Monday 28 May 2012

Katastrofes met 'n helmet


Ek wonder nou, die wat ek so in die lig staan lately.  Ek dink ek het iewers een of ander kragte ontvang.  Miskien het al die stres ‘n deel van my brein oopgesluit, of daar was ‘n ontploffing.  Hoekom?  Jy sal my wragtag nie glo nie!
Sissie tart my mos so, en jaag vir Gunther die wêreld vol, hy mag nie blaf nie, hy mag nie kak nie, hy mag nie klipkoppe vang nie.  Ek pluk my moer solid.  Gunther is nie ‘n pissie-meisie-lip nie jou dom kont.  So gaan slaap ek met my dik bek.  Ek sien al hoe maak ek groot kak.  Gunther het nie juis iets verkeerds gedoen nie, hy klim maar net so nou en dan deur die sitkamer se venster.  Nou ja, get a life! 
Ek word een uur vanoggend wakker.  Ek hoor goed.  Ek staan op, sit ligte aan,  kyk rond, alles is reg, gaan klim terug in die bed.  Nou lê en luister ek eers.  Dis koud as ek in die bed klim, maar later kry ek warm dan trek ek maar die langbroek uit.  Ek hoor weer goed.  Ek dink, wel, ek moet my gat lig.  Wil nie dat ek onkant gevang word deur crime en dan staan ek sonder ‘n broek nie.  Ek staan weer op, sit ligte aan, kyk, sien niks, gaan klim terug in die bed.  Neem kennis, dis die eerste nag wat ek so rusteloos is.  Tot Sandy, mamma-kat, hoor naderhand dieselfde goed.  Sissie staan op, kom vra my hoekom is ek so op en af.  Ek hoor goed, sê ek.  Hy gaan vorentoe om ondersoek in te stel.  Ek sien deur die gordyn hy loop buite met ‘n lig.  En wat wou?  Ek het nooit agtergekom die sitkamer se venster is oop nie, want ek neem aan die katte wat ek nie kan sien nie, is by hom in die kamer.  So het Bokka, plot-kat ‘n trick of twee geleer by Gunthie.  Sy het wragtig die venster oopgemaak en drie van die weerlooste katte is weg.  En waar, hulle loop die hele buurt plat en eindig drie ure later by die bure.  Dis die eerste keer in hulle lewens dat hulle buite die grens beweeg.  Nou vra ek jou, hier kan die met die goeie IK die antwoord kies.  Retards, hou julle bekke, ons worry in elk geval nie oor julle nie.
1.      Het ek met die ontploffing ‘n helmet gekry op my kop?  Die tye wat ek wakker was, was die katte lankal buite.  En die goed wat ek gehoor het, het geklink asof dit uit die dak kom, en een stadium hoor ek ‘n gekrap teen 'n deur in die gang.
2.    Was dit payback-time vir sissie oor hy my hond mishandel?  Amper is al sy katte moer toe; as my helmet my nie wakker gemaak het nie ....
Sissie het eers vyf uur weer in die bed gekom, nadat hy gesukkel het om die katte verby die hond te kry.  Bure se hond is nie Gunthie se shit werd nie.  In plaas van blaf vir sissie wat op en af is voor die erf om die katte uit te kry, hardloop die hond op en af en waai sy stert.  Welkome besoeker in die oggend-ure.  Ja, as jy wil stront maak, wees reg om dit te eet.