Tuesday 3 April 2012

Die groot trek



Ek het sissie gewaarsku die ousie van die werk gaan bietjie kom pak.  Net dat hy weet wat aangaan.  Ek besluit wie weet wat en wanneer.  Toe ek by die huis kom, sien ek hy en Bokka het begin pak.  Enige ou sou baie bly gewees het.  Ek gryp mý wasgoed, hou myself baie besig.  Ek hou nie van die storie nie.  Dis nie my styl nie.  Ek pak nie goed in boxe nie.   Ek gooi dit op ‘n hoop of gee dit sommer als weg.  Ek tik gou skelm hier, hy sing en pak.  Ek trek my klere uit om te gaan stort.  Ek staan eers en kyk na my vet pens en dik bene.  Toe kyk ek na my gesig en my hare.  Nee, laat ek eerder wegkom voor die spieël.  Netnou wonder sissie waar is ek.  Hy sê:  kom kyk wat in hierdie laaie gaan jy nog nodig kry.  Ek hoor:  kom help pak.  Jissie man, ek is nog besig sissie, sê ek.  Toe ek in die kamer kom, toe hoor ek eintlik wat hy gesê het.  Ek hardloop vinnig terug.  Wat het jy gevra sissie?  Vra ek vertraag.  Ek stel gou die saak reg.  Waar is die koeldrank?  Het jy dit gepak, vra ek.  Sissie sê, ek wens jy wil ophou om my sulke dom vrae te vra.  (het hy dalk geblog)  Ek lag skelm.  Ek onthou my sussie en Dala het ook nog klere en speelgoed hier, en baie boots.  Ek whatsapp hulle:  julle moet julle goed kom pak.  Kan nie alles vir my los nie. 
                                                                                                                         
Die landlord het ons mos uit die huis gesit.  Ja wraggies, ek het dit ook nie geglo nie.  Ons het niks eers verkeerds gedoen nie.  Darem ‘n ander plek gekry.  Wat ‘n vernedering.  Het net ‘n brief gekry die kontrak word nie hernu nie.  Swine.  Vertel sommer vir sy ..... laat ek maar eerder stilbly.  Netnou praat julle.  Ek kry koes-koes en mushrooms om te eet sien ek.  Party mense kan party keer twee dinge met een slag doen, dit verstom my.  Nou ja, ek is ook maar besig die kant, ons praat weer.
      


No comments:

Post a Comment