Sunday 1 January 2012

Net 'n ietsie

Ek kry die gevoel dat ek beter samewerking van julle sal kry in die nuwe jaar.  Ek het julle nou al goed uitgevreet en beledig oor al julle ou vals maniertjies.  Nou kan ek laat waai, niks sal julle meer skok nie.  Snaaks né, toemaar, ek weet ook nie hoe dit werk nie.

Wat belangrik is, is dat ek julle opgevoed moet kry.  Julle kan nie so blind deur die lewe gaan nie.  Wanneer laas het jy iets impulsief gedoen?  Iets wat almal geskok het?  Ja, ek kan praat.  Ek doen dit kort-kort.  Ek kan vir julle ‘n hele paar voorbeelde gee.  As ek sê impulsief hoef dit nie noodwendig iets vreesliks te wees nie.  Die erge goed sal ek later met julle deel.  Julle is nog nie heeltemal reg daarvoor nie.  Tussen 40 en 50 jarige ouderdom, het ek leer dig, ek het bekeer van sommige sondes, ‘n vegetarier geword, ek het begin langafstande stap, ek het my hare blond gekleur en tot my hare stomp af gesny.  Toe gaan trou ek boonop, tot baie mense se verwarring weet hulle nooit of dit my seun of my man is nie.  Nie dat ek so oud lyk nie, dis net dat my hubby so sexy is.  En dis ook maar net oor ek hom op sy tone hou.   Laat ek dink, ek moet seker maar ietsie uit die mou laat, anders is julle nou weer teleurgesteld.  Hierdie is soort van ‘n sprokie, wat toe nooit ‘n gelukkige einde gehad het nie.



Ek het op ‘n dag besef dat eenmaal was hy my ondergang gaan beteken.  Die keuse wat ek moes maak, was onvermydelik.  Ek moes hom laat toesluit vir 3 maande oor sy wangedrag, en het ewe getrou besoek gaan aflê.  Niks kon in elk geval tussen ons kom staan het nie.  Daar was nog steeds ‘n smeulende passie tussen ons.  Die dag met sy vrylating was dit weer net ek en hy en te hel met die wêreld en al die klagtes wat hulle teen ons het.  Tot die judge het ons ongelowig aangekyk.  So was dit: van die eerste dag af wat ons ontmoet het, het die vonke gespat. 

Ek is bevriend met iemand, ons maak reg om op vakansie te gaan.  Hy is besig om die karavaan te pak.  Ek bekyk die storie: ek kom nou, sê ek, ek gaan gou Clicks toe.  Ek klim in my kar en ry weg.  Eenmaal was hy, hy wag vir my, ek verdwyn vir 2 weke en kom terug asof niks gebeur het.  Almal histeries, ek’s vermis.  Ja, julle moet maar daaroor kom.

Ek sit by die werk, so pas aangestel.  Die telefoon lui, eenmaal was hy, hy wag vir my, ek oordink die storie: ek kom nou, sê ek, ek gaan gou poskantoor toe.  Ek klim in my kar en ry weg, ek verdwyn vir 3 weke en kom terug asof niks gebeur het.  Almal histeries, ek’s vermis.  Ja, julle moet maar daaroor kom.

i love you Romantic Pictures Love Images Hearts Glitter Graphics Myspace


Ek hoor niks van eenmaal was hy, hy laat weet, toe die doodsengel my in die gesig staar, toe dink ek aan jou.  Net aan jou. 

Ek hoor weer niks van eenmaal was hy, hy laat weet, toe die doodsengel my in die gesig staar vir die tweede keer toe dink ek aan jou.  Net aan jou.

Ek hoor weer niks van eenmaal was hy, hy laat weet: ons het op ‘n leeu afgekom wat loop waar hy nie moet loop, toe fight ons hom tot agter op die bakkie, in die proses het hy sy poot gesny.  Fauna en Flora sien die bloed en eien die hare toe hulle toevallig verby die bakkie stap.  Hulle sluit my net daar toe.
  
Eenmaal was hy, wat doen jy!!


MY HART WORD NET VERSAG

deur gedagtes aan jou.  Woorde skarrel wanneer ek dit wil neerpen.  Woorde van smart het ek genoeg,  woorde oor jou kry ek nie.  Hoe kan ek dig oor liefde en blomme as dit reeds teruggekeer het na die stof wat dit was.  Uitgestrooi op die wildernis se vlakte – waar jou lewe was.  Soos wat jy was,  wilde man van my. 

Jy

 praat die praat
wat my in ekstase laat
druk my vas
met brute krag
dwing jou aan my op
jou aanval stoer
ek’s oorweldig
bedwelm
ek gee oor

O, Wat ‘n Man !  

 my gentleman

Jy

Sê my, toe die doodsengel jou die derde keer in die gesig staar, dink jy toe aan my? Net aan my?


No comments:

Post a Comment