Friday 26 October 2012

My skip


Wanneer verlaat die Kaptein sy skip?  Mooi gedink, is hy op die einde daar met al die rotte wat onvermydelik saam met die skip sal ondergaan.  Dit gebeur soms dat die Kaptein te lank vertoef, wat fataal is.  Dis heelwaarskynlik baie emosioneel om te sien hoe die massiewe skip die diepe donkerte afsak.  Daar waar niks is.  ‘n Koue watergraf.  Ek raak bang as ek dit visualiseer.  Ek voel soos die Kaptein.  Wat leer ons?  Kaptein, moenie te lank vertoef.  Wil jy regtig saam met die rotte ondergaan?  Vir hulle is daar geen ander uitweg nie.  Jy het ‘n keuse, Kaptein.

Moet ek gaan met leë hande, moet ek só my Heer ontmoet?  Die liedjie draai in my kop.  Nie een siel gewen vir Jesus ......
Ja Jesus.  Ons is sondaars.  Maar ek wonder maar net.  Soos ek in die lewe gekom het met geen gedagte waarvan ek bewus is, sal ek dan maar eerder so uit die lewe gaan, met geen gedagte of lading van goed of sleg in my hart.  Kan ek leeg uitgaan soos ek gekom het?  Dink U nie dit sal beter wees vir baie mense?
Kan ons vir oulaas berou en vergewe en vergeet, en dan leeg bly?