Friday 27 April 2012

Mooi so!


PRESTASIE VIR VANDAG:  30 KILOMETERS!

Mara, hoe voel jy na hierdie prestasie?

Wat meen jy hoe voel ek, my blerrie knieg is af, my linker holspier is verrek, maar aanhouer sal altyd wen!
3 Wenke vir vandag.                      Onthou om altyd op te warm voor 'n resies!

Cow Chorus Dancing Together As A Group                Maak seker dat jy ook die regte kos eet!

Fat Hugry Pig Chowing Down On Ribs And Bbq Sauce              As iemand voor jou in hardloop, trip hom!

Clip Art Image of a Stick Figure Woman Falling


Monday 23 April 2012

You are One in a Million Billion!







QUOTE OF A LIFETIME

Don't let people brake the mirror you see yourself in


Thank you little lady for this valuable advise.  This is what I see in my mirror!




Wicked


Lady of the Manor



Sunday 22 April 2012

What a night!


Toe ons parkeer om te gaan kyk na die kompetisie, sê sissie vir my, as ek nie lekker is hier nie, dan ry ek en dan kan jou broer jou huistoe bring, dis mos net om die hoek.  Dis terwyl ek uitklim.  Maar ek moer die kardeur so hard toe, tot amper in sy gesig.  As ek geweet het nommer 11 gaan daar wees, het ek op die plek vir hom gesê, fokkof huistoe doos.  
So kyk ons toe na die lywe.

Ek haal my hoed vir julle af.  Die dissipline en absolute lyding om te kom tot hier vanaand.  Dis wat eintlik my aandag getrek het na nommer 11 toe.  Ek sê vir sissie, kyk vir nommer 11, ek sweer hy is psycho.  Psycho is wat jy undercover noem, hy het ‘dit’ – een van die 'manne' het eendag gevra: nou wat is  ‘dit’, toe sê ek, jy het ‘dit’ nie, anders sou jy dit geweet het. Dit – is wanneer ‘n persoon uitstaan uit ‘n hele crowd.  En dan weet jy ook self nie wat is sy dit nie.  Jy kry net die dit seine oor die ofstand.  Wat ek eintlik bedoel het met psycho op daardie stadium toe ek met sissie praat, was dat ‘n psycho-dit-sein erg sterk gestraal het na my toe.  Nommer 11 het deelgeneem  na die groep waar oom Bossie was.  Al die jongetjies skree:  oom Bossie, oom Bossie, ek wonder of hulle maar net die oom –woord gebruik om hulle ware tiener-na-hero-na-sjoe oom Bossie, jy is wraggies meer as cool weg te steek dat hulle ouers nie weet hoe hulle nou eintlik vir oom Bossie sien nie.  Soos wat ek gemaak het met nommer 11.   Wie is nommer 11.  Kan iemand my sê.  Dalk het hy ‘n facebook, dan vra ek of hy wil be-friend met my.  Ek was eintlik bietjie afgepis toe nommer 11 sy alleen-pose moes doen, en hy kom op die stage met sy wit handskoentjies en wit cape.  Fok, het die man nie ‘n vrou of partner om hom reg te help nie?  Van watter gedeelte van die dorp kom hy?  Die wit cape om die nek met ‘n wit stringetjie vasgebind en swaard.  Dom Doos.  Hoekom het hy nie eerder probeer lyk soos Zoro nie, sou baie beter afgegaan het vir my.  Maar die crowd skree, common wat dink die wit kak is cool.  Dis op daardie stadium wat sissie gou buite gaan rook, en ek video-record toe vir Milky Lane, ook maar net ter wille van die psycho-image.  Sissie vra vanoggend, het jy vir Ronnie gesien, daar was verskriklike weer, nee ek weet van niks, het ook niks gehoor.  Ek was besig met nommer 11.  Ek pluk die foon uit toe sissie iewers heen ry om na die stuk artwork te kyk.  Net genoeg om weer my kop te skud – die moffie-wit-gedoente.  Fuck.  Ja, fuck me.  Maar die bietjie wat daar is, is oorgenoeg om weer die memory terug te bring. Geluk broer en nommer 11.  Julle is wraggies iets om na te kyk.   O ja, voor ek vergeet, iemand het my gevra wat is nommer 11 se telefoonnommer, want hy het 'n prys gewen.  As een van julle dalk kan uitvind en my laat weet.  Thanks.

Friday 20 April 2012

Real Good

Recipe advice

Oestyd




Ek is in blom
Word gemerk
Nou jul geleentheid
 te vergoed vir ou-ou verleentheid

 kon julle nie probeer
om die uiteinde te versag
instede in die mou te lag
ek is die opmaaktyd
vir jul selfverwyt

dat ek met lus my hande in die vuil modder druk
maak ‘n tuin waarin ek kweek en vertroetel
dit rank met wilde doringblare deurmekaar droë groeisel

Na soveel seisoene, dan op ‘n dag,        die bloeisel !

Dis Oestyd

Mara maak vrede met die onreg

Thursday 19 April 2012

There is a sadness in my heart



FOR IT WAS, ONLY YOU


In Memory 1998








VASGEVANG

is ek in jou
blik wat my sydelings dophou
hoe kan ek ooit verslap
terwyl jy my só bekyk
ek is vasgevang

in jou

LIEFDE WAT MY AANGAAP

jou hartstog wat my belustig
 van nou af
net jy en ek

daarom

GEE EK NIE OM

wie wat sê en waarom
jy was net daar
my opgeraap
nou’s ek joune
slurpend na jou passie
  plas en kwyl
 sidder
dis ‘n draaikolk
my asem snak
die pas is snel
ek knaag aan jou

sê my

Sê MY !

ons sal bly …

deur

EENMAAL WAS JY
WILDE JARE

 al die gevare
om jou tred te hou
onverskrokke
ek steier
 vasgedraai
swik saam jou

 was beskik

JOU DRAAD GEKNIP

 te gou

WAAR’S JY !

jou

HUIGELAAR

 het beloof
 my nooit te roof
van ‘n tydjie saam jou

ek soek
 soek in die sterre
waar jy sou
 wees

ek kry jou
IN MY DROOM

kry ek jou

nooit !
saam ‘n ander vrou
wat lyk nes ek

in ‘n goue sonkring
sit sy
ek vra jou, wie’s sy ?

jy sê :
Dis jy ! – die ander jy
wat my troos
tot jy kom na my

ons liefde so innig
sy moes help
ek het verwelk
sonder jou
tot in die hemel
moes God my red

 ek sê :


EK HET WEGGESTAP

voor ek omtol
  man van my lewe
wat ek altyd wou hê
jy was te wild vir my
ek’t verskrik bly lê
maar
ons was nooit klaar
Toe die hemelgees na jou staar
was jou begeerte
nog steeds ek

en in hierdie lewe
van my
is dit ook nog
net jy
 
my

HERO

wat kon veg
met die gereg
en kon stoei met ‘n leeu !
God se skepping
aanbid
jou medemens nie bekla
jou hart opreg

toe vat Hy jou weg

daar is ‘n rede
man van my

 nie ek of Mara weet

dalk weet jy






MY HART WORD NET VERSAG

 deur gedagtes aan jou.  Woorde skarrel   wanneer ek dit wil neerpen.  Woorde van smart het ek genoeg,  woorde oor jou kry ek nie.  Hoe kan ek dig oor liefde en blomme as dit reeds teruggekeer het na die stof wat dit was.  Uitgestrooi op die wildernis se vlakte – waar jou lewe was.  Soos wat jy was,  wilde man van my. 

Jy

 praat die praat
wat my in ekstase laat
druk my vas
met brute krag
dwing jou aan my op
jou aanval stoer
ek’s oorweldig
bedwelm
ek gee oor

O, Wat ‘n Man ! 

 my gentleman

Jy


weet tog net


HOE EK VOEL

te weet
 net ek
kon jou vuur blus
  jou kus
wat ‘n wonder vir my

die sterre vergroot
ek sien engele
spring stuitig rond
al oor die maan

te weet
net ek
vir jou was daar
net ek

daarom 






ÍS EK MAAR NET

geanker aan jou
wil nie loskom

ís ek maar net
op die weg
na weet nie waarheen

ís ek maar net
‘n asemhaal
in my eie stof

ís ek ‘n vrou
wat kan sê :
jou bestaan vir my
was verruklik !

DAN Sê JULLE

Mara, dig oor liefde en blomme
dis wat ons wil hê !
wat praat julle mense
 hoe kan ek dig oor liefde en blomme

kan ‘n voël vlieg sonder vlerke

jul paadjie is vroom
julle wat dit sê !
ken jul enigiets
van die goed waaroor ek dig ?

sommige moet ek sluier
maar as jul wil
sal ek dit afruk

kyk !
hoe lyk bloed oor die maan


TASTEND

val ek rond
krom bene
wil nie gaan waar ek stuur

doodloop
 jou en my

jou siel nog in glorie
die hiernamaals
wat ewig skei

ek wil dit nie weet !

 dan is ons familie
jy sal my verwelkom
 liefde en blydskap
- nie soos ek wil

ek wil jou liefhê
jou terughê
soos eenmaal toe

God onverstaanbaar
Sy liefde jaloers
een liefde seëvier
nie ons 
 die van ons Skepper
dis hoe dit is

Eenmaal was jy


WIE KAN ONS KEER

as liefde gil
ons rol en tol
so erg dis ‘n skande
 skreiend
hoe heerlik

ons brand
dit pyn
onaanskoulik
dis sondig
koppe verstar
in afguns
onder mantels
maak toe jul oë
sal uitbrand

  hartstog
 van jou
 nie skroom
hoe te bemin



BEWOë

dat ons saam tyd opgroei
ou gedagtes
wat nuwe
koers kry

moes ek nie wegstap
moes ek jou red

ag nee
ek wil dit nie dink nie
verborge trane
spoel oor my lyf



Wednesday 4 April 2012

Great minds!



Julle sal my nog in die afgrond in help.  Ek word vanoggend 3uur wakker met ‘n migraine, voel of my kop gaan ontplof.  Drink toe ‘n g.pa of twee en probeer weer slaap, tevergeefs.  Staan 5uur op, voel dronk in die kop, klim terug in die bed.  Besluit ek gaan nie werk nie.  Na ‘n rukkie staan ek op en begin aantrek vir werk.  Maar ek is erg naar.  Loop en slinger.  Is dit dalk payback-time?  Het snaaksie gisteraand gedink sy gaan wegkom met haar maniertjies?  Is dit van lekker lag kom lekker huil?  Moes ek maar gehelp pak het?  Wat dink julle, is dit net my verbeelding.  Na ek by die werk gekom het, en ‘n naarpilletjie gedrink het, het ek beter geraak.  Voel nog steeds nie te wel.  Ek het vanaand vir die eerste keer die stortkappie gebruik wat ek al 5 jaar het.  Het hom van die muur afgehaal, gevoel daar is erg stof op, die ding net so op my kop geplak en gehoop daar is nie ‘n spinnekop of baba spinnekoppe in nie.  Niks het gebeur.  Toe my ma en sussie anderdag hier was moes ek die vensters toemaak vir spinnekoppe wat kan inkom van die jungle hier buite.  Kan jy glo!  Ek het net my kop geskud en stil gebly.  Nou die aand lê ek lekker en lees, om een of ander rede kyk en oor my skouer, toe loop daar so stadige dikpoot meneer teen my kussing op.  Ek het my skoon wit geskrik.  Nou is die venster bo my kop permanent toe.  Die venster in die badkamer sal seker toegemaak word sodra daar ‘n spinnekop uit my waslap klim, of ek op een trap.  Sissie het wragtig al alles gepak.  Dis nou nog net my paar stukkies klere, en die berg van klere wat aan my sussie behoort.  Sal sien of ek iemand kan kry om dit vir my in ‘n box te kom sit.  Dalk as ek sissie paar rand gee doen hy dit vir my.  Wat, nee man, julle verstaan net nie.  Hy wou bietjie moan, eintlik as ek nou die waarheid moet praat, het hy beweer ek is ‘n luigat.  Toe sê ek straight vir hom, luister, jy is welkom om hierdie kwotasie te kom uitwerk van die treklorrie, dan doen ek die pakwerk hoor!  Hy het toe groot geskrik.  Dalk het ek gisteraand maar net te veel ge-eet.  As ek aangaan soos ek nou aangaan, sal ek defnitief weer siek wees more.  Nooit geweet kos maak jou kop dronk nie.                

Tuesday 3 April 2012

Die groot trek



Ek het sissie gewaarsku die ousie van die werk gaan bietjie kom pak.  Net dat hy weet wat aangaan.  Ek besluit wie weet wat en wanneer.  Toe ek by die huis kom, sien ek hy en Bokka het begin pak.  Enige ou sou baie bly gewees het.  Ek gryp mý wasgoed, hou myself baie besig.  Ek hou nie van die storie nie.  Dis nie my styl nie.  Ek pak nie goed in boxe nie.   Ek gooi dit op ‘n hoop of gee dit sommer als weg.  Ek tik gou skelm hier, hy sing en pak.  Ek trek my klere uit om te gaan stort.  Ek staan eers en kyk na my vet pens en dik bene.  Toe kyk ek na my gesig en my hare.  Nee, laat ek eerder wegkom voor die spieël.  Netnou wonder sissie waar is ek.  Hy sê:  kom kyk wat in hierdie laaie gaan jy nog nodig kry.  Ek hoor:  kom help pak.  Jissie man, ek is nog besig sissie, sê ek.  Toe ek in die kamer kom, toe hoor ek eintlik wat hy gesê het.  Ek hardloop vinnig terug.  Wat het jy gevra sissie?  Vra ek vertraag.  Ek stel gou die saak reg.  Waar is die koeldrank?  Het jy dit gepak, vra ek.  Sissie sê, ek wens jy wil ophou om my sulke dom vrae te vra.  (het hy dalk geblog)  Ek lag skelm.  Ek onthou my sussie en Dala het ook nog klere en speelgoed hier, en baie boots.  Ek whatsapp hulle:  julle moet julle goed kom pak.  Kan nie alles vir my los nie. 
                                                                                                                         
Die landlord het ons mos uit die huis gesit.  Ja wraggies, ek het dit ook nie geglo nie.  Ons het niks eers verkeerds gedoen nie.  Darem ‘n ander plek gekry.  Wat ‘n vernedering.  Het net ‘n brief gekry die kontrak word nie hernu nie.  Swine.  Vertel sommer vir sy ..... laat ek maar eerder stilbly.  Netnou praat julle.  Ek kry koes-koes en mushrooms om te eet sien ek.  Party mense kan party keer twee dinge met een slag doen, dit verstom my.  Nou ja, ek is ook maar besig die kant, ons praat weer.
      


Monday 2 April 2012

Vrae en antwoorde





Ek is moedeloos.  Is dit net ek wat omring is van dom donners?  Of is hulle diep gesaai?  Die vragies wat gevra word.  Kry dit net in julle donnerse koppe.  Ek is besig.  Ek het nie tyd vir dom fokken vrae nie.  En as julle iets wil weet van die res van die gemeenskap, vra hulle self.  Hoekom nou vir my vra as jy eintlik iets wou geweet het by ‘n ander persoon?  Geen wonder mense vra my hoekom frons ek so baie, hoekom is ek so ernstig.  Ja, dis oor julle stront.  Julle dom stront wat tussen my oë kom sit en my so vreeslik ernstig laat voorkom.  En die ergste is, partykeer moet mens oor en oor en oor en oor vir julle ‘n storie vertel, maar dit sink nog steeds nie in nie.  Julle is pateties!
Maar wat nog erger is, is die feit dat julle besluit om die vragies per sms te stuur.  Dan moet ek nou sit en stront vrae antwoord.  Stuur ek ooit vir julle sms’e?  Nee.  Hoekom nie, die rede is eenvoudig.  Ek is nie so donners dom dat ek kort-kort vir iemand iets moet vra nie.  Ek dink met my brein, nie my hol nie. As julle darem ten minste julle holle wou gebruik, soos ek met resultate op die veld doen, dit beteken, wanneer ek resies stap, verstaan julle of moet ek nog bietjie verduidelik.  Maar julle is even te dom om dit te doen.  Waarmee sal julle dan dink?  Ek gebruik die woord “julle” baie, want daar is so baie van julle.  Ek is dronkgeslaan.  Wat gebruik julle dat die stront keer op keer uitkom?  Ek kan maar net my kop skud.  Shurrup! Ek het freedom of speech.