Wednesday 4 April 2012

Great minds!



Julle sal my nog in die afgrond in help.  Ek word vanoggend 3uur wakker met ‘n migraine, voel of my kop gaan ontplof.  Drink toe ‘n g.pa of twee en probeer weer slaap, tevergeefs.  Staan 5uur op, voel dronk in die kop, klim terug in die bed.  Besluit ek gaan nie werk nie.  Na ‘n rukkie staan ek op en begin aantrek vir werk.  Maar ek is erg naar.  Loop en slinger.  Is dit dalk payback-time?  Het snaaksie gisteraand gedink sy gaan wegkom met haar maniertjies?  Is dit van lekker lag kom lekker huil?  Moes ek maar gehelp pak het?  Wat dink julle, is dit net my verbeelding.  Na ek by die werk gekom het, en ‘n naarpilletjie gedrink het, het ek beter geraak.  Voel nog steeds nie te wel.  Ek het vanaand vir die eerste keer die stortkappie gebruik wat ek al 5 jaar het.  Het hom van die muur afgehaal, gevoel daar is erg stof op, die ding net so op my kop geplak en gehoop daar is nie ‘n spinnekop of baba spinnekoppe in nie.  Niks het gebeur.  Toe my ma en sussie anderdag hier was moes ek die vensters toemaak vir spinnekoppe wat kan inkom van die jungle hier buite.  Kan jy glo!  Ek het net my kop geskud en stil gebly.  Nou die aand lê ek lekker en lees, om een of ander rede kyk en oor my skouer, toe loop daar so stadige dikpoot meneer teen my kussing op.  Ek het my skoon wit geskrik.  Nou is die venster bo my kop permanent toe.  Die venster in die badkamer sal seker toegemaak word sodra daar ‘n spinnekop uit my waslap klim, of ek op een trap.  Sissie het wragtig al alles gepak.  Dis nou nog net my paar stukkies klere, en die berg van klere wat aan my sussie behoort.  Sal sien of ek iemand kan kry om dit vir my in ‘n box te kom sit.  Dalk as ek sissie paar rand gee doen hy dit vir my.  Wat, nee man, julle verstaan net nie.  Hy wou bietjie moan, eintlik as ek nou die waarheid moet praat, het hy beweer ek is ‘n luigat.  Toe sê ek straight vir hom, luister, jy is welkom om hierdie kwotasie te kom uitwerk van die treklorrie, dan doen ek die pakwerk hoor!  Hy het toe groot geskrik.  Dalk het ek gisteraand maar net te veel ge-eet.  As ek aangaan soos ek nou aangaan, sal ek defnitief weer siek wees more.  Nooit geweet kos maak jou kop dronk nie.                

No comments:

Post a Comment