Sunday 12 July 2015

Nagskof

Hulle het mekaar se koppe bygekom. Versnipper mekaar se hare. Vol gate. Ek gee hulle 'n sker om maar eerder alles stomp af te sny. "En as julle mekaar se koppe nou gaan raaksny en een tjank dan neuk ek julle!"
Ma V het my gewaarsku. 5min engeltjies en 5min duiwels. Ek ry wipplank saam die 5min. Nes jy dink alles is verlore dan kom daar weer 'n goue oomblik. Die een waar die onverklaarbare gevoel na vore kom. En meer as wat jy graag wil wys kan jy nie help om te lag.