Wednesday 30 October 2013

31 Oktober 2013

My timing is uit.  Ou kar op 50.  Ten Volle Werkloos.  Breek ek die nuus op die oujaarsaand van ons 3e huweliksherdenking.  Sissie skrik so groot, die kersliggies word nie eers aangesit nie.  Herinner hy my vanoggend van die spesiale geleentheid.  Vir julle jongetjies klink dit seker soos ‘n horror movie.   Toemaar, as julle ook bejaard raak, sal julle agterkom dit lyk net so erg.  Bejaardes met ‘n positiewe denke, is soos graad R’e.  Vol stories en lag.  Ok stront ook. 
Die vertroue wat ek gehad het in die mensdom is nou total uitgewis. Kisboude.  Klaar met julle.  Ek voel soos Kupido Kakerlak.  Desperaat en magteloos.  Hy het tot die bitter einde sy geloof behou en sy eie desperaat en magteloos daaronder verberg. 
Dis omtrent 2 jaar later.  Dis weer tyd om jockeys te gaan koop. Alweer die stryd.  Medium of Large.  Ek dink die medium het geskeur omrede die materiaal swak was.  Ek gaan hulle sue.  Om een of ander rede is die medium se lap sagter by die rek.  Die blerrie goed is duur.  Sal maar net eers 2 koop.  Dink julle die large gaan te groot wees?  Dalk moet ek net eers 1 large koop.  As die lap mooi hou by die rek, dan is die large se materiaal defnitief sterker.    Skelms. 
Arme kind, ek is so gestres, ek kan nie reguit kyk nie.  Sukkel om ‘n doring uit haar voet te kry.  Dan is die bril op, dan is die bril af, dan skree sy, dan skop sy, blerrie hel.  En om die 2 tweezers in hierdie deurmekaar plek te kry, is heeltemal onmoontlik.  Toe plak ek maar ‘n pleister op.  Die doring in die vlees.  Ai, ja, kom ons steek dit maar eerder weg.  Mense hoef nie alles te sien en te weet nie. 


There’s a new girl in town.  Maggie is haar naam.