Monday 24 December 2012

I love my man


Van nou tot die einde van Desember en 1 Januarie is daar ‘n opgewondenheid in die lug.  Baie mense glo nie aan die herdenking van Jesus op 25 Des nie, maar die feit is, ons/hulle word meegesleur deur die voelbare reaksie.  Wel, wat maak dit saak?  Jesus het nie gesê as jy verkeerde dag sy herdenking of krusiging van sy geboorte vier, jy hel toe sal gaan nie.  Hy het gesê, ... Jou God kom eerste en dan moet jy jou naaste lief hê soos jouself.  So, aangesien die Nuwe Jaar nou spoedig naderkom, kry solank die lysie gereed van wat jy graag sou wou doen om te werk aan jou siel.  My papiergoed/laaste wense en instruksies is al lankal agtermekaar, maar ek faal die belangrikste taak, dis my gehoorsaamheid aan God.  Gunth is gedip, ek het sy ore skoongemaak, maar ek skrik as ek vir daai toonnaels kyk.  Good glory, ek sien nie kans om dit te sny nie.  Netnou maak ek my seuntjie seer.  Ons is te arm om ‘n wheateater te koop.  J het iewers een geleen, en die res van die bossies wat so hoog was waarby my tuinhulp nie uitgekom het nie, plat gesny.  Lyk goed.  Ja ek weet,  dit gaan weer groei.  Hopelik sal een van julle vir my ‘n masjien stuur en dan hou ons net aan sny en sny.  Nee, ek kan nie gif spuit nie.  Weet julle hoe groot is die erf?  We are going green! 
Vir die eerste keer sien ek hoe ‘n voël? ‘n nessie uitmekaar uit skud.  Liewe land,  Ek dag dis ‘n teken.  Die wit goed wat so hoog deur die lug val.  Skrik my eers laf, toe sien ek madam is waansinnig daarbo.  J J J het blykbaar die nessie al om sy gat gebou. Soos dit enige ware waansinnige dame betaam, hou sy nie op tot daar NIKS meer oorbly nie.  O my, is alle vrouens so? 
Ek het nie meer ‘n eetlus nie.  As ek dik word, is dit die gaskoeldrank.  Niks wat ek aan dink wil ek eet nie.  Is dit dalk die teken?  J het darem vir my kos gemaak.  Dag 1: aartappelslaai en tamatieslaai en gaskoeldrank en piesangs en custard; Dag 2: aartappelslaai en tamatieslaai en gaskoeldrank en piesangs en custard.  Dag 3:  aartappelslaai, daar is nie meer tamatieslaai nie, piesangs en custard.  Dalk moet ek maar ‘n klein pizza gaan koop.  
O, my lysie?  Well, can you believe it.  Sit almal.  Nee, wag, ek sal julle later van my lysie vertel.  Vandag, is dit “I love my man day”. In my moontlike 3 minute van normale breinfunsie, take note.  Daar is nie ‘n ander man vir my nie. 

I love you J