Friday 15 February 2013

Mara Meraaitjie se suster: kommentaar vir mission accomplish


My suster bly my held. Soms pis sy my so af dat ek sweer ek praat nooit weer met haar nie en onterf haar ook sommer. Want sien, as sy nie 'n ding wil doen nie, dan doen sy dit nie. Klaar. Ek kan dit natuurlik nie verstaan nie.. Want ek sal enige iets vir haar doen! Hoe kan sy nou so wees! Verstaan sy nie hoe ernstig my probleem is nie of hou sy haar nou net stupid en hardegat??? Maar op die einde kry sy dinge reg wat ander nie sal kan bemeester in al hulle sogenaamde eie geskepte glorie. Moral of the story: as sy besluit sy doen niks dan is dit wat jy kry : Niks. Bel, skryf, stuur polisie en taakmag. Daar is "no reply" en "no comment". Maar as Ouma se Meraaitjie 'n mission maak van iets wat haar hart raak, hou sy aan tot daar sukses behaal word. Nes in 'n Shrek movie, and they lived happily ever after.