Sunday 18 March 2012

Moenie kwaad met kwaad vergeld, suster

 


Is dit nou omtrent ses jaar gelede dat iemand my op facebook wou be-friend?  In die eerste plek was ek net daarop om kontak te hou met my seun wat N.Z toe is.  Toe hy terug is, het ek spore gemaak uit die duiwelse broeiplek.  Nou is hy weer sak en pak N.J toe, en siedaar! Terug is ek op F.B.  Vanaand het ek so ewe ‘n brainwave en stuur toe ‘n do-ya-still-wanna-be-a-friend?  Niks gehoor, can you believe it!  Stank vir dank.  Ag, dis Sondag, ons is nie veronderstel om die sondes van mekaar te onthou nie.  Ons almal is mense, ons almal het foute, ons almal ...... wag so bietjie, hoor hierdie een!
Ek dink regtig julle moet my begin betaal om julle so te entertain.  Ek skaam my eintlik vir die Herders van vandag.....  waarheen lei hulle die volk?

Pastor staan so ewe en vertel vir die gemeente hoe sleg dit gaan met sy vrou.  Hy raak so bewoë dat hy eers ‘n traan trek.  Maar moenie worry, sy sit hier agter die gordyn en luister na die preek.  Nou al sitplek wat ek ken agter die gordyn is die een voor die rekenaar.  Maar, ek moet bieg gemeente, oor wat Vrydagaand gebeur het.  My arme vroutjie het soos gewoonlik op F.B gegaan om met haar mede christene te gesels.  En jy weet, daar is hierdie een ou wat met almal moeilikheid soek.  (?) Ons is almal mede-christene ja.  Veral die ouens op F.B ja.  Gemeente, gaan hy aan, eweskielik sien ek dat daar groot fout is met vroutjie.  Hierdie ou beledig my erg Petrie, sê sy.  Kyk, volgens haar is dit nou al lank dat hy hom soos ‘n vark gedra.  Net daar, het ek genoeg gehad.  Ek bel hom, en so ewe grootbek nooi hy my oor dat hy my ‘n les kan leer.  Kom by sy huis aan en sy wyfie kom staan by die hek en weier dat ek inkom.  Tipies man, soos ons maar maak, kruip hy vanuit die sitkamer agter haar rok weg.  Ek praat mooi, baie kalm, suster, kom ons praat die ding uit.  Tipies man wat mos liegbekke is, onthou die domestic violence, die Community Service Chaplaincy Level 1 – sy val soos ‘n dom doos daarvoor en maak die hek oop.  Liefie is duidelik gesuip, en staan met ‘n mes want hy het nie ‘n gun nie.  Pastor praat kalm en op ‘n gerespekteerde wyse hou hy die Christendom en die Kerk se naam hoog.  Halleluja!  Liefie staan en oorweeg of hy maar sy sondes moet bely, maar verder kom hy nie, toe slaat die Pastor se vuis hom reg op die neus.  Vreeslike verwarring!  Dis vreemde tale, stoeiende gaan die twee aan, die lendelam bank het dit ook gehad.  Pastor besluit hy raak nou moeg, kom steunende orent en lê sy tekkie in.  Aaahhh !!! , en is hierdie die rekenaar wat al die probleme veroorsaak het? vra Pastor.  Hy gryp daarna om dit te verpletter teen die grond, maar blykbaar is die drade vasgeroes, of silicone gesmeer om mooi te pas, die ding beweeg nie, hy roer nie.  Pastor besluit nou moet hy vinnig gat skoonmaak.  Rukkie later bel Liefie se Pastor.  Jy weet ons moes hospitaal toe met die man!  Raas die ander Pastor.  Ons gaan jou sue.  Ja! sue maar!, sê Pastor, dan sue ek vir naamskending teen vroutjie!  En moet jy eerder nie te veel praat nie, jou kerk is ‘n bullshit kerk! 

Ek stamp aan sissie en rol my oë.  Sissie sit en lag.  Die res van die Gemeente sit met uitdrukkinglose gesigte.  O my, die sondes van die Herders!  Waar sal ons hulp vandaan kom?