Friday 13 July 2012

Dog Wearing a Funny  Costume consisting of a wig, glasses, and a chain necklace with medallion- Picture, Stock Photo

Somehow beland ek toe by die dokter, kyk al in die spreekkamer rond, net nie in sy oë nie.  Ek vra hom vir strespille want ek dink my hart wil gaan staan.   Hy vra, nou waaroor stres jy?  Ek begin sweet van verleentheid, mompel iets van die werk, en hy begin ook met slimstories kom van: dis nie nodig dat die werk jou moet opstres nie ..... Ek dink, shut up fuck-face.  Ja, sê ek, ek mompel verder: dis maar ander goed ook.  Hy begin die voorskrif skryf.  Jy is 49 sê hy.  As ek 50 is, sê ek, soos ‘n regte damduiker, gaan ek ‘n groot partytjie hou, met baie musiek,  ... (netnou dink hy ek is ‘n suiplap) ... en dan gaan ek net sit en luister na die musiek, las ek by, .... ek kyk op die stadium maar eerder by die venster uit.  Watse stront praat ek nou, ek hoop nie die blerrie patete is aansteeklik nie.  Die pilletjies staan nou in my badkamer.  Dis al ‘n maand en ek het nog niks gedrink daarvan.  Net om vir die pakkie te kyk, of om te onthou daar is sulke goed, is kalmerend genoeg.  All in the mind, can you believe it.

Ek het vir my cafe-hare gekoop.  Blonde bob.  Die eerste paar dae het ek onkundig rondgeloop met hare wat skeef sit en bly afgly.  As ek iets doen en afkyk, dan val die hare af.  As ek vir Gunthie moet kos gee, dan beland die bob in die kosbak.  Gelukkig kry ek toe ‘n expert wat my verduidelik dat ek ‘n pony bo-op my kop moet maak dan is daar meer body, en by die ding bo.  Nou loop ek soos ‘n madam rond met die bob.  Ek is besig met ‘n besparingsveldtog.  Dis meer ekonomies en minder stresvol.  Oral kyk mense na my.  Ek is gesofistikeerd.  Ek staan uit in ‘n skare.  I am sexy.