Friday 20 April 2012

Oestyd




Ek is in blom
Word gemerk
Nou jul geleentheid
 te vergoed vir ou-ou verleentheid

 kon julle nie probeer
om die uiteinde te versag
instede in die mou te lag
ek is die opmaaktyd
vir jul selfverwyt

dat ek met lus my hande in die vuil modder druk
maak ‘n tuin waarin ek kweek en vertroetel
dit rank met wilde doringblare deurmekaar droë groeisel

Na soveel seisoene, dan op ‘n dag,        die bloeisel !

Dis Oestyd

Mara maak vrede met die onreg