Sunday 10 March 2013

So gaan dit maar


Ek het baie werk gedoen die naweek.  Twee notules, die Kerk se boeke, die Kerk se vorms, Kerk toe gegaan, Gunther gevat vir ‘n stap, Kokkie twee keer uit die hokkie gehaal, Doodles gevryf en vlooipoeier gegooi.  Voorberei vir 2 vergaderings vir die komende week.  Navrae op my ander Oord se boeke gedoen.  Intussen nog geclick for my mercy goed.  Gevote vir Gunther.  My “Causes” se petisies afgehandel.  Die bossies buite gif gespuit.  Gunther se siek oor behandel.  Die Kerk se geld getel, my toonnaels gesny.  Intussen gou 2 movies gekyk ook.  Nou ja, daar is nog tyd om gou te blog.  O shit, ek het vergeet om my pruik te was. 

Dit was die gedagte wat vanoggend deur my kop gegaan het toe ek ewe vol sonde die kerkbank warm sit.  Hoe sien ons onsself.  Pasop om nie verward te raak en iewers in te bring: hoe dink jy sien ander jou.  Nee, dis hoe sien jý jouself,  En vergeet nou van jou geloof en Bybelgesig.  Alhoewel die gedagte in die Kerk gekom het, het dit niks uit te waai met jou gevoel vir God nie.  Daar is egter een uitsondering, as dit swaar op jou hart lê, dan moet moet moet jy dit noem.  Ek het nie juis aandag gegee nie, maar toe die liedjie: soos ‘n Hert smag na waterstrome smag my siel na U O God, ....... begin, toe tjank ek sowaar.  En ek het wraggies vergeet om ‘n tissue te vat! 
Gunther het mos die onvergeetlike of is dit nou onvergeeflike daad gedoen!  Wraggies, toe J Vrydagmiddag instap by die huis, en in die gang afstap, en by my studeerkamer se deur kom waar ek en Gunth besig is met ons talle take, toe begin hy grom.  Toe hy sien J kom nog steeds nader ongeag sy waarskuwende gegrom, toe val hy aan.  O my soul!  En hy neuk nie hier onder by die enkels rond nie, nee, hy staan regop en baklei.  J in skok, skop na hom, ek in skok, spring tussen in.  Ek kan nie sien dat Gunth aangerand word nie.  Toe klap ek die deur toe om Gunth weg te kry.  Ek sê: ek sal self my hond uitvat!  Daarna moes ek mooi verduidelik dat Gunth by die klassie leer as iemand aggresief nader kom, moet hy aanval.  Ek het het ook verduidelik dat hy eintlik so bietjie deurmekaar geraak het met wie moet hy byt en wie nie.  Jy weet die arme hondjie is nog nie so lank by die klassie nie.  Ek het darem net nodig gehad om 9 tone se naels te sny.  Die ander een is afgeruk in die proses.  Alles gebeur ten goede.

Nee, ek dink ek misbruik myself.  Ek krap 2x ‘n dag Googles se gate toe, dat hy weer nuwes kan maak.  Dis goeie oefening vir hom.  Hy laat toe dat ek hom vryf.   
I feel trapped.  Daar is ‘n leemte in my lewe.
Hulle wil nie meer hê ek moet my Beradingsdiploma voltooi nie.  Hulle het besluit ek moet ‘n Maatskaplike Werker (Bachelor of Social Work) word, die geld sal ons nie oor worry nie, ons kan ooreenkom of dienste lewer of so iets.  Ek weet nie of ek kans sien hiervoor nie.  Ek het raad gevra van iemand met baie gesag en ondervinding.  Hy sal more met my praat.  My vrees is: wat as ek faal?
Ek wonder: op 50, is al die goed die stres werd?                                                 
Op die einde, sal alles tevergeefs wees, alhoewel ons die tevergeefse pad moet stap.  Niks wat ek doen, geen lesse wat ek leer, kan my verander nie.  Net God kan my verander.