Friday 5 October 2012

Girls - When the going gets tough - the tough gets going

Nou ja, so het die Eco Ultra Marathon tot ‘n einde gekom. Vir ons wat so getrou elke dag die pad aangepak het, was dit amper skokkend vinnig. Ek en Maryna het stil-stil verkeer op die pad terug na Kaapstad. Die lyf en die kop kon nie die skielike stilstand mooi bymekaar bring nie. Ons girls het wel geweet dat ons gereed was om nog ‘n 301 te doen. Magriet het gesê: gee my net een dag om my wasgoed op datum te bring. Ons groepie was handskoen-pas vir mekaar uitgesoek om die dae saam te beproef. Voordat ek oorgaan en beledigend raak, of skokkende onthullings maak, of spesiale oomblikke deel, sal ek darem die tradisionele “oe en aa” doen. Die sentiment beklemtoon. Girls, you are wonderful. Magic. Om sulke spesiale mense op te tel langs die pad, wil regtig gedoen word. Mooi onse meisies. Super-girls.