Tuesday 18 December 2012

Run away

Ek was presies 4 nagte en 3 dae weg, en in plaas van rustig wees, en bly wees om weer by die huis te wees, is ek in ‘n nagmerrie. 

Ek weet nie hoe om dit te bewoord, sonder om aanstoot te gee nie, maar nou ja, fuck the foreplay.  Ek wil graag hê dat julle almal moet besef, dat soos wat ons nou in hierdie sondige wêreld leef, niemand meer krag het om iemand anders se sorge te dra nie.  Ons almal se eie eie eie lewens is vir onsself soms ondraaglik.  Ek het nie meer die krag om ander sin ook te dra nie.  Ek het doodmoeg teruggekom vandag. Gedink hier is vrede vir my.  Al wie bly was om my te sien was die diere.  Die sexy boodskappe wat ek solank aangestuur het huis toe, onbeantwoord.  Ek is verwerp.  Ek voel verworpe.  Ek is ‘n verstote vrou.  Ek is gewoond daaraan dat my liefde onbeantwoord bly, maar dat my jagse praatjies ook nou moer toe gestuur word, het my diep diep gekrenk.  Het julle enige idee hoe ek voel???? My life is over!

Ek was presies 4 nagte en 3 dae weg.  Tommy is ook nou moer toe.  Vir die presiese 4 nagte en 3 dae wat ek weg was, is ek verantwoordelik vir die verlies.  Dis een groot fokken tragedie.  Ek  is lus en doen my: now you see me, now you don’t toertjie.  Retards, Tommy is die wit siamees.  Ek is baie baie deurmekaar.  Ek weet nie meer hoe om te reageer op enige iets nie.  Alle skroewe en skaniere het losgekom.   Wat moet waterpas wees, is skeef. 
Die stelling:  hou net op om te kla.  Ons het ons beddens opgemaak, so slaap of pomp op die ding as jy nog gelukkig is om ‘n “aktiewe partner”????? te hê.  As jy nie meer ‘n bed het nie, pomp op die vloer.  Terwyl jy nog ‘n vloer het, is daar heelwaarskynlik nog ‘n dak bo jou kop.  Wees dankbaar. 

Ek moet my gat roer as ek ‘n dak bo my kop wil hou. Ek bedoel in die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien.  Praat gerus jou hart uit, maar fok, ek kan nie soos die anti-chris wonderwerke doen nie.  Ek is maar net ‘n dom poepol wat reageer op klagtes en raad gee soos ek dit goeddunk.  En ja, soos julle almal geen erkenning kry van enige iets wat julle doen nie, so kry baie ander mense dit ook nie.  Jy sien, party mense soek erkenning as hy 'n koppie koffie vir iemand gemaak het.  Die ou wat die koffiebone in koffieland gaan haal het, en ook koffie vir iemand gemaak het, soek presies dieselfde erkenning, al was sy werk baie meer.  Dis belaglik.

Wat is die boodskap van die dag?  Nee my boodskap sal julle omkrap as ek nou regtig die wasgoedmandjie omkeer.  Ek probeer altyd sensitief wees vir ander se gevoelens.  Die feit is, ons klagtes en stres gaan meer raak soos die einde van dae naderkom.  Ek vra eerder dat ons Vader my genadig sal wees.  Hy weet wat Sy wil is vir my.  Help my Vader!  Help vir Mara, die erkende sondaar.  Ek wil nie graag die wasgoedmandjie bo-oor my eie kop omgooi in 'n waansinnige oomblik nie.