Tuesday 13 March 2012

Rename

Gister sê ek vir sissie: jy moet ophou om die kombuis te flood as jy skottelgoed was.  As die ou van die huis inspeksie hou en die kombuisblad is opgeswel, dan moet ek betaal.  Ek vra ook:  het jy tot by standard 4 gekom?  Sissie maak of hy my nie hoor nie.  Ek vra: was jy in ‘n spesiale skool?  Het jy nog nooit gehoor hout swel van water nie?  Hy besluit om iets te sê:  ek was in die spesiale skool en jou broer was in my klas.  Dit vat hom 'n paar sekondes om dit uit te dink.  Dis mos blerrie laster om so van my familie te praat!
Vanaand begin hy eerste met sy nonsense.  Ek staan nog so lekker onder die warm shower, toe gooi hy my met koue water.  Is ek de moer in.  My asem slaan weg, maar ek forseer die vloeke uit.  Ek gryp sy handdoek en smyt dit op die vloer, terwyl ek dit met my voet  oor die vloer vryf.  Dis ook mos 'n grappie dan nie?  Sissie begin toe katte inbring nadat hy belowe het môre gaan hy bietjie huis skoonmaak.  Ek is so bly.  Ek gryp die swartsak, ruk die deur oop en gooi dit op die stoep.  Op daai oomblik staan sissie met die siamees in sy arms.  Die skrik so groot, dat hy uit sissie se arms spring, in die proses los hy so paar bloedmerke agter.  Toe strip sissie sy moer.  Kan jy glo, hy skiet my met sy stompie!  Ek sê:  sissie, jy is ‘n pissie man.  Bietjie bloed sal niks doen nie.  Ek trek weer los en vloek.  Al die woorde wat ek ken.  Ek kom sit agter my lessenaar.  So nou en dan skree ek:  jou blerrie panty-draer.  Jy is ‘n meisiekind!  Gaan speel met jou gwap jou meisie!