Tuesday 21 August 2012



Gertjie het sy vinger op een of ander manier met ‘n vreeslike skerp mes ‘n groot gat ingesny, sodat die vingervet so uitpeul.  Nou weet ek nie wat presies met die vinger die probleem is nie, Gertjie sê die vinger moet nou eers weer gebreek word dat dit kan reg aangroei.  Gertjie is die outjie by die Kerk.  Ek sê toe vir hom: Gertjie, koop ‘n bottle brandewyn, dan drink jy die helfte skoon uit, dan eers breek jy die vinger.  Maar oppas, as jy dalk dronk is, breek jy die verkeerde vinger, dan is twee vingers moer toe.  Hy lag toe net en vra nege rand om te leen vir sigarette.

Die hairdresser loop met sulke kort treë, dan swaai sy die lyfie so heen en weer.  Sy staan toe voor my kollega, en probeer haarself baie ryk en vernaam hou deur te sê: Mauritius is die mooiste plek in die wêreld.  Die pragtige wit strande, die mooiste mooiste kleur water (ek kan nie die kleur onthou)  O! die beste plek waar ek nog was .... (swaai lyfie) .... (swaai lyfie).  Ek kyk vir my kollega, sy ken my kyk, toe sê ek, Ag weet jy, ek en kollega hou niks van Mauritius nie.  Ons gaan sommer Bona Core dam toe.  Dan braai ons, dan suip ons, en netnou swem ons tussen die hyecinte (ek sal later die spelling kyk), en dis net party-time.  Wie wil nou gaan rondloop op ‘n boring strand.  Ons is waar die aksie is.  By die dam.  Regte damduikers.  Ons eet barbers.  That is life.  Sy kyk my so geskok aan, toe swaai lyfie sy ewe verleë by die deur uit.  

Ja, waar is die dae.  Ek was ‘n damjoller.  Ek het boom gerook, geswem, en sexy gewees.  Ja, dit was dieselfde tyd toe die ouens wou gehad het ek moet vir hulle strip.  Hulle was super jags.  Maar ek sal julle los dat julle maar verder die storie uitdink.  Think what you like hey.  Freedom of speech, freedom of thinking!