Friday 23 March 2012

Yes, we got be-friend


Ek kom van die werk af en begin vloere vee.  Sissie sê: was sommer die skottelgoed ook.  Ek antwoord:  weet jy sissie, as jy net jou  P.bek  wil hou, sal dit baie help.  Hou net op om met my te praat asb.  Moenie met my praat nie!  Vra hy ook so ewe of ek wil kos hê.  Nou beweeg hy op gevaarlike terrein.  Fokker, jy beter vir my kos maak as jy nie ‘n egskeiding wil hê nie.  Ek sal in elk geval nie weer skei nie.  Ek dros net.  Wat maak papiere tog in hierdie bedroglike wêreld saak?  Almal fraud papiere, ek sal ook as dit moet.  Ek kook sommer ‘n skeibrief wat my dalk R10 kos as om tyd te mors met prokureurs.  Dis ook seker die naaste wat ek aan kook sal kom.  
Ja slimjan, ek weet van Binnelandse Sake ... moet my nou nie afpiss nie aap.
Ek praat nou met die geleerdes, die ouens met ‘n goeie telling verstand:  raai raai .... do-ya-still-wanna-be-a-friend.  Ek dink my sussie is al een wat die een gaan copy.  Ek kry toe ‘n snaakse gevoel oor die be-friend.  Toe block ek.  Redes:  dis daardie snaakse gevoel. 
Ek dink my helmet het ingeskop.  As mense eers begin met al hierdie mooi ou prentjies en woordjies en versies en gebede  ....... daai goed doen jy tussen 6 en 16.  Enige iets daarna beskou ek as onstabiel.  Wat? is dit nou familiemoles?  Wie worry, sou Marco sê.  Los maar die versies en shit, doen bietjie oefening.