Wednesday 4 January 2012

Mans





Ek voel party dae erg verleë dat ek so ‘n aangename mens is.  Maar sodra ek begin dink aan al my goeie kwaliteite, dan besef ek, dat ek ook maar soos julle, tekorte het.  In my geval is dit darem net een.  Maar nog steeds.  Een is een te veel.  Vandag sal ek met julle gesels oor die groot sonde, my taalgebruik.  Dis darem nie ‘n geheim nie, dis oral bekend dat ek soms goed sê wat ander mense nie sal doen nie. Julle weerhou die woorde, omrede julle mos kamtige ladies is.  Ek speel weer met hierdie woordeskat asof ek ‘n prys gaan wen.  Om hierdie klaaglied van my te sing, sal ek nou maar die ou woordjie ‘amper’ tik dat julle maar raai.  Dis ‘n welbekende gesegde, en ek glo een of ander tyd het julle dit al gebruik, al sal niemand dit erken in die vriendekring nie.  Julle dames stry mos oor alles.  Die rede hoekom ek oor die onderwerp skryf, is oor ek nie die manlike geslag verstaan nie.  Hulle is weird.

Ek het nou al baie goed gesê vir hierdie geslag, maar boeta, as jy nou groot moeilikheid wil hê, sê dan iets soos:  jou ma se m...r, of daar is ander goed ook wat jy kan sê, soos jou ma se dit of dat.  Wat! Of dit nou ‘n jong man is, en of dit nou ‘n ou man is, die reaksie is presies dieselfde.  Don’t touch my mother.  O my glory, ek glo nie my seun is so mal nie.  Ek het hom van kleins af geleer, moenie ‘n blerrie pateet wees nie, dom donner.  Wat is dit met hierdie ma-ding?  Moet nou nie kom met nog ‘n patetiese storie dat jy nie sal toelaat dat jou ma so beledig word nie.  As jy bietjie gevorderd is, sal jy weet dit gaan nie oor die ma nie, dit is net ‘n gesegde, ‘n uitdrukking, ‘n spreekwyse. 

Wat presies veroorsaak dat hierdie chemiese reaksie plaasvind in die brein?  Het dit iets te doen met die lekker lewe in die baarmoeder, die onbewustelike verlange om deur ‘n vrou ‘gedra’ (letterlik) en gedra (figuurlik) te word? Of sit die probleem in die eiers?

Ek moes net hierdie interessante bevinding deel.  Wat veroorsaak sulke onverklaarbare gedrag.

No comments:

Post a Comment