Thursday 21 February 2013

Liar

Ek sien die hoofopskrif: Killer regret ......Nou val almal soos dwase vir hierdie ‘regret’. Daar is nie so iets nie.  Dis nie die daad wat die ‘regret’ aanwakker nie, dis die gevolge.  Toe die daad gepleeg was, was dit die regte ding in jou siek kop om te doen.  Toe jy die bottel drank uitgesuip het, was dit die regte ding in jou kop om te doen.  Toe jy jou vrou gemoer het was dit die regte ding in jou kop om te doen.  Die regret is die gevolg wat nou vir jou ‘n las geword het.  Jou vrou het jou gelos, nou het jy kamtig regret.  Dis die kak wat jy gemaak het met jou dronkgat wat nou die gevolge voor jou deur lê.  Is ek die enigste persoon wat deur ander mense kan sien?  Dis eienaardig dat die meerderheid van mense so fokkon stupid is.  I am telling you.  Dis die ou wat gesteel het, wat die gevolge nou moet dra.  Die gesteelde item was aanloklik, jy het dit geneem, dit was verkeerd, maar, waar pas die regret in?  Dis die feit dat jy jou werk verloor wat die regret nou veroorsaak.  As jy kan, steel jy weer dieselfde ding.  Dis maar goed ek is nie die enigste judge in die wêreld nie.  Die ouens sou swaar gelewe het.  Ek is nie ‘n dom poepol nie.  ‘n Goeie voorbeeld is die ou wat gerook het.  Toe hy dit gedoen het was dit lekker.  Hy het nie regret nie.  Hy het maar net ‘n keuse gemaak om op te hou rook.  Regret se moer.

Jou sondige natuur laat nie regret toe nie.  Jy is stof.  Hoe weet ek die dinge?  Want ek is ook 'n sondaar wat al baie foute gemaak het.  Ek weet net dat sekere dinge beter is om nie te doen nie, maar as dit gedoen is, is dit gedane sake.  Dan leef jy daarmee, jy leef met die gevolge, nie die regret nie, dom doos.