Sunday 25 November 2012

Moenie lees nie, slegte taalgebruik


Ek het gevlug vandag.  Myself toegesluit in my kantoor.  Ek sal gestraf word vir die wat ek my klein goedjies so erg aantrek.  Daar is mense wat regtig erg erg rede het om morbied te wees.  Soos die ouma wat nou weer oppad is na haar vertraagde kleinkind.  Sy gaan help haar dogter met die kind.  Ja, dis wat my verstand vir my sê, maar dis nie hoe ek emosioneel voel nie.  Ek dink net dat mens een of ander tyd moeg raak vir die daaglikse stryd.  Wat my regtig regtig onderkry, is wanneer ek iets vra of sê, en die persoon wat my moet antwoord gaan uit sy pad uit om seker te maak hy gee my sy kakste antwoord.  Aspris.  Ja, ek oordryf nie, aspris.  Maar, laat ek net die saak regstel.  As ek nie meer kan of wil in hierdie wêreld of lewe nie, gaan ‘n hele paar mense hulle gatte sien.  Maar, nie eers dit maak ‘n indruk op die retards nie.  Op hierdie blog het ek al baie van my gevoelens uitgelaat, julle is seker al gatvol vir my.  Maar, ek sien hier kom ‘n moerse ramp.  Onthou julle nou weer, as ek iets opfok, dan doen ek dit behoorlik.  Vra maar die ouens wat my goed ken.  Ek stap maklik na die eerste en beste vuilste dronk boemelaar toe, en gee alles wat ek besit, alles alles alles, vir hom.  Om in ons land iets vir iemand te gee ten bate van ons diere, is ‘n klug.  Korrupte fokken spul.  Ja, en wat my hartseer maak, is dat die persoon wat my moet bystaan om ONS lewens en bestaan beter te maak, alles doen om my te breek.  Hoe het ons gekom tot waar ons vandag is?  Wie het ons gebring tot waar ons vandag is?  Meestal dom donnerse ek.  Let wel ek sê meestal, want iemand anders kon ook dalk ‘n stukkie iets iewers ingewerk het.  Let wel, ek sê ‘n stukkie.  Dis altyd ‘me-time’ as ek wil praat oor iets.  Eintlik sal ek my bek hou as die – miskien 3 – goedjies wat ek op ‘n dag verwag, gedoen word.  Maar dit is te veel gevra.  Gaan kyk maar weer na my gedigte, alles wat ek vra is te veel.   En fok my, glo dit nou of nie, as ek iets bereik, dan word even dit teen my gehou.  Dis ‘n etterse gevoel.  Dat ek nie eers ‘n dom shit-fuck kan gelukkig hou nie.  Fokkon imbesiel fok.  Ja, fok julle, ek kan vloek as ek wil.