Sunday 31 March 2013



Daar kom ‘n tyd in mens se lewe dat jy ‘n sterk gevoel kry om aan te beweeg.  Dis asof omstandighede alles saamval soos die dolosse wat val soos dit moet.  Ek dink ‘n mens is gebore om te swerwe.  ‘n Rustelose siel.  Wat die siele van die wat saam hulle beweeg omkrap.  Ye right.  Dan is dit maar so.  En as ek nou mooi sit en dink aan hierdie dinge, en ek dink aan sekere gedeeltes in die Bybel, dan voel ek nie asof ek iemand te na kom nie.  Daar is sekere regte wat ‘n persoon homself kan toe-eien as die situasie dit regverdig.
                                                                                                      
Ek kan nie glo dat Doodles so diep in my hart gekruip het nie.  Ek het sy hok groter gemaak.  Hy is nou ‘n volwaardige deel van die gesin.  Ou snaaksie, partykeer as ek in die hok staan en krap in sy slaapplek, dan klim hy so ewe in hier langs my verby asof hy wil kyk wat ek doen.  Hy slaap op sy sy, nes ‘n kat.  Eerste keer gedink hy is dood,  roep en roep, maar hy is so diep in droomland, hy hoor niks. 

Daar is altyd keuses wat gemaak moet word.  Ek het simpatie met die posisie waarin jy jou bevind my sussie.  Dis maklik om beter te weet, maar ons is nie in jou situasie nie, en ons is ook nie jy nie, ons dink anders.  Op die einde van die dag verloop al die beplanning in elk geval nie soos wat ons dit voorsien het nie.  Jammer as ek so hard is met die mense na aan my.    

Terug na paragraaf 1.  Waarop stuur die paragraaf af?  Ye right.  As ek ‘n mandjie mielies het, is dit my keuse om daarmee te maak wat ek wil, want wetlik gesproke, het ek dit gekoop.  Almal het gesien toe ek die geld betaal daarvoor.  Dis myne.  Indien ek dit langs die pad in ‘n onbesonne oomblik laat val, en dis vol grond, en ek sit dit terug en stap verder, is dit ook my saak.  Dis myne.  Nou hier kom die moeilike deel.  As ek gesien het jy staan vir my en kyk, en jy sien iets is fout, want die mielies lê die grondpad vol, en jy kom help my nie, wat dink jy gaan my reaksie later wees.  Moet nou nie slim raak nie, onthou die woord later kan 5 minute later wees, of dit kan latere jare wees.  Die punt? Ek sal nie daar wees om die reaksies te sien nie.  Ek sal nie (soos jy) nodig hê om te maak of ek nie gesien het hoe jy met jou mielies val nie, sodat ek jou nie hoef te help nie.  Ek laat die saak hier....

Ek weet julle verwag nou iets eerliks van my.  Ek moet dit van my hart afkry, want dit broei en broei.  Al wat ek my lewe lank gevra het, was ‘n klein bietjie erkenning.  En of dit reg en of dit verkeerd is, wie worry.  Ek het my slegste gegee, en later wou ek net altyd my beste gee met alles wat ek doen, moontlik om met my gewete saam te leef aangesien ek die enigste sondaar is.   En wat my regtig erg beswaard maak, is die feit dat ek blykbaar in my persoonlike  verhouding met mense die onmoontlike verwag.  Ek wou net die bietjie wat in die emmer oor was, mee woeker.  Want in die emmer was ook 'n saadjie wat in my geplant is, dat hopeloos, sleg is.  Whatever.  Laat ek toe dat swakkelinge my kranksinnig maak?
 
Terug na paragraaf 1 en 4.