Tuesday 21 February 2012

Geloof van 'n kind

‘n Vader sê vir sy seuntjie: “Boetie, alles wat jy vir vader Krismis vra, kry jy.”  Boetie dink dis ‘n goeie plan.  Hy skryf ‘n brief en adresseer dit aan vader Krismis.  Hy pos dit, die posmeester maak dit oop en lees: “Liewe Vader Krismis, stuur asseblief vir my vyf rand.  Baie dankie.”
Die posmeester glimlag, steek die brief in sy sak en neem dit na sy vriende.  Hy lees vir hulle die brief voor en hulle lag daaroor.  Net vir die grap gee elkeen van hulle ‘n rand.  Toe die posmeester weer die knapie sien, gee hy dit vir hom en sê: “Boetie, vader Krismis stuur dit.”  Die outjie sê vir hom: Dankie, omie.”
Twee dae later kry hy weer ‘n brief – dieselfde handskrif, dieselfde adres.  “Liewe Vader Krismis, baie dankie vir die vyf rand wat u aan my gestuur het.  Maar onthou ‘n bietjie as u weer vir my geld stuur, om dit nie weer saam met die posmeester te stuur nie, want hy het twee rand gesteel.”