Friday 23 December 2011

Komaan julle

Moet nou nie soos ek 'n depro slaan.  Wat hou die tyd van die jaar vir my in?  Soos ek nou hier sit is my grootste bekommernis dat die paar dae te veel vir my gaan raak.  Ek loop al klaar op en af, en ek is nou maar eers 3 ure middag-af van my werk af.  Voel vasgekeer.  Oral gee almal vir almal ietsie, behalwe ek.  Daar is geen behoefte by my om vir iemand iets te gee.  Hannetjie gee alles wat sy kan weg.  Johan kook en kook en kap en en ...  Ek vra hom, wat doen jy?  Hy sê hy maak kos, miskien moet ons vir die buurvrou gee, en vir die een en daai een.  Ek kry dadelik 'n aanval.  Bring net my blerrie bakke terug is al nice aanmerking wat ek het om te deel vir xmas.  Ek is sommer dadelik humeurig.  As ek nog 'n dop gedrink het, het ek seker al een geknak.  Maar nou doen ek nie.  Ek eet skelm 'n chocolate.  (daar is mos melk in) Ja, daar is nie eiers  en vleis in nie okey.  Ek hoop nie hy gee al die blerrie kos weg nie, want dis al wat ek nog het om te doen, dis eet.  Moet tog net nie dat die stilte julle ook onder kry nie.  Dis nou die mense wat nie dop nie.  En bly weg van die dronklappe af, netnou stel hulle julle in die versoeking.  Hulle sal dink dis baie snaaks en ook sal hulle lekker kry as jy begin suip want hulle dink sulke mense is swakkelilnge, en dan sal hulle beter voel oor jy op hulle vlak is.  Al wat ek na uitsien is om nie so vroeg op te staan vir die paar dae nie.  Ek het vir my 'n Konsalik boek gebring.  Dit gee my die geleentheid om 7uur in die bed te klim, te lees tot 8uur en dan te slaap.  Ek kom agter dat ek beter slaap as ek eers bietjie gelees het.  Ja, dis reg.  Skokkend.  Dis net ou mense wat sulke gevolgtrekkings begin maak.  Ai, ... Nou wonder ek, dink julle ek moet skuldig voel oor iets?  Klink dit of my lewe reg is?  Klop my hart reg?  (ek hoop Johan kry klaar met die kookery.  Hy moet die vloere was)  Ek het gisteraand bietjie gevee.  Ek dink dis genoeg werk vir my.  O ja, ek vra nog oor my lewe vir julle.  Ek gaan gou loer wat maak hy.  Daar is nie nou 'n gedig in my kop wat ek wil skryf nie.  Toe Johan tandpyn gehad het, het ek darem eers vir hom gevra of hy pyn het, voor ek iets lelik gesê het.  Paar keer as hy ja gesê het, het ek omgedraai.  Ek glo nie een van julle sou so iets gedoen het nie.  Ek het my goeie oomblikke ook.  Wat ek wou sê, moet tog nie ook depro raak nie.  Noudat ek so bietjie gesels het, voel ek ook sommer klaar beter.  Skryf vir jouself 'n brief, of record jouself dat jy weer en weer kan luister, maar onthou as jy terugspeel, of weer lees, raak jy weer depro, maar op 'n helende manier.  Whatever! En jy hoef nie al jou goed weg te gee om 'n goeie mens te wees nie.  True beauty is on the inside.

No comments:

Post a Comment