Thursday 8 November 2012

Net maar nog 'n dag





Kyk hoe mooi groot is ons al.  Vanoggend het ek gewonder of hy nog lewe toe ek 4:20 my dag begin.  Lê hy met toe ogies en slaap.  Ek het eers bietjie geskrik.  Dalk was hy nie gereed om sy dag so vroeg te begin nie.  Die mense by die werk is mal oor hom.  Hy het sommer TWEE hokke persent gekry, en baie wurms uit die tuin.  Hy moet veearts toe vandag.  Onder die linkervlerkie lyk dit geswel.  Hoop nie dis ernstig nie.  Iemand het gesê lyk of hy ‘n “breuk” het.  Wat de hel. Kyk hoe oop is die bekkie.  Ons altwee eet te veel.  Kry mens 'n breuk van te veel eet?  Hoekom het ek dan nie 'n breuk nie?

J is ook al weer kwaad vir my.  Ek oefen nou om glad nie meer te praat nie.  Ek kom mooi reg.  Ek het net gisteraand weer geskel oor al die deure gesluit was toe ek Kerk toe wou ry.  Plaas hy gee my punte vir my probeerslag, in plaas daarvan om sy moer te strip. Ek wou ‘n epos of sms stuur om te sê: sorry.  Ek het nie.  Ek glo nie aan al hierdie skynheilige woordjies wat almal heeldag loop en praat nie.  What’s done is done.  Sorry verander niks.  Sorry as jy in ‘n ander vrou se broek wou of het geklim het, of wou geklim het, what the fuck, sorry se moer.  Ek kan baie redes uitdink hoekom ek geskel het oor die gesluite deure.  Geldige redes wat dom dose voor sal val, maar ek mors nie my tyd met kak praat nie.  Dan vloek ek eerder maar nog ‘n bietjie.