lewe.  Jare na my waansinnigheid en as julle ook al dood is, sal daar nog mense wees wat toevallig op my blog afkom.  En onthou net altyd, ek val julle nooit persoonlik aan nie.  Ek val die wêreld se mense aan as ek begin jy en jou.  Moenie sensitief wees nie.  Die jy’s en die jou’s is die mense wat my pyn veroorsaak.  Geweldige pyn.  In my hart.  Soms in my gat.  I love you. 

Sunday 21 October 2012

Just too bad


Ek en J het vanoggend besluit dat dit beter is vir hom om ‘n lewe sonder my voort te sit.  Ons het saam besluit dat ek geoordeel word as ‘n slegte vrou.  Ek doen niks in die huis nie, en buite die huis beteken ek ook nie veel nle.  Oor die algemeen gestel, is ek ‘n nul op ‘n kontrak.  Ek sit heeldag en blog, en hier moet ek darem vir myself opstaan.  Dis my blog, en ek gee nie ‘n fok om wie dit lees nie, of wie ‘n opinie oor my blog het nie.  Inteendeel, het ek nog nooit in my lewe omgegee wie wat dink van my nie.  Die opinies van ander mense raak nie aan my nie, m.a.w. ander mense se oordeel, goed of sleg, ek voel ‘n fok.  Julle beteken niks vir my nie, nou waarom sou wat jy dink, my enigsins pla.  Dit bring ons terug by die punt van my slegte nuttelose bestaan.  Ek stem daarvoor dat ons nooit moes getrou het nie.   Sonder om skaam te voel, (daar is nie skaamte in my lewe nie) gee ek hom nou die kans om ‘n nuwe lewe te begin.  Met my reputasie, sal die mense wat my goed ken, net hulle koppe skud.  Ja, ek weet.  Mara was maar nog altyd links van die regering.  Van ek my oë oopgemaak het was ek sleg.  Dis dalk hoekom my pa my weggegooi het.  Ek verdien dit.  Dis vir my lekker om in ‘n vuil plek te bly.  Dit gee my vreeslike genot om tussen vuilgoed te trap met my kort, dik gat, moet ek klein treëtjies gee dat ek nie oor die sand wat van buite af ingetrap word, gly nie.  Dan slaap Johan nog, en ek skuifel-skuifel die gang af.  Was ‘n patetiese gemors is ek nie. Ek trap oor die klere wat die hele huis vol lê.  Ek bereik ‘n orgasme met hierdie een.  Hoe vuiler dit buite is, hoe meer raak ek liries, wonderbaar, wonderbaar!  En as die geld aan die einde van die maand inkom waarvoor ek hoer, dan sing almal hallelujah.  Dit maak nie saak hoeveel stres het dit gekos, as ek dit wat ek doen, so doen dat dit lyk asof ek nie ‘n effort ingesit het nie.  Want dis hoe ek werk.  Ek werk vinnig en effektief.  Dis hoe ek die geld inkry,  Ek pomp vinnig en effektief.   Heeldag word daar vergelyk hoeveel ek en hoeveel hy gedoen het.  Sleg, sleg.  So, daar is nou nog ‘n huwelik wat ek sy gat laat sien het.  Julle wil nie weet die hoeveelste een dié was nie.  Kan die Vader my nog aankyk?  Is daar nog genade vir my oor?  Of het ek al my genade al opgebruik.  Om nie eers te praat van al die planne wat ek maak vir die oudag nie.  Fok, waar kom ek aan al die gemors wat in my kop uitbroei?  Kan ek nie net soos miljoene ander mense net ophou probeer om dinge beter te maak nie?  Soos miljoene ander mense wat op hulle oudag fokkol het, nie eers kos nie.  Wel, ek neem aan J (dis johan vir die met die fokkol IK’s- dom fokkon dose) is verlig.  Ek is moeg geskel en gevloek en histeries geraak.  Nou wonder julle waaroor, wel die met die fokkol IK’s, julle sal duidelik nie verstaan nie.   


Thursday 18 October 2012

Eerder niks


Het ontmoetings in ons lewens met mense, mense wat ‘n defnitiewe merk op ons gelaat het, goed of sleg, ‘n rede gehad?  My antwoord is: laat hierdie ontmoetings eerder tevergeefs wees.  Want ek kan nie die pyn van ‘n rede of enige ander herinnering hanteer nie.  Die gewig wat ek dra is alreeds te swaar    

Wednesday 17 October 2012

Well Done





LIFE IS A JOURNEY ...
I don't try to walk better than anyone else.  I only try to walk better than myself.

Saturday 6 October 2012

Eco Girls!

Eco Gedagtes/Waarnemings/Herinnering: -

Ek dink ek moet hierdie groepie noem: die groepie wat alles geweet het. Regtig, ek het dit in my lewe – op 50jr – nog nooit belewe nie. Het ek verlore geraak in my eie lewe, ek ken nie sulke mense nie, en het ook nog nooit sulke mense geken nie. Waar was ek al die jare? Dis skrikwekkend. Hulle weet net mooi ALLES. Ja, ek lieg nie. Mediese terme, politiek, kos, boeke, ens ens ens ens ens ens ens ens. Ek het eers gedink Maryna lieg as sy so uitpak en uitpak en praat en praat. Maar toe kom ek agter sy weet regtig al die dinge, en sy ken regtig die hele wêreld se mense. My soul!

 Die ou by die werk vra vir my: was jy by die braai gisteraand, nee sê ek, ek was Kerk toe. O né, sê hy. Jy praat niks van die vakansie nie, moes jy nou eers met die Padré gaan onderhandel. Ja, sê ek, dis tien dae se confession. Dit het die hele aand gevat.

 - Maar, sondaars soos jy lanklaas gesien het, die groepie wat alles weet. Die Maryna loop van plaas tot plaas en steel blomme. Daleen loop en poep die wêreld vol. Ek loop stil stil en poep teen die opdraendes uit. Arme Magriet probeer ewe sedig die vrede bewaar in die kamp, maar moenie worry nie, sy rook, ja regtig.

 - Ek voel jammer vir al die diere wat in die koue moet slaap.

 - Maryna vra vir die kelner ‘n vaas met water vir haar gesteelde malva, die meisie probeer verduidelik: met ‘n malva, moet jy eintlik ......... Val Maryna haar in die rede: hey man, ek is nie stupid nie. Lyk ek vir jou blond? Ek weet darem hoe om ‘n malva te plant! Shame ...

 - Ek bekyk die toeriste wat so vernaam rondstaan, hulle clown-gesigte is op, Die een ou probeer saam met die gids sing wat die klavier speel op Matjiesfontein. Jy kan sien hy weet nie hoe mens maak om snaaks te wees nie. Sy hele liggaam is styf. Ek kry ‘n kramp. Die vrou by Smits Winkel met die veteraan-motors; jy kan op haar gesig en lyf sien dat haar byeenkoms die belangrikste in die wêreld is. Sy het status. Ek kry ‘n kramp. Die mensdom is klein, maar tog so groot.

 - Johan, jy is die blom in my lewe.

-  Die aarde ruik soos flapjacks.

 - Hoop is om geloof te hê in wat jy nie kan sien nie. Soos die einde van die pad, om elke draai, nog ‘n verdere aanhoudende opdraande. Soos somtyds in ons lewe, dit hou net aan en aan. Hou aan hoop girls.

 - Die groepie: oe en aa. Julle, dis mooi. Mense, dis mooi. Julle, dis mooi. Ek dink hulle het vasgehaak.

 - Maryna: blase op haar voete.

 - Elmarie – one hot sun-chilli lip. Val soos ‘n mummy om by die dam. My uitrusting vol modder. Die fotograaf natuurlik dadelik daar om die verleentheid op kamera vas te lê.

 - Daleen, jy is snaaks. “Julle, ek kan nie so baie eet nie” En dan hou sy aan en aan kla oor al die kos. Blerrie hel, dink ek. Jou magie is klein. Daleen praat met afgemete woorde. Ek sien deur haar: ‘n jong meisie met ‘n liedjie in haar hart. Sagte mooi mond. Hou aan praat Daleen, dit klink mooi op my oor. Jy lê saggies in ons harte. *Fotograaf van die jaar*

 - Magriet, jou loslyf hippie met jou hart in jou oë. Jy stap met ‘n losse lyf waaraan ek my verkyk. Vredemaker. Standpunt. Ok ons sal ons probeer gedra. Maryna, ons moet maar eenkant gaan skinder van Joker dat Magriet ons nie hoor. Ons hippie girl. Vry van gees.

 - Maryna, jy is ‘n skoenlapper. Jy vlieg van mens tot mens, skarrel warrel, hoe kan enige een jou vergeet? Geseënd is jy, jou talente is nie verberg onder ‘n maatemmer. Jy is baie spesiaal vir God. Jy is sy Turkish Delight Malva girl.

 - Die aarde ruik soos flapjacks.

 - My bene is styf. Ek staan en pie soos ‘n man. Van ek die kuns bemeester het, pie ek agter elke bossie wat ek laaik.

 - Elmarie, ek is maar net Mara Barbara Gunther. Dis genoeg vir my.

 - O ja, Magriet kan lieg ook. Sonder om te blik om te bloos maak sy haar naam gat. Iemand vra vir haar, is jy Andre se vrou Magriet? Nee sê sy, met haar naam in bold en hoofletters op haar jakkie. Sy is daar voor. Die iemand kom daar voor. Watter een van julle is Magriet? Huhh?? Daleen: sy kom daar agter? Huhh? Wie moet geoordeel word hier- Magriet of Daleen.

 - Ons trap die bulte. As jy stop, floor jy. Aanhou aanhou uithou girls.

 - Tossie, jy is ‘n pragtige hondjie met die hart van ‘n leeu. Swem in koue bergwater, lei die groepie vanuit ‘n toesighoudende posisie agter in die bakkie, net die swart gesiggie steek uit. Vol ronde oë bekyk die pragtige landskap om haar. We love you. Ja Toss. Ons kan baie leer by jou girl. Die lewe is ‘n lied.

 - Dit reën. Ons gly-trap versigtig om nie te val nie. Ook om nie die baba-blomme raak te trap nie. Dit groei in die middel van ‘n paadjie. Ons gaan die volgende dag terug om weer te gaan kyk – hulle is weg. Klein gekleurde koppies het teruggetrek, waar’s hulle? Ons stap op Jesus se asem. Sysagte vlerkies uit Jesus se mond. Oral, kleure en geure. Dankie Jesus.

 - Die aarde ruik soos flapjacks.

 - Moet nooit iewers gaan sonder wet wipes. Loop ek so ewe, gee ‘n paar poepe, kom toe agter iets is nie wel. Ek lek. Ek weet die volgende ruspunt is om die draai. Voorwaarts Mara. Ek bevlieg die toilet met die inkom, wet wipes, dankie tog, trek maar die panty uit. Loop ewe sonder ‘n panty na die bakkie toe. Die girls het al begin eet. Ruk my sak oop, pluk ‘n panty uit, klim agter in die bakkie. Loer eers waar is Joker. Trek my panty aan. Vir die eerste keer in my lewe weet ek hoe voel dit om ‘n baba te wees. Die wonderlike gevoel van ‘n skoon broek. Girls, weet julle hoe dit voel. Ek voel vry. Like a bird.

 NOODHULPKASSIE:
Wet Wipes
Nog Wet Wipes
 4 x Pantys; Serp – vir koue, hitte, wind, snot; Sakdoek – vir snot, muggies en toiletpapier; Pleisters; Spier Pille; Maryna se Olie vir seer spiere en dalk help dit vir insekbyte; Regte toiletpapier; Skêr; Rooiwyn en natuurlik sunblock vir die lyf en iets vir die lippe; masker vir 'n sun-chilli lip. Bogenoemde behoort in die noodhulpkas te wees. Ek glo nie iets anders is nodig nie.

 Die aarde ruik soos flapjacks.


(Indrukwekkende fotos en ‘n kort opsomming van die toer is beskikbaar op aanvraag – vir my bewonderaars wat nie die marathon kon doen)    

Friday 5 October 2012

Girls - When the going gets tough - the tough gets going

Nou ja, so het die Eco Ultra Marathon tot ‘n einde gekom. Vir ons wat so getrou elke dag die pad aangepak het, was dit amper skokkend vinnig. Ek en Maryna het stil-stil verkeer op die pad terug na Kaapstad. Die lyf en die kop kon nie die skielike stilstand mooi bymekaar bring nie. Ons girls het wel geweet dat ons gereed was om nog ‘n 301 te doen. Magriet het gesê: gee my net een dag om my wasgoed op datum te bring. Ons groepie was handskoen-pas vir mekaar uitgesoek om die dae saam te beproef. Voordat ek oorgaan en beledigend raak, of skokkende onthullings maak, of spesiale oomblikke deel, sal ek darem die tradisionele “oe en aa” doen. Die sentiment beklemtoon. Girls, you are wonderful. Magic. Om sulke spesiale mense op te tel langs die pad, wil regtig gedoen word. Mooi onse meisies. Super-girls.