Friday 10 August 2012

Karate Kid



Ek het so ewe braaf al my goed uitgepak om te werk, nou is ek nie lus nie.  Ek sal eerder gaan slaap.  Een broodrolletjie later met 'n sojapatty en my oë val toe.
Gaan maar tee drink om langer wakker te bly.  Ten minste tot 7uur (ha ha). I am NOT joking.
Daar was 'n inwonervergadering vanoggend, toe maak ek my appearance.  Die wat toe nog nie gesien het nie, sien toe die hare.  Ek is ook nie links nie, en begin daar met 'n modeparade vir hulle.
Toe ek klaar is, stap ek agtertoe, en daar sit die voorsitter so ewe.  Hy sê toe: Elmarie, ek hoor jy is 'n expert op pruike.  Kan jy ons dalk help?
Natuurlik, ek weet alles van pruike af, sê ek toe.  Sy vrou is nou half in 'n ander wêreld, nou moet hy haar help aantrek ens.  Lyk my die hare het hom ook onder gekry.  Hy gaan ook nou pruik koop!  
Ek het die hare gister gewas met babashampoo en stasoft, die vrou by die oord wat al jare pruik dra het die resep gegee, alles in koue water.  Vanoggend toe lyk ek weer soos 'n nuwe vrou en ruik so lekker.  Ek het nou 'n koue tamatie geeet, nou pyn my tand.  Blerrie hel.
Darem het Johan die skottelgoed gewas, net 3 potte en 3 bakke gelos.  Ek sal dit seker more moet doen, dalk doen hy dit voor ek daarby uitkom.  Ek het nou die dag een van Johan se plakkies in Gunther se hok gekry, toe steek ek gou die ding weg onder die tafel in die eetkamer.  Paar lelike merke daarop.  Hy het toe glo gesoek na die ander een, en kry toe 'n brainwave dalk het Gunther die ding, en wragtig, kry hy dit in sy hok.  Dit was toe ek Klerksdorp toe was.  Hoop nie hy het my hond aangerand terwyl ek weg was nie.  Gunthie sal hom byt.  Hy vat nie kak nie.  Gunther wag net tot Johan sit, dan kom lê hy voor die glasdeur en "ie ie ie" Dan vlieg Johan op, dan jaag hy hom, dan vlieg ek uit, dan vloek ek Johan, " ek gaan jou fokkon wegjaag - gaan soek vir jou ander blyplek”  Dan gaan sit ek, dan gaan sit Johan, dan kom Gunthie weer terug, Dan is dit weer Johan wat opvlieg" voetsek”, dan vlieg ek op, jou dom p*@s ..... fokkon damduiker, dan moer ek hom, nou die dag toe skop ek hom op sy been, en toe kap ek die wasgoed ophanglyn se pote in sy tone in, hy skree, ek attack.    Tot Kokkie begin naderhand skree.  Ek wonder of die mense hier agter iets kan sien, of die gevloek kan hoor!!!!  Ek is 'n damduiker.
Ek sê vir Johan, doos, ek mag nie sulke bewegings uitvoer nie (karate kid) - nie in my kondisie nie! Hierdie oefening hou soms aan vir ‘n hele paar uur. Op en af, vloek, skree, op en af ... En al die goed gebeur net as Gunthie sien ek is by die huis.

Kyk ons maak hom klaar.  Tot Sandy, as hy op die bank sit, dan kom staan sy so ewe voor hom, dat hy kan move, sy wil graag daar lê.  Hy gaan ons almal nog uithaal,  (ok ok have mercy!)

COMMENT:  One submarine down! 
Ons is mal damduiker maplotter fokkers! Don't mess with us!

THANKS DOLL!