Friday 16 December 2011

Dood, waar is jou angel?







Tyd kan nie terug

dof
raak jou lig

ek gryp
  krampagtig
my kloue

waar’s jy !

waar’s jy !

maar net
vir ‘n hele ewigheid

Vervaag jy

As ek

my spore sou
bekyk
oppad uit
hierdie lewe

hul terugvolg
van eerste
tot einde

sou ek dan
O God
U loof
vir U 
Oneindigheid

te kon deel in
 smart
 lief en leed

O God
te veel om te noem
ek sê net dankie
vir die voorreg daarvan

Wie ken als beter as U


Ek, en ek

is al wat daar oor is
ek wat wil vrek
van my eie
self se denke

ek redeneer met my
ek praat met my
baklei met my
verwyt my
ek is so gatvol
vir myself

om tog net te kan praat
met die duiwel
huigelaar
laat my voel
ek moet
net die einde versnel

wie anders sal na my luister
gekluister in my
self-stoel

ek is oor
 ek’s verby

stink asem sit aan my

Oor en verby


Alleen

die pyn in my hart
brand
 tot onder in my niere
amper vergete verlies
maak my steeds klaar
as ek stuk-stuk
my gedagtes wil orden
tevergeefs

sakke vol
van die goeters  -
het uitgeval
 tot binne-in my skoot
gryp ek dit, maak ‘n bondel
prop terug
binne-in my bors

Maar liefde

dié het ek wel belewe
enkeld, oor en verby

my siel versplinter
glimmende kristalle
net maar brokkies

 ‘n verdwaalde siel
se laaste sug


Maar nou maak

dit regtig nie meer saak

oor en verby

ek het gely
en die pad was lank
en die pad was eensaam
en die pad was besaai
met dorings
en rotse

en hoe bevoorreg was ek
om ‘n enkele kosmos
te ontdek
langs die weg

tot ek toe kom by ‘n doodloop
sien ‘n afgrond  
maar die pad is te nou
om terug te draai
ek hel neer -
my liggaam het geen meer krag
om staande te bly

en terwyl ek beangs roep
O God, wees met my!
vorm Engele ‘n kring om my
en my kop verloor sy denke
maar toe ek my oë oopkry
lê ek voor die voete van God!



Sal ek maar net ophou lewe

sal dit genoeg wees

 kom tot die
slotsom
niks oor vir my

Ineengekrimp
my
gees
my
vlees

geen begeerte
om nog
te wees
  
Dit kan net sowel





VIR JOU


Ek kies 'n reuk vir jou
dat jy my sal onthou


langer as 'n dekade
slaan ek dit gade
soms waag ek
ruik vlugtig daaraan
bang dit verslaan


eenmaal toe
nooit weer daarna


bottel stewig toegemaak
dalk is jy daar binne


dood waar is jou angel







No comments:

Post a Comment