Saturday 6 October 2012

Eco Girls!

Eco Gedagtes/Waarnemings/Herinnering: -

Ek dink ek moet hierdie groepie noem: die groepie wat alles geweet het. Regtig, ek het dit in my lewe – op 50jr – nog nooit belewe nie. Het ek verlore geraak in my eie lewe, ek ken nie sulke mense nie, en het ook nog nooit sulke mense geken nie. Waar was ek al die jare? Dis skrikwekkend. Hulle weet net mooi ALLES. Ja, ek lieg nie. Mediese terme, politiek, kos, boeke, ens ens ens ens ens ens ens ens. Ek het eers gedink Maryna lieg as sy so uitpak en uitpak en praat en praat. Maar toe kom ek agter sy weet regtig al die dinge, en sy ken regtig die hele wêreld se mense. My soul!

 Die ou by die werk vra vir my: was jy by die braai gisteraand, nee sê ek, ek was Kerk toe. O né, sê hy. Jy praat niks van die vakansie nie, moes jy nou eers met die Padré gaan onderhandel. Ja, sê ek, dis tien dae se confession. Dit het die hele aand gevat.

 - Maar, sondaars soos jy lanklaas gesien het, die groepie wat alles weet. Die Maryna loop van plaas tot plaas en steel blomme. Daleen loop en poep die wêreld vol. Ek loop stil stil en poep teen die opdraendes uit. Arme Magriet probeer ewe sedig die vrede bewaar in die kamp, maar moenie worry nie, sy rook, ja regtig.

 - Ek voel jammer vir al die diere wat in die koue moet slaap.

 - Maryna vra vir die kelner ‘n vaas met water vir haar gesteelde malva, die meisie probeer verduidelik: met ‘n malva, moet jy eintlik ......... Val Maryna haar in die rede: hey man, ek is nie stupid nie. Lyk ek vir jou blond? Ek weet darem hoe om ‘n malva te plant! Shame ...

 - Ek bekyk die toeriste wat so vernaam rondstaan, hulle clown-gesigte is op, Die een ou probeer saam met die gids sing wat die klavier speel op Matjiesfontein. Jy kan sien hy weet nie hoe mens maak om snaaks te wees nie. Sy hele liggaam is styf. Ek kry ‘n kramp. Die vrou by Smits Winkel met die veteraan-motors; jy kan op haar gesig en lyf sien dat haar byeenkoms die belangrikste in die wêreld is. Sy het status. Ek kry ‘n kramp. Die mensdom is klein, maar tog so groot.

 - Johan, jy is die blom in my lewe.

-  Die aarde ruik soos flapjacks.

 - Hoop is om geloof te hê in wat jy nie kan sien nie. Soos die einde van die pad, om elke draai, nog ‘n verdere aanhoudende opdraande. Soos somtyds in ons lewe, dit hou net aan en aan. Hou aan hoop girls.

 - Die groepie: oe en aa. Julle, dis mooi. Mense, dis mooi. Julle, dis mooi. Ek dink hulle het vasgehaak.

 - Maryna: blase op haar voete.

 - Elmarie – one hot sun-chilli lip. Val soos ‘n mummy om by die dam. My uitrusting vol modder. Die fotograaf natuurlik dadelik daar om die verleentheid op kamera vas te lê.

 - Daleen, jy is snaaks. “Julle, ek kan nie so baie eet nie” En dan hou sy aan en aan kla oor al die kos. Blerrie hel, dink ek. Jou magie is klein. Daleen praat met afgemete woorde. Ek sien deur haar: ‘n jong meisie met ‘n liedjie in haar hart. Sagte mooi mond. Hou aan praat Daleen, dit klink mooi op my oor. Jy lê saggies in ons harte. *Fotograaf van die jaar*

 - Magriet, jou loslyf hippie met jou hart in jou oë. Jy stap met ‘n losse lyf waaraan ek my verkyk. Vredemaker. Standpunt. Ok ons sal ons probeer gedra. Maryna, ons moet maar eenkant gaan skinder van Joker dat Magriet ons nie hoor. Ons hippie girl. Vry van gees.

 - Maryna, jy is ‘n skoenlapper. Jy vlieg van mens tot mens, skarrel warrel, hoe kan enige een jou vergeet? Geseënd is jy, jou talente is nie verberg onder ‘n maatemmer. Jy is baie spesiaal vir God. Jy is sy Turkish Delight Malva girl.

 - Die aarde ruik soos flapjacks.

 - My bene is styf. Ek staan en pie soos ‘n man. Van ek die kuns bemeester het, pie ek agter elke bossie wat ek laaik.

 - Elmarie, ek is maar net Mara Barbara Gunther. Dis genoeg vir my.

 - O ja, Magriet kan lieg ook. Sonder om te blik om te bloos maak sy haar naam gat. Iemand vra vir haar, is jy Andre se vrou Magriet? Nee sê sy, met haar naam in bold en hoofletters op haar jakkie. Sy is daar voor. Die iemand kom daar voor. Watter een van julle is Magriet? Huhh?? Daleen: sy kom daar agter? Huhh? Wie moet geoordeel word hier- Magriet of Daleen.

 - Ons trap die bulte. As jy stop, floor jy. Aanhou aanhou uithou girls.

 - Tossie, jy is ‘n pragtige hondjie met die hart van ‘n leeu. Swem in koue bergwater, lei die groepie vanuit ‘n toesighoudende posisie agter in die bakkie, net die swart gesiggie steek uit. Vol ronde oë bekyk die pragtige landskap om haar. We love you. Ja Toss. Ons kan baie leer by jou girl. Die lewe is ‘n lied.

 - Dit reën. Ons gly-trap versigtig om nie te val nie. Ook om nie die baba-blomme raak te trap nie. Dit groei in die middel van ‘n paadjie. Ons gaan die volgende dag terug om weer te gaan kyk – hulle is weg. Klein gekleurde koppies het teruggetrek, waar’s hulle? Ons stap op Jesus se asem. Sysagte vlerkies uit Jesus se mond. Oral, kleure en geure. Dankie Jesus.

 - Die aarde ruik soos flapjacks.

 - Moet nooit iewers gaan sonder wet wipes. Loop ek so ewe, gee ‘n paar poepe, kom toe agter iets is nie wel. Ek lek. Ek weet die volgende ruspunt is om die draai. Voorwaarts Mara. Ek bevlieg die toilet met die inkom, wet wipes, dankie tog, trek maar die panty uit. Loop ewe sonder ‘n panty na die bakkie toe. Die girls het al begin eet. Ruk my sak oop, pluk ‘n panty uit, klim agter in die bakkie. Loer eers waar is Joker. Trek my panty aan. Vir die eerste keer in my lewe weet ek hoe voel dit om ‘n baba te wees. Die wonderlike gevoel van ‘n skoon broek. Girls, weet julle hoe dit voel. Ek voel vry. Like a bird.

 NOODHULPKASSIE:
Wet Wipes
Nog Wet Wipes
 4 x Pantys; Serp – vir koue, hitte, wind, snot; Sakdoek – vir snot, muggies en toiletpapier; Pleisters; Spier Pille; Maryna se Olie vir seer spiere en dalk help dit vir insekbyte; Regte toiletpapier; Skêr; Rooiwyn en natuurlik sunblock vir die lyf en iets vir die lippe; masker vir 'n sun-chilli lip. Bogenoemde behoort in die noodhulpkas te wees. Ek glo nie iets anders is nodig nie.

 Die aarde ruik soos flapjacks.


(Indrukwekkende fotos en ‘n kort opsomming van die toer is beskikbaar op aanvraag – vir my bewonderaars wat nie die marathon kon doen)