Wednesday 14 November 2012

Sweetie

Almal vra waar is Tip Tolletjie.  Tolletjie is oorlede, sê ek, terwyl ek skuldgevoelens ervaar.  Iemand sê, as ek aan jou dink, dan sien ek Tolletjie se ou bekkie oop oop vir kossies.  Is my naam nou Mara Tolletjie?  Tolletjie, jy het met soveel passie in jou lyfie geleef.  Jy was die grootste voël.  En die manier wat jy self jou bekkie aan jou beddegoed afgevee het na elke ete, was verstommend.  En hoe jy soos ‘n baba geslaap het met die ogies toe, tot ek jou wakker maak, was genoeg om my hart te laat pyn van emosie. My hart het baie kamers.