Saturday 11 February 2012

And away they go!



Ek dink nie ek moet ooit weer na ‘n begrafnis toe gaan nie.  Dis ‘n blerrie waste of time.  Om nou eintlik wat daar te doen?  Met jou lam gat daar te sit terwyl die predikant klomp goed gorrel.  Die een vertel opgewonde meer as die ander een: O, net laas week het ons dit en dat ...... net die aand voor die doodspetalje toe praat ons nog ..... ?kak? asof daar ‘n voorgevoel was????  Wat, laat dit jou nou belangrik voel, ongebalanseerde?
Ek sê vandag vir julle, as ek omkap, los my uit.  Geen kerkdiens en shit nie.  As mens nie aan ander liefde kan betoon terwyl hulle lewe nie, dan bestaan dit mos nie.  So die gerondstaan met trane in die oë, asseblief.    
So het dit nou weer met my prestasie in my eie waansinnige oë gegaan vandag.  Ek doen die 32km: kom by die huis aan soos die verlore seun, ek dag ek gaan een of ander toekenning of geslagte vark kry, geen navraag, geen gelukwense.  Pluk my moer, gryp ek die flat bread, moer dit teen die vloer, tel dit op, kap dit moer toe op die kas, pluk die hele brood in sy moer terwyl ek skree soos ‘n donnerse mal ding.  Ek dink jy moet bietjie gaan rus, word daar vir my gesê.  
Ek dink jy moet eerder fokof, soos in vir altyd, is wat ek te sê het.

So het ek toe die 32 gedoen.  My gevolgtrekking:  dit was moontlik om dit te doen.  Dit was moeilik, maar dit was bereikbaar, so asof dit nooit regtig gebeur het nie.  Ten minste het my klub-girls gedink dis great, en natuurlik waardeer ek dit.  Julle is die beste.  Vergewe maar as ek party keer lelike goed op my blog skryf oor mense, maar kyk maar waar kom party van ons vandaan, en nog belangriker, waar gaan ons.  Dis maar ‘n alleen pad meeste van die tyd.  Sien, dis al wat nodig was om te gebeur om my te laat besluit dat ek nooit weer die begrafnis ding gaan doen nie.  Ek gaan seker erg daaroor verwyt word.  Kan julle solank aan die idee gewoond raak.