Friday 9 November 2012

My liefste Tip Tolletjie



Die veearts het vir Tip Tolletjie gevat.  Sy sê die opgeblase sakkie onder die vlerkie, is die lyfie se manier om ‘n wond/seer te beskerm.  Dis hoekom Tip Tolletjie so ‘n sakkie gehad het.  Met die wat Tommy dalk vir Tolletjie gevang het, het sy tande/nael iets gekrap aan die sagte lyfie.  Maar Tolletjie eet soos ‘n haas.  Aanmekaar.  Wat nou gebeur, Tolletjie bly agter, word gesond gemaak, en word dan weer uitgeplaas om ‘n normale lewe te voer.  ‘n Gesonde voëltjie as alles goed gaan soos beplan.  Ek sal Maandag gaan kyk wat daar aangaan.  Ek wil nie ‘n voël in ‘n kou aanhou nie.  Sonde.  Al hoekom ek vir Kokkie in die hokkie het, is oor sy aangeneem is en nie ‘n ander lewe ken nie.  Sy is ook nie vandag se kind nie.  My hart is seer oor my Tolletjie.  Ek weet nie wat aangaan nie.  Ek sit heeldag en huil oor voëls.  Miskien is daar onderliggend ‘n probleem wat die trane so laat vloei.  Dalk het ek depressie.  Dalk het ek voëlsiekte.  Ja, sien onder.  My kop is suf, my oë betraand en my keel geswel.  My kam verkleur nou nie, maar my gemoed verkleur in 'n kwessie van 'n sekonde.  

griepagtige simptome veroorsaak met sufheid, betraande oë en opgeswelde kele. Die kam van die voël verkleur dikwels ook. Sommige voëls sterf vinnig na besmetting.