Sunday 30 December 2012

Happy New Year!


Dankie tog dat om Nuwe Jaar te vier/opgewonde oor te wees nog nie beskou word as sonde nie.  Of is dit, dat ek nog net nie daarvan gehoor het nie.  Ek het vir Gunth vroeg uitgevat vir sy Ou Jaar 5km Afsluting.  Ons het lekker gestap.   Kom ‘n vroumens met haar dik hond, en die beur al na ons kant toe.  En simpel vroumens laat haar maar net sleep agter die dik hond aan.  Ek en Gunth het ons dadelik vererg.  Wat soek hulle met ons?  Dit het my drie rukke en drie shock-stok lawaai moes maak, sodat Gunth ook maar net soos ek ewe vererg aanstap.  Eintlik moes ek hom gelos het dat hy die twee net so klein amper lessie leer.  Maar, na ek vanoggend vir hom aangepor het om ‘n groot voël te jaag, en hy met brute krag die ketting uit my hand geruk het, en ek die spierkrag-aksie gevoel het wat deur my hele lyf gesny het, het ek gedink los die dik gat hond.  Nou-nou gaan ek en Gunth die Nuwe Jaar in die tronk sit.  Julle weet my osteoporose laat nie sulke aksies toe nie.  My seun het gisteraand in my kamer geslaap.  Hy is nie gewoond binne slaap nie, en ek het gewonder wat sy reaksie sou wees in case of crime.  J besluit toe teen 11uur om te kom kyk wat aangaan, want ek antwoord nie my foon nie, (seine).  En natuurlik, my seun het my nie teleurgestel nie.  Hy het presies geweet daar gebeur iets wat nie moet gebeur nie, en keel opgesit.  En sover ek met die flitsie geloop het, was hy langs my.  Ek besef nou eers dat dit blote gehoorsaamheid is dat hy so netjies met my verkeer waar ons gaan.  Die oomblik as die bom bars, wat ook al die omstandighede, gaan ek hom nie kan beheer nie.  Goeie les vir my.  Ek hoop net dis nie ‘n onskuldige ou wat gaan deurloop nie.  Dis die ding met Gunth.  You never know.  Alhoewel, hy het ‘n goeie gevoel omtrent “mense” if you know what I mean.  So sluit ons dan die Ou Jaar af.  Rustig, sober en dankbaar.