Sunday 20 January 2013

2013







En ons gaan die Nuwe Jaar in met ‘n “bang”.  Julle besef nie die pyn wat ek deurgaan om hier te tik nie.  My dik vel, nie die dunne nie, die dikke is van my middelvinger geskeur.  En dit net alles deur Gunth.  Met sy eerste klassie het dit redelik goed gegaan, maar iewers het ‘n skroef uitgeval, en hy is weer die ou Gunth, vol mannewales en shit.  Die goed het mos ingebreek in my huis.  Kom ek daar, net polisie en buurtwag en toeskouers.  En ewe verwese staan Gunth daar, verward, weet nie what the fuck toe die hele taakmag toesak op die huis om die goed te vang.  Twee lê op die grond, die ander een is weg.   Ek is in ‘n verskriklike emosionele toestand.  Gunth!!!!!! Kan jy nie eers drie goed arresteer nie?????? Jy het my gefaal!!!!   Ek drink dadelik ‘n pil.  Fok die gesteelde goed wat oral rondlê.  Wat het gebeur???   So ewe kry ek omtrent alles terug op miskien 10 items na.  Wie worry.  Fok die 10 items.  My Gunth!!!   Is jy nou ‘n fokken sissie?????  Ek slaap omtrent vir 3 nagte nie.  Johan is nie by die huis.  Ek besluit dat my bodyguard binne moet bly in die nag en wanneer ek van die werk afkom neem hy sy plek in langs my.  Is dit nou waar ek die fout gemaak het.  Is dit nou waar die nuwe windgat houding vandaan kom?  Ek het dit eergister al opgemerk toe hy vir Johan grom.  Daar is iets anders omtrent hom.  My kamer en my studeerkamer is Gunth sin.  Dis syne.  En ja, ek ken my hond.  Bewys hy my vermoede is reg vandag met klassie nommer 2.  Kort-kort sit hy daai houding openlik aan.  Ek moet net bontstaan soos hy wil kak maak.  Daar is ‘n ander goed?/ wat die honde tart. en dan moet hulle aanval, maar nie soos hulle wil nie, soos hulle geleer word.  Gunth word vandag so ‘getug’ hy weet ook self nie meer wanneer mag hy wat doen nie.  Hulle maak hom vas aan die bakkie, met ‘n lang tou.  Nou kan haar maar na hartelus ruk en pluk soos ‘n gek hond.   Ek loer hom so.  My seun, mamma is bly jou gees is nie geblus nie.  Ja my seuntjie.  Jy het nog steeds die wille streek in jou.  Mamma is veilig solank jy by haar is.  Fok die huis.  Ja seuntjie.  Hulle kan maar alles steel.  Johan pas mos die huis op.  Hy pis mos oral rondom die huis (figuurlik retards).  Laat hy sy eie kak oppas.  Jy verstaan presies reg.  Dis net mamma en jy.  En die hele klassie kyk met respek na mamma en seun.