Friday 10 July 2015

Die Sirkel

Alles begin en eindig by dieselfde plek. Stof tot stof. Ek dink ek is nou besig om van kind tot kinds te beweeg. Is dit nou die einde van my sirkel? Ek is terug in die kinderhuis. Tannie, daar is 'n groot verskil tussen 'n koshuis en 'n kinderhuis! vertel die kind my. Ek bly net stil. Asof ek nie weet nie, dink ek. Wees julle maar die slim seuns. Vertel my dit en dat. Ek luister met gepaste verbaaste oe's en a's om te bevestig ek slaan ag. Maar waar kom die liefde in my hart vir hulle vandaan? Is dit hoe dit voel om kinds te raak? Amazing
Is daar in ons lewens die geleentheid om te vergoed wat ons verbrou het? Kry ons die geleentheid daartoe en hang dit af van onsself of ons dit gebruik?