Monday 6 April 2015

Ewige rus

Wanneer laas het 'n skaap vir jou geskree: maaaaa maaa" en dan antwoord jy: ja my ou meisie"
en gesien hoe bad mossies in jou voorplaas in die stof
en gehoor hoe moooo die koeie
en gesien hoe loop klein kinders sorgloos in die grondpaaie
en gee jy 'n beseerde voel slaapplek op jou grasperk
en raak jy kinds as jou hoendertjie vir jou eiertjies le
en raak jy liries as jou haantjie die dagbreek uitskree
en groet die kalkoene jou in die oggend
en gaan staan die beeste stil om hallo te se as jy deur die veld verby hulle stap met klitse in jou kouse
en die plaasboer stop eers om hallo te se
en die trekker dreun verby jou
Vader dankie