Thursday 2 May 2013

Thats Life


Ek wil net sê: skepsel, jy besef nie die invloed wat jy op ‘n ander se lewe het nie.  As ek terugkyk op my lewe, dan sien ek die invloed wat ek gehad het op mense.  Goed en sleg.  Dink daaroor.  Al is jy ‘n dom parra, jy het nog steeds ‘n invloed op ander mense gehad.  Punt. 

Ek en Gunther het ‘n skamele 5km gaan stap.  Ons is nou ewe dik en lui.  Maar ons het dit gemaak.  Wel, dis nou eers die middel van die jaar.  Ons het nie te sleg gedoen nie, stem julle?  Daar is nog ‘n hele halwe jaar oor vir nog ‘n moontlike poging.  Ons wil nou nie Rome oornag bou nie.  Ek hoop julle sien ons as ‘n goeie voorbeeld.

Ek gaan nou bed toe.  Dis 6:35.  Julle het nou twee lesse gekry vir die dag. 

My lewe op die stadium is nou in die weegskaal van verskeie opsies.  Ek dink met die een opsie is ek geweeg en te lig bevind.  Ek is seker julle weet hoe dit voel om te lig bevind te word.  Al wat ek kan sê is,: ek kan dit nie glo nie. Ek het gedink, weens die sterkte van my vlees, sal ek darem  bietjie meer geweeg het, en swaarder bevind word.  Good night.